Soos mens ouer word kom jy al hoe meer agter dat die lewe nie baie regverdig is nie. Hemel weet, elke dag is daar ook al hoe meer visual clues wat hierdie stelling validate. Maar as jy mooi terug kyk oor jou lewe sal jy sien dat iemand al van kleins af hierdie konsep by jou probeer indril het.
Drie jaar oud by die kleuterskool – probably te klein om te onthou van al die kere wat iemand klei in jou oog druk, jou by die klimraam afpoes of jou ma vir die soveelste keer vergeet om jou te kom haal. Nee, kom ons doen dit ordentlik, this calls for a traumatic experience. Al wat ek onthou was dat ek nog lekker gesit en speel het en die volgende oomblik was my hele body covered met rooimiere wat geen prisoners vat nie. Asof die fisiese pyn op daai ouderdom nie genoeg was nie, het Juffrou Retief gepanic en al my klere voor my klasmaats afgepluk sodat ek sonder ‘n draad (oftewel met ‘n baie kleintjie) staan en rondspring en gil het soos ‘n meisie.
Teen ses was ek wary vir grootskool. “Is dit rerig nodig dat ek gaan?” het ek vir my ouers gevra. Sure as fuck op my eerste dag het ek bietjie nervous geraak en in my broek gepis – soos die warm piepie teen my been afloop for all to see het ek so by myself deur my trane gewonder… “So dis hoekom ek ‘n kortbroek moes aantrek.”
Ook in fiksie is hierdie konsep vir my uitgelig. In Ben, Boep en Saar het Ben die heeltyd met sy rooi bal gespeel. Ben hou van sy rooi bal. Ben skop die rooi bal. Die bal sit in die boom. Ben huil. Boep en Saar lag. Die einde. Daar was bedtyd stories waar Ou Jakkals lekker vir Wolf gekul het. Haai maats!
Op TV was dit Silver Spoons – onthou julle vir Ricky wat so poes ryk was dat hy op ‘n speelgoed treintjie deur die huis gery het en in ‘n Ferrari-bed geslaap het? Kyk party ous is maar eenmaal net gelukkig en val met hulle gatte squarly in die botter, dit was die les gewees right?. Almal vat mos maar houe by die skool, maar toe dit met Ricky gebeur toe huur sy pa vir Mr T as ‘n bodyguard. Hoe fokken cool is dit?
Die actor van Silver Spoons se regte naam is Rick Shroder – hy het in ‘n paar ander shows gespeel na die reeks, onder andere NYPD Blue en speel tans ‘n dokter in ‘n nuwe Amerikaanse reeks – en ons almal weet hoe baie geld dokters maak! Verlede maand het hy ‘n $4.2m ranch gekoop waar hy vir die res van sy lewe op ‘n speelgoed treintjie deur sy groot huis gaan ry en in ‘n Ferrari bed gaan slaap. Nice eh?
Was dit regverdig dat Blou altyd afgekak het onder Rooi? Was dit okay dat ET moes huis toe gaan? Natuurlik nie! Was dit regverdig dat jou ouma grootjie nie swart jelly beans geëet het nie? Gradually het jy begin agterkom dat die boeke nie balanseer het nie – and they still don’t! Politicians word vetter, maak McDonalds ryker, sit met hulle gatte squarly in die botter…
Hierdie naweek was Live8, en hoewel ek heelwat beef het met die way wat dit georganise is, en met wat meeste van die dimwit popstars (veral Madonna) te sê het, scheme ek dit was vir ‘n goeie cause. At least probeer mense om die balance reg te kry, om debt te cancel, poverty te tackle en om trade bietjie meer regverdig te maak.
Fokkit doen tog net iets. Jy wil nie soos Ricky in Silver Spoons opeindig nie wil jy? Met jou speelgoed treintjie deur jou sitcom huisie ry en in jou Ferrari bedjie aan die slaap raak – kom ons face dit die klein peophol het nie baie vriende gehad nie behalwe vir daai XX outjie wat in elk geval net vir die free arcade games kom kuier het. Ek dink dis tyd dat ons die vet bietjie meer eweredig begin spread – daai groep retards by die G8 se kierankies moet braai.
Watkykjy staan op 3,090,357 post views in totaal sedert 1 November, 2019.