Jisie. Wat kan 'n mens sê? Jy lê en vrot voor die kassie so op 'n Sondagaand op soek na enige iets om te kyk want jy weet as jy aan die slaap raak dan begin die week. Om een of ander rede op 'n spesifieke tyd, week na week, is daar net absoluut fokkol op TV. Asof channel flicking nie genoeg van 'n iritasie is nie, moet jy elke onewe sekond vir Chuck Norris in 'n cowboy outfit vaskyk. Hectic. In elke 5 minute van hierdie reeks wat ek al in my lewe gesien het, word sy blaar ontvoer. Dit kan nie 'n lekker lewe wees om so baie ge-ontvoer te word nie. Sy moet emosioneel gedrain wees. Hier volg briek se low-down oor een van die kakste stories oppie kassie.
Walker – Die Agtergrond
Texas Ranger Cordell Walker is een van daai laaste Wille Weste helde wat in en alom die staat van Texas kriniminele agter tralies sit en hy doen dit meestal sonder 'n geweer. Behalwe vir die feit dat Chuck Norris sekerlik die grootse bolip op aarde het, het hy al teenoor die koning van Kung-Fu movies aka Bruce Lee opgetree in die alombekende "Enter the Dragon". As jy dit nog nie gesien het nie waarvoor lees jy nog? Wie sal ooit die opening scene vergeet, toe kaal-harig bolyf Norris vir Lee aanvat en Lee wat reageer met 'n blits vinnige handbeweging wat 'n vuis vol borshare veroorsaak. Classic.
Norris het toe sy karate pak ingeruil vir 'n Rambo-style kopband en 'n helikopter masjien geweer in movies soos Missing in Action I & II, Code of Silence en toe later natuurlik Bradock: Missing in Action III. In al hierdie tyd van B-Grade aksie het Norris nooit opgegee nie en het die volgende bereik in sy karate loopbaan:
- 6 keer Wêreled Professionele Middelgewig Karate Kampioen
- 1968 was hy aanvaar in die Black Belt Hall of Fame
- Tussen 1968 en 1997 het baie dinge gebeur wat ek nie nou in detail gaan bespreek nie
- In 1997 het hy 'n mylpaal bereik deur die eerste Westerse man te wees wat sy 8ste Graad as 'n Black Belt Grand Master in die styl van Tae Kwon Do te ontvang
Texas
Een poes grote plek aan die suide van Amerika waar mense simpel hoede dra om hulle blesse weg te steek. Blykbaar is bosmossel nogal lekker daar.
Danger!
Walker se sidekick wat bietjie meer van 'n in-the-hood, deep down & dirty street fighter is, het hom al verskeie kere uit die moelikheid gehelp en natuurlik Walker se skêr ook. James "Jimmy" Trivette is 'n eks-football speler wat veronderstel is om 'n nuwe tipe Ranger-garde voor te stel. Dis maar net 'n mooi manier om te sê dat hy eintlik gay is. 'n Voormalige Dallas aktrise, Sheree J Wilson speel Walker se parmantige goose innie stupitte verhaal. Sy moet net glad nie die huis verlaat nie, want sy maak net droog waar sy gaan.
Persoonlik dink ek dat al hierdie mense betrokke by hierdie show op draks is. Niemand kan vir my sê dat om week in en week uit 'n show van hierdie kaliber te maak, lekker kan wees nie. Die excitingste van die hele show moet die af-en-toe gebou wees wat moer toe geblaas word. Ek kry Norris se stunt double jammer, ek weet nie waar hy so bolip vandaan gaan kry nie. Die snaakste van alles is sekerlik dat hierdie show vir die volle 8 jaar op Amerikaanse TV uitgesaai was.
Bad Amerika, Evil Amerika!
Watkykjy staan op 3,084,441 post views in totaal sedert 1 November, 2019.