Hierie boek is in 1958 deur Chinua Achebe geskryf en ons moes dit vir varsity doen. Dit het my vandag eers bygeval dat dit ‘n moerse raak beskrywing is van Spuitieland.
Goed bliksem letterlik uitmekaar uit. Soos ons kar. Dis nie meer ‘n Honda Civic nie. Dis nou een van daai rodeo bulle en ek fokken hoop ek maak dit tot by die huis vanaand.
Dit sal dalk ook help om like eenkeer in drie maande die ding se water te check…
Op ‘n ander noot – een van die Franse tune my eergister: “I’m very sorry to hear about your crocodile.” Ek het nie geweet waarvan hy praat nie, tot ek op News24 gesien het dat ou PW ‘n duik in die emmer geskop het.
A song comes to mind: “Ek is ‘n eensame krokodil. Die mense kyk vir my en gril…”
Geniet die naweek en maak hom met die hand groot.
Watkykjy staan op 3,118,562 post views in totaal sedert 1 November, 2019.