Ek bedoel, ‘n Fidentia piramide skema!
Piramid schemes werk fokken nooit nie, behalwe as jy dalk deel van ‘n cheerleading squad is…
‘n Storie het altyd twee kante, maar ‘n piramide het unmistakenably drie kante en jy word altyd van al drie kante af genaai.
Adriaan Nieuwoudt is die SA koning van piramid schemes en mense in die hol naai. In January 1984 het Adriaan ‘n advertensie in die koerante gesit vir mense om hulle eie vitamiene plantjies in glasies te kweek. Jy kon hierie kak blykbaar na sewe dae harvest (seker die idee in die Bybel gekry) – dis nou as jy dertig randjies aanstuur om die ‘activator’ te koop wat die outjies mooi sou laat groei. Jou eindproduk sou glo ‘n tipe melk wees met die naam van Kubus. Hmmm. Piramide – Kubus. You say tomato, Adriaan tune vet bankrekening.
Twee maande later sou die Kubus Kwekery jou gedroogte produk terugkoop vir R10 per unit, maar jy kon net een unit per week instuur. Jy kon natuurlik ‘activator’ gekoop het laat die kak wit sit. Die bra het dan alles wat ingestuur is deur ‘n meule gedruk en dit verkoop as – guess what? Ja jy is reg. Nuwe fokken activators. Besighede soos Checkers-net-om-die-hoek, Pick en Pay en Hyperama kon nie voorbly met hulle verkope van glase nie. Mense het tougestaan en vuisgeslaan vir die blerrie goed. As jy my vra, moes die effens slimmer mense eerder aandele koop in Consol Glass. Dis at least legal.
Die Kaapse Hoëgeregshof het eventually die hele storie onwettig verklaar, Nieuwoudt op sy gewriggie gepiets en hom laat loop met sy karige 150 miljoen randjies. Dis nie so baie geld nie, onthou, dit was 1984. ‘n Tenk diesel in vandag se tyd.
Die bra het ook nie opgehou met sy kak nie. In 2003 het hy ‘n nuwe scheme aangekondig. Kubus se twintigste herdenking moet mos ge-celebrate word. Blykbaar het sy plaas, Rondawel naby Garies in Namakwaland fokken baie miljoene ton hoëgraadse kaolien. Blykbaar ‘n veelsydige mineraal. Die woord ‘veelsydig’ kan baie keer verwar word met die woord ‘kak’. My ma het ‘n 100 bladsye kookboek gehad met die naam “Die veelsydige eier”. Fine, dit kan miskien veelsydig wees, maar dis ‘n fokken eier. Hy word warm, hy word hard. Jy fokken eet dit. Klaar. Ek wil nie in diepte ingaan oor die hele kaolien storie nie, maar dis wit en dit kan gebruik word papier wit te kleur. Dit vat ook nege ton gemors en kak on een ton kaolien te produseer. Dit sal seker nie ‘n probleem vir meneer Kubus wees nie, want hy sal tien teen een die gemors aan jou verkoop. Of aan Sappi. Natuurlik ook ‘n administrasie fooitjie onderhewig aan al die onderduimsheid. Daai dame daar met die skewe cameltoe… Vygtig randjies asseblief! Gaan trek dit by ABSA. Die nuwe skema se naam is blykbaar ‘Kibus’. Whooaaa! Didn’t fucking see that one coming! Vyf punte vir spelling!
Maar dit was vyf jaar terug. Waar is al die kaolien spekulasie nou?
Terug in die hier en nou. April 2008 en Adriaan gaan vir die sagste target van hulle almal. Die mense met die indentiteitskrises wat hulleself Afrikaners noem. Soos met enige lame-ass Afrikaanse CD of DVD, kan jy die woord ‘AFRIKAANS’ op ‘n donkie se uitgedroogde voorvel tattoo en dit sal soos soetkoek verkoop. Die nuwe scheme behels om ‘n aandeelhouer te word in die ‘Afrikaanse Genootskap’ vir ‘n bargain van R1000. Dis nou ‘n publieke maatskappy wat ryk buitelandse toeriste met vliegtuie direk na high-security resorts toe vlieg. Sien, ons het baie crime en so aan en ons paaie is vol potholes en dan het ons nog die gemors waar foreigners nie welkom is nie. Hierie scheme is in ‘n Kaapse koerant adverteer en het blykbaar al 16000 lede, wat vir my beteken dat hy elke liewe Afrikaner inge-rope het. Ek skat ons land se Afrikaner population op omtrent so sestien duisend (dis nou die beeste uitgesluit – beeste ingelsuit kyk ons na so 300000, maar beeste het nie beursies nie. Hulle word beursies). Sy konstitusie lui vervolgens: “Die wat nie vir ons sal wees nie, sal teen ons wees.”
Boet, in die gegewe konteks is dit basically die hele fokken wêreld.
Die gesegde ‘harde werk het nog niemand doogdemaak nie’ is loutere boktos. Natuurlik maak harde werk mense dood elke fokken dag. Hulle sterf ten minste met ‘n graad van dignity en selfwaardigheid.
Maar besigheidsmense sal altyd aanhou om ander in die hol te probeer naai. Die tegniek word net elke keer aangepas. Dit is min dat sommiges van hulle oor en oor probeer. Aan die ander kant, aanhouer wen. Tiger Brands kry dit heeltyd reg en ek is seker die Kubus ou het uitendelik sy ideale teikenmark gevind. Ander mense se plannetjies backfire vieslik. Soos met die Fidentia gemors. Arthur J Brown is byvoorbleed depressed oor hy brown wings gekry het. Ek wonder hoe voel die ander duisende onskuldige mense wat deur sy maatskappy in die hol genaai is. Seker ook maar depressed.
Jy wil nie in hierdie slaggat trap nie, so griff gaan nou in plain Afrikaans vir jou verduidelik hoe dit werk:
Iemand kom klop aan jou deur. Hy lyk soos ‘n door-to-door salesman. In sy hand het hy ‘n grafie en ‘n sak pruime. Hy verkoop die pruime aan jou vir R5 ‘n pruim. Na die tiende pruim wat jy eet is die sak leeg en jy wil jy in jou broek kak. Moenie worry nie, help is at hand. Die omie trek jou broek af en jy kak op sy grafie. Hy gooi die kak in die sak en koop dit by jou vir R10 waarna hy dit die voldende dag aan jou verkoop vir R20. Jy plant jou pruimpitte agter in jou jaart en meng dit met jou kak (activator).
Voltooi die sirkel self as jy nou ‘n pattern begin sien form …
Watkykjy staan op 3,089,944 post views in totaal sedert 1 November, 2019.