Deur Meisie
Sies man, nie daai waaraan jy nou dink nie. Ek praat van sports in water. Of op die water. Meestal agter ‘n boot, maar soms agter daai kabel stuff. Ja, waterski, wakeboarding, tube/trekkerbinneband as jy arm is, kneeboard, slalom, parasail en so aan. Ons het ‘n vakansie huisie gehad êrens in die Namakwaland waar daar ‘n moerse dam was (moontlik nog is…) toe ek jonger was. Ons is op die ski planke gesit so net nadat ons ordentlik kon loop. So ek ski al van dat ek nege is.
Nou wil ek my wysheid oordra. ‘n Riglyn bied, moontlik jou hol spaar van die onvermydelike enema as jy dit verkeerd doen. (Enema = cleaning or treatment of the bowels by filling them with a liquid through the anus). ‘n Enema agter ‘n boot “clean” nie net jou hol nie, dit voel asof dit skuur tot hier middel rug. Tampons is al vertel om so ver ingewurm te gewees het dat dit drie dae later by ‘n ander gat uitgekom het (based on hearsay). Jy wil nie op die harde manier leer nie, so kom ons stap deur die learning curve, een baba treetjie op ‘n slag.
Wat het jy alles nodig? Wel, ‘n fokken boot om mee te begin. Ek het nog nooit gehoor van iemand wat so vinnig kan swem dat hy iemand agterna kan sleep nie. En daar sal fokkol wake wees en dit is net boring. So ‘n boot. Met ‘n groot genoeg enjin (vir dieselfde redes as wat ek nou net gesê het) – enige iets van so 40 perdekrag is orraait, maar dit hang af hoe vet jy is of meer diplomaties, hoe swaar die boot is.
Right, so ons verstaan mekaar nou oor die boot. Nou, trek maar vir jou daai “this are a lekka life jecket” aan. Selfs al is dit daai oranje outjies wat jou laat lyk soos ‘n bouy in die water. As iemand van ‘n boot af ‘n tou met ‘n hook jou kant toe gooi, moenie kwaad raak nie. Hulle het jou mistake vir ‘n bouy wat die boot sal anker. Hoekom hulle dit so lelik gemaak het weet fok alleen. Dit is amper soos daai training swembroekpakkies wat kinders draai. Fokken Formalite swembroek. Ek kon dit nog nooit verstaan nie.
Anyway, jy het hom nodig al is jy die kaptein van die swemspan in jou standerd. Jy’t nog nooit getry bo water bly met skoene die size van jou lyf nie. So trek hom aan en maak seker hy pas, want anders het hy die tendency om meer harm as good te doen. Dit gaan jou fokol help as dit ding half bo jou kop dryf en jou arms die enigste teken van lewe is nie.
Van daai skoene gepraat – moenie nou vir jou slim probeer hou en sommer dadelik wil slalom (dis nou as jy op een ski ski) nie. Daar is mense wat dit al gedoen het, maar as ons hier op average werk, staan jy nie eintlik ‘n kans om dit reg te kry sonder om jou kont af te val of said enema te kry nie. As jy een van die gelukkiges is wat dit so reg gekry het, hier is vir jou ‘n sterretjie op jou voorkop. Nou het jy jou ski’s, ‘n boot en ‘n lekke jecket. Moenie van die tou vergeet nie.
Nog ‘n paar crucial dinge wat ek sommer net terloops wil noem, deels vir jou image en deels vir practicality. Eerstens, moenie van die kant af (of dit die kant van die rivier of dam of jetty) probeer gaan vir jou eerste keer nie. Meeste van die tyd is daar ‘n audience en almal gaan vir jou fokken lag as jy heeltyd val, jou loser. En mens het mos die tendency om uit alles uit te val so bo-op die embarassment van val voor mense, mag jy die laaste een wees wat besef dat jou broek op jou knieë sit en jy flash vir almal. Lekker blaaint. Julle fok ook die boot traffic op vir die ander mense wat wil stop of ry. Jy’s bound om ‘n paar keer te val, moenie jouself flous nie. Wag totdat jy dit ten minste ‘n paar keer al opgekom het.
