Deur Mister Hellboy
Ok, hierie storie was geskryf op 'n Maandag met 'n kak babelaas en ek's 'n Soutie.
Terug in 1988 was ek en my vriend Barry verveeld met die lewe en nie lus vir die conventionele lewenstyl. Ons het besluit om te rebel bietjie teen die system. Ons het planne gemaak om punks te wees. Om 'n punk te wees moet jy drie dinge doen:
1. Jy moet soos 'n punk lyk
2. Jy moet almal haat en punk musiek lyster
3. Jy moet vir mense vloek en soos n punk lewe
Om 'n ware punk te wees moet jy dwelms vat en steel. Ons was net 15. Ons het besluit ons gaan net soos punks lyk en die musiek te geniet. Maar ons moet stout wees. Een Vrydag aand het ek vir my ma gesê, dat ek by Barry se huis gaan bly en Barry het vir sy ma gesê hy sal by my huis bly vir die aand. My ma het 'n karavaan in die tuin gehad, so ek het die sleutels gevat. Die plan was amper perfek. Die een fout in my plan was, my ma het die sleutels vir die hek in die karavaan gelos.
Ons het daardie aand groot planne gemaak om te gaan jol in die groot stad, Johannesburg. Om soos regte punks te lyk het ons mohawks gestyle en swart make-up op ons gesigte gebruik. Die plan was om na Club Image te gaan, maar hierdie was ons eerste keer alleen in die middestad. Ons het na die trein stasie geloop en by derde klas in geklim. As wit ouens sal ons nie betaal, ons het net R20 elk gehad vir die aand, en dit was R8 vir die klub.
Daar was n regte skollie oukies wat saam met ons op die trein gery het. Hy het vir ons gesê as ons niks wil betaal moet ons afspring as die kondukteur in die kompartement kom. Ons was amper by Johannesburg stasie en hier kom die kondukteur. Ag fok ons moet nou af die trein spring. Dit was fokken scary en ek het amper my bene gebreek.
Toe trek ons van Johannesburg stasie na Club Image. Ek en Barry het nie ouer as 15 gelyk, is dit moontlik dat ons in 'n nag klub kan in kom? Damn fokken reg, ons het ons geld betaal, geen probleem en ons het lekker gaan jol en bier drink. Toe ons lekker gesuip is het ons terug trein toe getrek en huis toe gegaan. Die plan was om bietjie te rus in die karavaan voor werk. Saturdag was 'n werksdag vir ons. My vriend Dave het lekker jobs vir ons gereël by die race course.
Ons het by die huis gekom so 5 uur in die oggend. Ons het bietjie geslaap in die karavaan, maar ons groot plan was 'n fokop. My ma het vir Barry se ma gebel om die sleutels vir die hek te kry. Ons ouers het uitgevind watse stoute kinders ons was. My ma was baie kwaad toe sy my kom wakker maak in die karavaan. Ek het 'n paksla gekry en grounding vir 6 maande… Ek het werk toe gegaan maar niks gedoen, net gaan slaap in die toilet.
Watkykjy staan op 2,931,861 post views in totaal sedert 1 November, 2019.