Ons het uiteindelik ons website vir ons boek “Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?” sort of 99.9% in orde gekry. Al die info wat jy nodig het is daar. Sodra ons die links vir Kalahari kry, looi ons dit ook daar en sommer hier op WKJ ook. Gaan kyk solank na die video previews wat ons tjommies vir ons aanmekaar geslaan het.
Maak ook seker jy koop hierdie week die Sondag koerant om Angola Badprop se interview met griffin en Chopper te lees. Maar koop die koerant voor jy daai bankie dagga by Hatfield Square (links van Cool Runnings) koop. Ons verneem die interview is ‘n hele bladsy vol. Jy wil darem onthou wat jy gelees het.
Dan kontak jy Maandagoggend vroeg jou naaste Exclusive Books en hoor of hulle nog copies oor het.
Watkykjy staan op 3,085,046 post views in totaal sedert 1 November, 2019.