Hierie stront movie slaan Vrydag die cinemas. Dit word heeltyd op TV adverteer en maak my al klaar naar. Ek is seker dis een van daai movies wat in die States straight vir DVD gemaak is en even op DVD tos gedoen het, maar in SA sal dit cinema toe gaan en goed doen, want ons like mos van kak. Dis ons kos daai, ons vreet dit.
Ek en ou Chopper self is ook skuldig hieraan. Ons het destyds Panic Mechanic gaan kyk. by Mordor (Menlyn Shopping Centre vir die wat nie uitmaak nie). Ons het egter ‘n verskoning gehad. Ons was dik gerook gewees en het ‘n spot nodig gehad om bietjie uit te chil vir so uur of twee, anders het die mure ons ingesluk of ek het dalk die kar gerol oppad huistoe. Dit was in 1997. Dis fokken lank terug, so niemand kan meer vinger wys oor die aaptwak, die kak fliek of keuse van shopping centre nie.
Julle, aan die ander kant kan uit ons foute leer en kak movies avoid. Wat gee my die reg om ‘n movie wat ek nog nie gesien het nie ‘n kak review te gee? Dis fokken obvious. Hier is so paar pointers.
Step Up 2 is obviously ‘n sequel vir iets kak wat sy voorganger was. Hoe goed doen sequels? Die Hard het goed gedoen. Police Academy het goed gedoem. Saw het goed gedoen. Dirty Dancing Havanna Nights. Al ooit van dit gehoor? Nie? My point exactly.
Terug by Step Up 2. Check daai cover. Dis ‘n movie oor mense wat dans. In die straat. Ek neem aan mense het in die eerste movie in ‘n studio of kompetisie gedans. Of ‘n dans skool of iets. Blah-blah, follow your dreams. Dans. Naai ‘n chick. Bietjie probleme. Fight met chick. Dans. Chick is happy. Iemand word gemoer. Probleme word uitgesort. Naai chick weer. Dans. Iemand kry baie geld. Of kinders. Happy ending.
Step up 2? Dans in die straat. Fistfight. Dance-off. Mense poes mekaar. Naai hot chick. Verkieslik in die reen in ‘n parking lot of iets. Dis mos “The Streets” Alles reg. Probleme, blah-blah. Follow your dreams. Naai chick weer. Dans. Boner.
Chicago met Katherina Zeta-heppa-heppa Jones het ook ‘n dans-vibe gehad. Dit was ‘n lekker movie wat ek actually 2 keer kon kyk. Een keer in Brooklyn toe ek wou score en eenkeer op VCD omdat ek dronk was. In Nigeria. Which reminds me – Sound of Music was omtrent 20 keer dronk gekyk in Nigeria purely omdat dit fokken snaaks is na ‘n bottel whiskey. Hardcore dans in daai movie ou pellie. Veral die scene met die bokke. Top vermaak.
Baie van julle skiem seker dat Dirty Dancing ‘n classic was. OK, vat nou daai DVD en sit hom neer langs Step Up 1. Hmmm. Jenifer Grey het ‘n nosejob gekry na daai movie en van die scene af verdwyn. Patrick Swayze het darem nog in Point Blank en Ghost ook gespeel en oor so paar weke van nou af gaan hy ook seker een wees. ‘n Point blank Ghost.
Waar is die actors van Step Up? Dis in 2006 gemaak. Dis 2 jaar terug. Soos ek mention, ek het en gaan nie een van die twee kyk nie. Is dit even dieselfde actors? Of het die cast van die eerste movie al klaar begin om e-tv laataand oe-aah maagseks movies te maak?
Who cares?
Die beste manier om “Step Up 2 -The Streets” te geniet is om Vrydagaand nie movies toe te gaan nie en by jou local pub eerder snotters te gaan raak. Wag dan so maand tot dit op DVD uitkom by Makro of Dions vir R99. Vat daai R99 wat jy sou spend en gaan koop eerder vir jou ‘n bottel gin en vier liter tonic. Indien jy daaraan sou dink om dit uit te neem op DVD kan jy eerder die R25 gebruik en 2 biere gaan koop op ‘n Maandagaand by ‘n plek wat cheap dodgy happy hours gooi. Of gee daai geld eerder vir ‘n boemie.
Moet net nie die fokken movie kyk en jouself disappoint nie.
Watkykjy staan op 3,073,869 post views in totaal sedert 1 November, 2019.