Deur Slyt
Ons is gelukkig; nog nooit vantevore was so wye verskeidenheid musiek op ons vingerpunte beskikbaar nie. Ek het tot hierdie gevolgtrekking gekom terwyl ek MTV op die TV kyk en MP3’s luister op die rekenaar. Wat speel nou? Ferry Corsten se “Fire” op MTV en PJ Harvey se “Beautiful Feeling” op die komper. Ferry Corsten kan fokof.
Dink terug aan hoërskool en universiteit, onoordeelkundige Sondagpartytjies wanneer jy weet jy gaan môre afkak by die werk, en Klein Saterdag in die middel van die week; daar’s altyd ‘n song of twee wat vassteek en jou laat gryns wanneer jy dit buite konteks hoor by die werk, in die kar, of net toevallig waar-ook-al. Soort van ‘n klankbaan vir die gly in die verderf.
Hulle’s nou besig om Roxette se “Listen to Yor Heart” te cover op MTV. Ek sidder.
‘n Paar van myne is te danke aan WKJ?-partytjies, Revel Inn-naweke, Oppikoppi-fuiffeeste, en hande-uitruk huispartytjies. En Sidewalk Café. Probeer hierdies in die hande kry en kyk of jy saamstem:
- I Fought the Law – Buddy Holly
- The Tide is High – Blondie
- Rose Garden – Loretta Lynn
- Ante Up – Busta Rhymes
- Ring of Fire – Johnny Cash
- Drop the Pilot – Joan Armatrading
- Ver van die Ou Kalahari Koos Kombuis
- Suspicious Minds – Elvis Presley
Weet jy waarvan ek praat? Jy’s half gesuip, die liedjie kom op en hardebaard-motherfucker wat jy is, moet jy wegkyk omdat jy ‘n snik wegsluk. O ja, en:
For What it’s Worth – Buffalo Springfield
To Bring You My Love – PJ Harvey
Mystic Boer – Valiant Swart
John Fogerty – Rock ‘n Roll Girls
Ring of Fire – Johnny Cash
Wat my bring na die volgende punt: Die Skuldige Song. Daardie tune wat jy weet nooit opgeneem moes gewees het nie, gewoonlik ‘n cover, en die oorspronklike was in elk geval so cheesy soos grifFin se pickup lines. Maar jy hou daarvan. Jy het dit maande terug al ge-download, dis op repeat op werkrekenaar, en jy’t ‘n CD gesny om in die kar te luister.
Briljante idee: Stuur die titel en kunstenaar van jou Skuldige Song en ons gee ‘n prys aan die ou of doedie met die skuldigste een. ‘n Skuldige Song is iets soos:
- Leaving on a Jet Plane – Die cover version deur Jewel (myne)
- Fading like a Flower – Roxette (CHopper)
- I Can’t get No Satisfaction – Britney Spears (Super Deluxe 3000)
- Falling – Alicia Keys (grifFin)
Die prys is ‘n dubbel-CD: "Music to watch girls by" The Ultimate Cool and Easy Collection – 50 classic songs.
Seedy’s (Seedy’s Compact Discs, Hatfield Plaza, Pretoria, 012 362 5841) borg die prys en WKJ? sal die beoordeling behartig.
Sluitingsdatum is 21 April 2006. Onthou om jou posadres in te sluit. Fool.
Watkykjy staan op 3,084,110 post views in totaal sedert 1 November, 2019.