Deur meisie
Tagline: Sleep all day. Party all night. Never grow old. Never die. It's fun to be a vampire. Being wild is in their blood. Ons is seker nou al oor die 80's en al die kak reviews. Ja ek weet. Maar ek is 'n 24 fan. Jy weet, daai series met 24 episodes waar Keifer Sutherland Jack Bauer speel, 'n properster all American-hero. Hy slaap nie, hy wag. Jack Bauer let the dogs out. If Jack Bauer and MacGyver were locked in a room together, Jack would make a bomb out of MacGyver and get out.
Daai tipe kak. Maar dit is cool. En mens raak dik into dit as jy 3 series by jou pel geleen het en dit lê reg vir jou in die aand as jy by die huis kom. Winter is koud en lank hier in Pommieland, so jy hou jou besig met allerlei kak.
Anyway, die boyfriend reken mos toe dat hy hom nie kan ernstig vat nie (nie net omdat Kiefer nie kan dood gaan nie), maar omdat hy 'n movie gekyk het en as hy vir Keifer sien, hoor hy net "Though shall not fail…" Om die punt vir my te bewys het hy my toe deur Lost Boys laat sit. Nou die review gaan nie baie lank wees nie, want my vinger is gebreek (don't ask…maar vir 'n gebreekte vinger is dit mos standaard om jou hele arm in pleister te sit tot by jou elmboog – ek sweer daai nurse het my vir 'n pop gevat) en tik met 6 vingers werk nie so lekker nie en ook omdat ek nie die hele movie kon kyk nie.
Die Plot: Geskeide ma trek Santa Carla toe met haar twee seuns, ouboet Michael en laaitjie Sam. Michael raak binne 5 minute verlief op Star, jou gewone 80s chick, groot hare, good bad tasting klere en baie makeup. Sy is op een of ander manier verbind aan David, 'n bad ass vampire op 'n motorbike en is die leader van die lost boys (sien die speling op Peter Pan?). Anyway, om 'n lang storie kort te maak, Michael drink bloed sonder om te weet in 'n dare (terwyl die ouens almal michael michael chant, maar nie cheerleading chant nie, daai spooky agtergrond chant).
So nou is hy semi-vampire, hy moet nog net 'n kill maak om 'n full-vampire te wees. In die meantime is Sam pelle met comic geeks wat hulself sien as gatekeepers teen vampires. Michael begin slaap in die dag en bly heel aand uit terwyl kleinboet Sam almekaar in die moeilikheid kom oor sy pelle se vampire obession.
Die highlights:
1. Okay dit is oud en kom uit elke 80's movie uit, maar die bad fashion sense. Veral Sam en Star sin. En die bikers sin. En die fokken weird oupa. Hy het my amper banger gemaak as die vampires.
2. Die final fight tussen Michael en David vind plaas in mid-air, een van die eerste movies wat daai effects suksesvol gebruik het. En vir pre-computerised effekte is dit goed gedoen.
3. Sam se bende – die Frogg brothers. Weereens hulle klere, maar die dialogue en die feit dat die lighties actually iets teen vampires kan doen is amper net te goed om waar te wees.
4. Die Soundtrack, al die reviews claim dat dit een van die beste music soundtracks is wat nog ooit gemaak is. * Cry Little Sister – Gerard McMann * Lost in the Shadows – Lou Gramm * Laying down the Law – Jimmy Barnes, INXS
5. Definitief die classic lines: 1. What if… "If all the corpses buried around here stood up at once, we'd have one hell of a population problem?" 2. Die Ego Trips: "You don't have to beat me Michael; you just have to try and keep up." 3. Wat jou comeback is as jou broer 'n vampire raak: "My own brother is a shit sucking vampire – just you wait till mom finds out." 4. Bloed is dikker as water: "Even though you're a vampire, you're still my brother."
6. Best line: "Burn rubber does not mean warp speed!"
7. Laaste Woorde: "One thing about livin' in Santa Carla I never could stomach – All the damn vampires!"
Watkykjy staan op 3,103,888 post views in totaal sedert 1 November, 2019.