“Om te kla is menslik. Om niks daaraan te doen nie, Suid-Afrikaans.” Griffin en Charlie slaan die spyker so mooi op die kop met hierdie stelling in “Is dit net ek of is alles Tos” – die kiefste boek nog hierdie millenium.
Weereens sit ek aan die verkeerde kant van ‘n groot maatskappy se onnosele siening oor hoe kliëntediens in Suid Afrika moet wees. Ek het regtig nou gedog met laas jaar en die jaar voor dit se stories met VWSA, sal die bliksems in die klas begin oplet! Maar nee jong, KMSA (Kawasaki Motors South Africa) het mos besluit om maar net weereens vir die publiek te wys hoe eg Suid-Afrikaans hulle is deur die kliënt te wys dat hulle absoluut niks omgee oor sy regte nie en dat hulle nie ‘n waarborg, wat hulle uitgee om die kliënt te beskerm, sal eerbiedig nie.
Kom ons begin by die begin. Stoffie besluit mos so teen die helfte van laas jaar dat die Bajaj scooter nie genoeg kerrie het nie en meer poeier is nodig. Kom ons kyk nou maar wat is daar buite. Ons kan altyd ‘n lekker Bling-Bling (andersins bekend as BMW) GS650 koop. Dalk die Suzuki V-Strom 650 of miskien die Honda Transalp 700. Dis tog almal great baaiks en hulle het goeie reputasies daar buite. Maar nee, kyk nou net hier! Hier is die Kawasaki KLR650. ‘n Uitstekende baaik met ‘n moerse following. Die baaik is al gewild sedert Oom Paul teruggekom het van Switserland af! Die KLR is nou wel ouer tipe tegnologie, maar jislaaik waste goeie waarde vir geld (en met die Rand wat so effe weer sy gat gesien het en die dom Amerikaners wat besluit dat hulle ekonomie nou my gatsak moet beinvloed, moet ons soek vir ‘n bargain).
Soek, soek, soek. Uiteindelik kry ek toe die lekker goeie tweedehandse baaik op die interwebs. Ek besluit dadelik ek gaan hom koop. ‘n 2008 model met maar net 4000km op die klok. Stoffie is nou happy, baie happy. Die baaik ry lekker, het genoeg krag en kan – as jy wil – enige plek ry. Ek gebruik toe nou maar eerder net die baaik meestal vir werk toe en terug.
Soos enige goeie Suid Afrikaner, word die baaik gediens by die stealers (skuus, party van hulle is goeie dealers soos DNA) sodat die waarborg kan intree indien nodig. Maar hoekom dan nou, die baaik is dan nuut – niks sal fout gaan nie. Okay, nou waffle ek weer te veel.
Op omtrent 9500km kom ek agter die baaik is bietjie dors vir olie. Ek gaan dadelik na ‘n dealer toe en hulle laat weet my dat dit ‘n welbekende fout is op sekere van die ’08 modelle en dat ek my olie asseblief elke dag moet check. Soos ek nou maar is, check ek die olie elke keer voor ek opklim. Die dealer sal in die tussentyd solank ‘n eis insit by KMSA soda tons die probleem kan uitsorteer. Binne 2 dae is die eis goedgekeur! Hoer-hoer-hoer-ra-ra-ra, Hoera! Fanks DNA en KMSA, julle is cool!
DNA begin toe nou uiteindelik om die baaik reg te maak, maar kom met ‘n skok agter dat daar verdere skade in die enjin is as gevolg van die feit dat die baaik te veel olie gebruik het. Hulle besluit om dadelik nog ‘n eis in te sit sodat hierdie parte ook kan vervang word. KMSA besluit toe mos dis amper Kersfees en dis tyd om hulle pensies mooi blink te vreet met al die geld wat hulle gemaak het deur baie baaiks te verkoop in 2008. Hulle wys my en DNA toe ‘n dik, vet nool en sê ek moes my olie elke dag gecheck het. WTF?
Nou, na baie bakleiery met hulle, en nadat hulle in skrif erken het dat die skade in die enjin as gevolg van ‘n fabrieksfout is, sê hulle nogsteeds ek moet met my karretjies op die highway gaan speel. Plus, hulle slim outjies wil mos vir my laat weet dat (toe ek sê hulle hoef nie sarkasties te wees in hulle e-posse nie) hulle is nie sarkasties nie, hulle probeer maar net dinge op ‘n manier stel dat ek dit ook kan verstaan… Jou ma man!
Tot dusver het ek maar solank ‘n saak ingedien by die Motor Industrie Ombudsman en op verskeie forums begin kla, wat nogals ‘n groot reaksie uitgelok het.
KMSA: Asseblief man, kan julle nie net eenkeer in die klas oplet nie. As jy sê ‘n eend is swart en swart eende eet brood, beteken dit nie ‘n eend is ‘n brood nie! Kom ek verduidelik vir julle eintlik hoe diskrete strukture wiskunde en binere logika saamwerk:
1. Julle erken dat die fout ‘n fabrieksfout is en keur vervolgens eis nommer 1 goed.
2. Julle erken dat die verdere skade in die enjin ‘n direkte oorsaak is as gevolg van nommer 1, waarvan die eis reeds goedgekeur is.
3. Die gevolg is dan dat eis nommer 2 moet goedgekeur word. Punt.
Moenie verder warra-warra nie en hou op om julleself soos kinders te gedra. Julle weet julle is verkeerd en julle weet julle gaan uiteindelik tog moet opdok. Hou asseblief op om almal se tyd te mors. Probeer bietjie ‘n voorbeeld stel vir ander Suid-Afrikaanse maatskappye; of is julle bang dat almal dan gaan begin dink julle’s te sag? Wel, nou gaan almal in elk geval net verder dink julle’s te sag – soos ‘n lang slap drol!
Watkykjy staan op 3,089,796 post views in totaal sedert 1 November, 2019.