Ouens draai die krane van charm oop as dit kom by paarties en kitare. Die gooses flock en die manne trek pielstyf. Hier kom 'n ding. Andre het sy kitaar uit sy boot uit gaan haal wat hy so conveniently na sy les daar vergeet het. Hy is ook die enigste een met 'n kar by the way op 16. Seker liberale ouers. Ek sien jou fifty en raise jou een faktap Ford Escourt 1.6GL.
Daar was gewoonlik net een oortuiging vir ouens om op skool te speel en dit was meisies. Kyk, niks laat 'n jonge meisie se hart so vinnig klop soos 'n rebel op 'n acoustic nie. Gooi 'n fifty in en die wêreld is jou bosmossel. Of in Andre se geval 'n Ford Escourt 1.6GL.
Die probleem was dat daar bittermin ouens was wat regitg goed kon speel. So om die begin van "Come as you are" te looi het nogals groot afgegaan by enige byeenkoms (al gebruik jy net die 2 boonste snare). Hehe, die 2 boonste snare. Jy het mos nie 'n clue van enige iets nie so jy noem dit soos jy dit sien.
Nou, afhangende van hoe ryk jou ouers was, moes die meerderheid maar mestal settle vir accoustics of die alombekende hand-me-down-acoustic. Jy weet, daai accoustic wat so aangepaas is vanaf jou oupa groeintjie met sulke original Woodstock blommetjie prentjies en logos op. Ek was gelukkig, myne het geen stickers opgehad nie, net so misvormde geverfde voëltjie wat apparently die Woodstock logo moes gewees het, apparently. Ek dink dis bewyse dat Woodstock actually gebeur het en nie net 'n pigment van 'n obskure fiksasie was nie. Nietemin, met kak klank en fokken ou snare begin ek bietjie eendag toe mos so rondspeel met die ding. Boet Superdeluxe het al klaar sy beurt gehad en besluit hy paas maar die legende aan. Ek het baie vinnig besef ek kannie speel nie en hom in die hoek van my kamer laat staan. Sug.
Ek het van die kitaar vergeet en ander goed gesoek om my besig te hou. Soos tv. Baie tv. Dis die einste tv wat my toe die inspirasie gee om eendag weer die ding op te tel. Jy sien ek het een Sondagmiddag gelê en 'n movie gekyk genaamd Crossroads. Een van daai classics waar karatekid outjie so leer om Mississippi blues te speel. Hy kom toe by die crossroads en moet besluit of hy sy siel wil verkoop om die beste te wees. Hy teken die papiere en handig basically sy siel oor aan Satan. Ma hy was nie helemal gelukkig hiermee nie. Eventually moes hy 'n showdown hê om sy siel terug te kry. Dit gebeur teen Satan se sidekick en beste, meneer Steve Vai. Nou ek het nie 'n fok geweet wie Steve Vai is nie, maar hy het 'n fokken mooi kitaar gehad. So custom made Ibanez. Fokken mooi.
'n Bottel FirstWatch Whiskey en 'n hele paar jaar later ontdek ek dat ou CHopper persies dieselfde Ibanez besit as wat ek het. Die einste Steve Vai special, 'n "RG Series". Boksburg meets Die Vuildriehoek. Coincidence, ek dink nie so nie. Dis net hier waar ons "Watkykistan" skryf. Wie weet, maybe record is dit nog. Apparently het Ibanez besluit om nie mee hierie spesifieke RG Series te maak nie. Dit vind ek natuurlik eers uit nadat ek myne verkoop het om vir my studies te betaal. Ek is tot vandag toe nog spyt dat ek so simpel kon wees. Maar "Times they are a changin" het 'n hippie een keer gesê.
Vandag word ek oor die kole gehaal want ek speel ander mense se musiek. Rollover DJ. So loop hy ma. Ek gee nie regtig om nie. Ek was daar. Ek het net nie 'n fifty gehad nie. Ook nie 'n Ford Escourt nie. Maar ek kan nog steeds Stairway to Heaven en Nothing else matters speel vir die wat wou geweet het.
Andre is nog steeds 'n teller by die Bank want hy het mos nooit skool klaar gemaak nie. Ja wa's daai Ford nou pappie? Die tak-haar loser van die skool het toe uitgedraai om 'n tak-haar loser te wees. Dis interessant. Raak hulle nie gewoonlik sulke Tycoons nie? O nee wag dis die nerds. Anyways, ek is seker waar Andre vandag is speel hy nog steeds vir sy goose kitaar en sy laik dit 10 teen 1 ook. Tensy hy nog steeds net "Come as you are" se intro kan speel. Imagine.
Dis bietjie anders deesdae want Afrikaanse musiek het 'n moerse groot industrie geword danksy vele belaglike eerste span rugby misfits. Ok, dis nie helemal waar nie, hulle is nie regtig misfits nie, maar die groot geld word defnitief deur hulle gemaak. Kyk net hoeveel wildsplase word deesdae verkoop aan Stamp treffers direkteure en Kurt Darren. Ons laaities sal seker eendag ook hulle kans probeer op 'n garage plaas band maar ek skiem nie daar gaan veel toekoms wees nie. My laaitie sal moet kies: Ford Escourt of twee turntables en 'n microphone.
Net die blote feit dat 30 Goue Sokkie Treffers vir so lank die top verkoper was spreek boekdele. So in die toekoms gaan jy dalk jou back-track player aan jou rug vas-strap terwyl jy rond mission op die speelgrond op soek na blare om te impress. Shame. Dit kan nie lekker wees nie. Verby is dae van die 2 boonste snare. Imagine.
Dit sal in die minderheid wees maar tog sal die hardcore alternatives nog steeds die snare van die hart tokkol. Al is daar geen toekoms in SA daarvoor nie. Of al is dit net om die gooses se vere bietjie te rattle. Hulle sal altyd in die donker besig wees om die nuutste riffs uit te werk wat jou so lekker lat holswaai. Die vraag is net, kan ek dit oppie dansvloer gooi?
Watkykjy staan op 3,084,112 post views in totaal sedert 1 November, 2019.