Hier volg vandag se voortrekkers:
1) Zeffer 14 koors loop hoog en tans in die land van die Blue Chills is die volgende patesie onderweg (jy is gewaarsku). Tans is daar 472 arme siele wat nog nie die hoofaantrekkings krag van die internet ontdek het nie, porn. Daai is die een gift that keeps on giving en as jy ‘n skootrekenaar besit kan tot selfs eskom jou nie weerhou van instant satisfaction nie.
2) Die Afrikaanse Digitale TV anaal, KykNet, het weereens die onmoontlikke reg gekry. Seuns Jordaan/Kurt Darem bied ‘n musiek program aan op Sondag aande waar jong mense kan inbel en kak praat met die zefter aanbieder. Die republiek is weereens in skok want kyk net watse kak kyk net kan aanbied. Indien daar ‘n kompetisie is vir die kakste TV program op kyknet weet ons nie daarvan nie maar ons dink so ‘n kompetisie sal ‘n blink plan wees. Dan kan jy darem met die bietjie zak vir jouself dronk drink voordat jy jouself aan die huil slaap voor kyknet.
3) Die alombekende en gewildste sangeres, Nadine, is al haar kak kwyt toe sy beroof is in Kaaskopland volgens die altyd betroubare en objektiewe koerant Rapport (artikel met amper ‘n mooi prentjie). Daar is nog geen teken van ‘n website waar ons kan dankie se vir die KaasKoppers nie maar die soektog is bedrywig en aan die gang. Wie sou kon raai ‘n klomp damduikers is so slim en oplettend? Terloops dink ons dat daai foto van Nadine nogal oulik is maar net te min cleavage. Kom aan ouens wie gee rerig om oor haar sang talent.
4) Die webwerf www.watkykjy.co.za het weereens draadtrekker status bereik deur die kakste website in die geskiedenis van die Interwebs en emailz aan die wereld te verkondig. Geen skakel sal na die website gemaak word nie aangesien ons glo dat die skade onheroeplik en permanent is. Tans is die enigste uitweg om vir K-Lo Koekemoer, die anner halfte van Vernon Koekemoer, te skryf en jou sondes te betuig aan haar. Onthou asb om jou fisiese adres in te sluit indien jy van die website hou, ons vriende in die laer sirkels van die lewe en wat in Wolmer bly wil graag vir jou kom kuier.
(speel maar daai kak deuntjie van die afrikaanse nuus in jou eie koppie vir jouself, of sing dit hard-op)
O ja, net ‘n hartelikke dank aan daai oopmondsoen verwelkoming van die politburo van WatKykistan, moet bieg ek het darem bietjie tong verwag and geskeerde gesiggies, besides daai 2 puntjies was dit nog steeds lekker gewees. Wens ek kon elke dag weer lid word.
Watkykjy staan op 3,083,764 post views in totaal sedert 1 November, 2019.