Eerstens:
Vir die blare wat in eKapa is vir hulle fuckhansie of sommer net daar bly – ons gaan groot gaan en ‘n lekker WKJ party gooi met dik tunes hierdie Vrydag. Die bars sal ook tot die dak toe ge-stock wees. Ons sal so paar boeke organise as daar van julle is wat nog nie gekoop het nie en sal ook boeke, voorkoppe boude en tiete autograph as daar regtig sulke request moet wees.
Tweedens:
Julle is welkom om hierdie Woensdag (ook in die Kaap) ons boring boeklaunch te kom bywoon waar ons seker ook maar sal kakpraat en boeke en/of liggamsdele autograph. Was net oordentlik. Balpuntpenne skryf nie mooi op natuurlike menslike olies nie.
As die prentjies te klein is, click op dit vir die groter weergawe. As dit steeds te klein is, maak ‘n draai by Spec-Savers.
Shot, en sien julle by die parties.
Watkykjy staan op 3,083,858 post views in totaal sedert 1 November, 2019.