Goeiedag,
Ek het ‘n extended warranty uitgeneem op voorstel van Autohaus Centurion omdat die Mastercar Warranty lyk my vals advertering was en ek sit en stry het met hulle totdat ek eventually die nagnoeg R4500 betaal het om covered te wees vir ‘n ekstra 2 jaar – sou daar iets gebeur soos bv ‘n turbo wat blaas. Dank vader ek het dit gedoen, want my turbo het geblaas op omtrent 112000 km. In tweede rat teen omtrent 40km/h. Ek weet ja, ek moes seker nie 40km/h in tweede rat ry nie. Te vinnig.
Dit het een van die “accredited” Lyndsay Saker VW takke ‘m maand en ‘n half geneem om my Golf 5 TDi se turbo te vervang omdat hulle blykbaar moes baklei met McCarthy Insurance en VWSA wat papierwerk of verloor of nie fakse check nie. Ek weet nie wat die presiese storie was nie, maar dit was blykbaar ‘n royal gemors. Ek moes heeltyd al die opvolg werk doen en bel en mense uitkak en na bullshit stories luister. Eventually toe ek my kar terugkry (‘n maand en ‘n half later) was die turbo vervang, maar ek het geen report gekry nie. Geen papier wat ‘n warranty op het vir my nuwe trurbo nie, nie eers ‘n stuk papier met ‘n hand-getekende VW logo wat sê: “Ons het jou turbo vervang nie”. Nee eers ‘n foto van die gebreekte turbo nie.
Wat ek wel gekry het was ‘n diagram van ‘n sy-aansig van my kar wat met ‘n kruisie aandui dat my linkerkantse agterste hubcap missing is. Die een wat op my kar was toe hy ingesleep is (‘n maand en ‘n half voor hy reggemaak is).
Ek is versrkriklik oorstelp en verheug dat my kar weer reg is (‘n maand en ‘n half later), maar dit piss my ongelooflik af dat ek sulke uiterse kak diens moet verduur en dat ek al die opvolg werk moet doen.
Breek julle TDi turbos gereeld? Vat dit altyd 45 dae om ‘n turbo reg te maak as julle met die dealers en McCarthy Insurance moet deal? Wie lieg vir wie – die dealers, VWSA of McCarty? En lieg julle vir mekaar of kollektief vir die kliënte? Of word die kliënte net heeltyd mislei sodat julle kan stall om die volgende move uit te figure?
Eintlik gee ek nie regtig ‘n flenter om oor wat julle antwoorde op my vrae is nie, want julle gaan sekerlik net probeer om diplomaties te wees en nie op te tree nie. Ek mail julle actually om stoom af te blaas en te vertel dat ek bewus is van een van my vriende, Christo Schoeman (ge-cc in hierdie mail), wat omtrent 100 keer meer probleme as ek met VW et al ondervind.
Julle respond ook nie op Hellopeter.com se klagtes nie. Dis baie jammer, want dis een manier om kak diens te verbeter. Deur actually na mense te luister. Een Lyndsay Saker tak het byvoorbeeld meer as 20 klagtes gekry. Dit is 20 mense wat hulle asem en tyd op iets gemors het wat niks beteken nie.
Ek dink daaraan om daardie klagtes uit te print en brosjures daarvan te maak en te gaan uitdeel voor whatever VW dealer ek my cambelt pligsgetrou ten duurste sal vervang binne die volgende maand. Hopelik kom my kar dan terug met fokol hubcaps. Ten minste sal dit dan eenvormig lyk.
Moet asseblief nie reageer op hierdie brief nie. Ek wou net 5 minute van ons altwee (en arme Christo wat ge-cc is) se tyd mors. Iets waarmee VW en al hulle affiliates verskriklik goed mee is.
Wat julle wel kan doen, is om asseblief vir my ‘n nuwe standaard Golf 5 TDi hubcap te pos, want ek wil niemand van VW weer sien tensy ek my kar vir sy normale diens instuur nie. Julle behoort my details te kry deur na julle records te gaan kyk. Ek is daai ou wat ‘n maand en ‘n half vir my turbo gewag het – tensy dit julle standaard is, in welke geval julle maar vir almal moet hubcaps pos.
Watkykjy staan op 3,064,552 post views in totaal sedert 1 November, 2019.