Deur die maer jare was daar nog altyd een konstante in die lewe van alle interwebs skrywers, die alomteenwoordigge en altyd berydwillige “anonymous”. Logika veronderstel dat dit wel nie een persoon is nie maar tog duisende unieke individue. Ek stry daarteen, soos dat die aarde rond is en dat Darwin se rewolwerusie wel korrek is. De moer met logika en die stront dat meerderheid altyd reg is.
Anonymous is een bra of bra-draende (in WatKykistan is ons PC/MAC vriendelik) wat net te veel tyd het en ‘n heavy chill workload het of ‘n baas wat gunsies kry by die persoon.
Op elke blog laai daai persoon duisende kommentare, soms as mens gelukkig is daar links na die blou pilletjie webwerwe toe (Gebruik jou pa se kredietkaart hiervoor). In die middae wat ek lommerig word en ‘n peanut and tandepasta broodjie moet eet om vroeg van die slawedrywers te skuif check ek Noeleen op SA-U is-Kak 3 uit en daai anonymous persoon is ook daar, per foon. Heavy multitasking as jy my vra? Ek sukkel om te fokus met een e-pos oop en om op kalahari.net die nuutste Eve Stofsuiger Kompak Snuif aan te koop of die skuim van my mond af te vee terwyl ek staar na die Wii.
Persoonlik dink ek anonymous is groter en sterker as Vernon Koekemoer, no dis-respek-thing towards the East-side (Brakpan is mos Oos) gangsta’s, maar die entiteit kry rerig ‘n klomp kak gedoen in ‘n dag oor verskeie tyd zones. As die individu net sy/haar krag wil gebruik vir good soos om Robert Mugabe ‘n soen met tong te gee (Bob is net misterunderstood), die keyboard herontwerp as ‘n krag opwekker en die wereld te verlos van die Amerikaanse politieke debat, dan sal hierdie valley een sharp plek wees vir alien invasion.
Kan die persoon asb na vore tree vir die tradisionele RFS (die Engelse weergawe van die PK) uit respek uit. Geweld is nie ‘n straf in Watkykistan nie, dis hoe ons hierso mense verwelkom te danke aan ons screwed up kinder lewens, Manna Marrak, die impak van Agter Elke Man en ‘n paar jaar se geluister na die indoktrinasie van recovering soldate wat as onderwysers toegelaat is.
(As an a-side moet anonymous bitjie VWSA tune want die maats op hierdie webwerf is die hoppende @#$ in vir hulle. Ek sou ook gewees maar gelukkig brand my 2jou-ta my so elke paar mande met presenetjies wat gewoonlik deur my veroorsaak word, hi-speed bar chasing)
Watkykjy staan op 3,089,928 post views in totaal sedert 1 November, 2019.