Met al die crime en ander kak wat in die land aangaan kan ek deal, brandies, draties en cheap drugs werk soos ‘n droom maar met simpel skelms sukkel ek nog. Een of ander doos het my sel nommer uitgegee (soms maak ek mense kwaad wat my nommer ken) aan een of ander sleazy cheezy marketing company. So nou kry ek die afgelope 2 weke random calls van die euwel Cell C & Altech Autopage wat aan my een of ander kak kontrak wil afsmeer.
Ek kan dit hanteer gedurende die dag, briljante verskoning om uit sielsdodende gesprekke oor mense se babas se eerste kak weg te slip, maar bliksem mense 8:30 in die aand. Het julle nie fokken lewens nie? Hoe sad is jou social life? Het jy nog nooit recreational drugs gevat nie? Fok tog, taxis het meer respek vir die padreels as julle! Taxi’s, ja daai bliksems wat elke oggend my laat snak na my asem deur hulle oneindigge dommigheid en astrantheid. Daai bra’s wat my kar nou al 3 keer mooi gekrap het, ek kan darem hulle gesigte sien en ‘n skietgebedjie opstuur dat nimmereindiggende kak hulle moet toeval.
Aan die fokken robot agter die tele-marketing foon, se net nee vir jou baas, jy weet soos wat hulle jou geleer het op skool: “Nee, dis my liggaam! Los my uit!”. Jy steel my tyd! Ek het min, nadele van chainsmoking, en die bietjie wat ek het wil ek nie hoor van die laagste sad ass kontrak met die kakste Nokia as ‘n prys nie. Verkoop aan my prostitusie, vakansie by die see en die lee belofte van ‘n fokken main kar wat ek kan wen, maar ‘n selfoon kontrak, nee.
Hierdie slette van satan sal my dryf om my knipmens te neem Jurie Els op full blast te tune op my lappy-toppy en stadig my eie ore af te sny.
PS: Die knipmes is stomp, ek is cheap.
Watkykjy staan op 3,085,559 post views in totaal sedert 1 November, 2019.