Tweedens, jy’t nie ‘n audience in die boot nodig nie. Twee mense is genoeg. Een om te bestuur en een om die tou te werk. En (BAIE BELANGRIK), net een van hulle gee instructions. Dis ‘n bietjie soos backseat driving en te veel mense wat probeer help, maar eintlik fok hulle jou net op.
Right, so nou dobber jy in die water, jy’t jou ski’s aan. Moenie lê en spartel soos ‘n vis op droë land nie, jy gaan jouself net fokken moeg maak nog voor jy enige iets gedoen het. En dit lyk fokken snaaks vir die mense wat jou kan sien, so jy maak jou naam gat. Lê stil op jou rug en laat jou bene met die ski extensions voor jou dryf. So asof dit nie deel is van jou nie. Surreal. Nou gooi die tou gooier vir jou die tou. Sorg dat die tou gooier ook ‘n kranige gooier is, want jy wil nie spartel om die tou te kry nie. In jou hande, anders moet hy maar die tou weer intrek en weer probeer. Hou die tou so vas dat die tou oppad na die boot tussen jou ski’s deurgaan. Lê nog heeltyd stil op jou rug totdat die boot jou baie fokken stadig begin sleep. Dit is hier waar jy nou actually moet begin werk. Soos die tou styf raak en jy baie baie stadig vorentoe begin sleep moet jy jou balans reg kry. Hou jou knieë gebuig en jou arms reguit. Ek gaan dit weer sê, hou jou knieë gebuig en jou arms reguit. En weer, hou jou knieë gebuig en jou arms reguit. Teen dit tyd het jy hopelik die boodskap. Right, jy is nou netjies opgelyn met die boot en die ou gee vet, dit boot trek vorentoe met ‘n moerse spoed.
Wat is jou natuurlike reaksie, jy fokken trek jouself op. So wat gebeur? Jy trek jou arms in en jou bene gaan automaties reguit, die ski’s gly onder jou uit, jou bene split en jy kry ‘n fokken klomp water by jou hol op. Enema. Jou doos. Het jy nie geluister nie? Hou jou fokken arms reguit en jou fokken bene gebuig. Nou verstaan jy hoekom jy nie ‘n audience het nie, jy lyk soos’ n versuipte nat hond wat water kots en trane wat onwillekeurig uit jou oë en orals uitloop.
Right hier gaan ons nou weer. Repeat. Lê op jou rug tot jy die tou het. Tou tussen jou bene tot tou styf raak, kry balans agter die boot en word stadig opgeline agter die boot. Boot trek weg, jy hou jou bene gebuig en jou arms is reguit. En jy’s op! Fokken wankelrig en die ski’s fok heen en weer, maar jy is bo die water. Dit beteken nie jy staan nie, jy mag dalk net net bo op jou hurke sit met jou rug so krom dit lyk of jy erg boggelrug het, maar jy is bo die water. Dit hou gewoonlik vir so 15 sekondes voordat jy om fok. Dit is gewoonlik omdat jy vir water kyk en jy dan half jou nerve verloor. Want soos jy vir die water kyk, lê jy so ver vorentoe dat jou bene weer automaties reguit gaan jy faceplant. Dit is soms seer, maar glad nie so seer soos ‘n enema nie. En omdat jy opgekom het, maak die val nie saak nie. Jy’s nou ‘n ski-er en mag nou vanaand ‘n ekstra bier kry.
Jy gaan nog so paar keer, sukkel weer om op te kom, maar eventually kan jy verby die beach gaan en gaan afshow dat jy opgekom het. Net soos jy vir hulle waai, sien jy jou gat, maar dit maak nie saak nie, want jy het fokken opgekom!
Ek sal julle maar net bolangs waarsku oor die pyn van seer spiere die volgende dag. Maak nie saak hoe fiks/sterk jy is nie – elke spier in jou lyf is seer. So moenie gaan ski en dan die volgende dag ‘n staptoer met’n moerse backpack aandurf nie.
Moral of the story – hou jou arms reguit en jou bene gebuig. Fool proof.
Watkykjy staan op 3,073,931 post views in totaal sedert 1 November, 2019.