Ek het gewonder waaroor die moerse bohaai gegaan het oor Steve Se Spoegblog wat toegemaak het en nou weer oor Steve se boek, Mense van My Asem. Toe hou ek op wonder en lees weer die boek wat ek en Chopper geskryf het – Is Dit Net Ek Of Is Als tos? En lag weer my gat af. Vir myself en Chopper. Ek lag nie gewoonlik vir my eie kak nie, maar fok, ek skiem ons het onsself oortref.
Tyd raak nou seriously min en dit klink of die boek die rakke landswyd gaan slaan hier teen die week van 20 Oktober. Dit sal by Exclusive Books, op Kalahari.net en ‘n paar kleiner bookstores ook beskikbaar wees waarvan ons die name het. Julle sal moontlik by ons direk ook kan koop vir daai personal touch, as ons nie uit copies hardloop nie.
Hier is die cover om jou geheue subliminally te refresh. Meer info en ‘n website of twee is so te se reg om te loop soos stroop. Vat hom, vreet hom
Watkykjy staan op 3,091,353 post views in totaal sedert 1 November, 2019.