Op ‘n Nationwide vlug na Joburg tref die aerie ‘n moerse storm. Die turbulence is heavy, en dinge gaan van kak na kakker toe weerlig een van die vlerker tref. ‘n Chick in een van die voorste rye verloor dit heeltemal en begin skree: “Ek is te jonk om dood te gaan, maar as dit nou my tyd is sal ek graag vir die laaste paar oomblikke van my lewe wil beleef deur soos ‘n regte vrou te voel. Is daar iemand op hierdie vliegtuig wat my soos ‘n regte vrou kan laat voel?”
Dit raak ewe skielik tjoepstil en almal vergeet vir ‘n oomblik van die gemors waarin hulle hulleself bevind. ‘n Fris geboude boer van die Vrystaat staan agter in die vliegtuig op en knoop sy hemp stadig oop terwyl hy vorentoe loop. Toe hy reg voor die chick staan, is sy hemp in sy hand. Hy gee dit vir haar en tune: “Stryk hierdie. En bring vir my ‘n bier.”
Watkykjy staan op 3,085,532 post views in totaal sedert 1 November, 2019.