Gisteraand gaan vang ek en die goose toe mos ‘n fliek. Fokken mos. So previews rol en wie maak sy opwagting? My pet hate. Daai fokken rotgedoente van die Ice Age flieks. Jy weet, daai stupitte acorn wat sy acorn jaag die hele tyd. Dan gaan sy oë so groot en hy freak uit, gewoonlik omdat hy gaan val – of sneeu op hom gaan val.
Goeie fok mense. Dit gaan elke keer gebeur. Die klein oulike furball gaan nooit vir lank aan sy neut vasklou nie. Hy gaan dit verloor. Hy gaan val. Sneeu gaan op hom val. Sy oë gaan groot word. Ad infinitum. Waar de fok is die supreza?
Maar wag Chopper, daar is wel ‘n trick in die box. Hulle gee vir die annoying klein kak ‘n girl in die nuwe sequence! Natuurlik. Want al wat ons nog nodig het na drie kak Ice Age movies is ‘n meisie vir ou Poesneus die Rot. Aaaaaaa cute!
Nogal baie soos ‘n ander animated annoyance wat ook ‘n girl gekry het net toe mens dink dit kan nie enigsins erger word nie. (Lekker Bryan Habana – “I like the way you moooove!” Lekker conga line! Whoo-hoo!)
Hoekom sou dit wees dat grootmense so skater vir dieselfde simpel series of events – elke keer? Dis asof dit moerse snaaks moet wees omdat die dingetjie so oulik en ‘n diertjie en animated is. “Kyk mamma, hy’s so fraai en 3D en sy oë is so groot. Hahaha. Kyk sy vroutjie! Kyk, kyk!”
Fokken get over it.
Watkykjy staan op 3,055,951 post views in totaal sedert 1 November, 2019.