Die fok weet wat partykeer in mense se koppe aangaan. Check nou byvoorbeeld hierdie chick wat vir Ryk Neethling ‘n boodskap op sy blog los, kompleet met haar selfoon nommer. Sodat hy haar kan bel as hy enige probleme het in China. Asof hy nie die backup het van die Suid-Afrikaanse Olimpiele komittee, span of die regering nie. Waarvoor moet hy jou bel? Het jy vir hom ‘n ekstra paar groen Crocs of wat? Mense soos hierdie moet liewer nie die “internet” gebruik nie. Dis heeltemal ‘n te groot en donker oerwoud vir hulle. ‘n Oerwoud vol apies wat op jou rug spring. Mens wil nie apies op jou rug rond dra nie.
Hoe fresh is hierie nie:
Hierdie post is 212 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.
Watkykjy staan op 3,110,198 post views in totaal sedert 1 November, 2019.