Terug in Spuitieland na ‘n vinnige stint in Londen. Het so bietjie by bra Briek en sy goose, Stenie gaan kuier en dinge lyk of dit net beter raak vir hulle (vir die wat wou weet).
Gelukkig vir my is Stenie ge-fire by haar werk twee ure na ek geland het. Dit het beteken dat ek ‘n buddie gehad het om deur die week van pub na pub te kruip en bier en whiskey te drink. Bra Briek moes heeltyd werk soos ‘n grootmens terwyl ek en sy werklose goose rondgefuif het, but things are turning around aangesien ‘n model agency haar in die hande gekry het. Smaak my Stenie gaan maar moet moudil vir ‘n lewe. Glad nie sleg nie.
Ek het darem op ‘n Vrydagmiddag daar geland, plus dit was langnaweek, so kuier en suier het sommer dadelik afgeskop deur ‘n klomp bier, ‘n bottel whiskey en ‘n bottel (2 maybe?) wyn pakslae te gee. Na moerse hangovers en laat slaap (a pattern started forming) is ons die Saterdag deur Camden toe, een van my all-time favourite spots. Dis waar die punks en gopse uithang, maar is ook een van die coolste markte in Londen. Elke keer as ek in Londen is, is dit die spot waar ek meeste van my geld spend. Fokken cool klere, skoene, metalheads, kos, bier, goth chicks, horlosies, punks, musiek, etc etc. Iet s waaroor ek verskriklik bly is betreffende Camden, is dat Fopp uiteindelik ‘n branch daar oopgemaak het. Vir die dudes wat nie weet nie, Fopp is ‘n befokte music / boek / DVD shop waar jy alles kan kry waarvoor jy soek en hulle is dirt-fokken-cheap.
Die ander branch is in Convent Garden en ek was al daar ook, maar dis ‘n bitch om op te spoor as jy nie ‘n local is nie. Dis naby die open market deel vir die ouens wat dit wil probeer kry. Daar is ‘n cool clothing shop in die omgewing wat weird shit verkoop. Soos army uitrustings. In Camden het ons rondgedwaal, ek het so paar goed gekoop en toe roep die kos ons. In die mark kan jy tradisionele Engelse kos koop (met ander woorde curry of chinese) vir onder 4 pond wat ‘n absolute bargain is. As jy deur die rye kos stalletjies loop is daar ‘n spul chinese wat vurkies uithou om hulle kos te sample. Hulle love dit long time. En hulle stop jou take-away bakkie so vol soos wat mens gat raak vir die Springbokke. As jy verniet wil eet stel ek die volgende voor: loop eenkeer deur die ry en vat ‘n hap by elke stalletjie. By die einde, sit een van daai plastic snorre met brille op en loop terug. Vat weer ‘n hap by elkeen. 40 Happe take-away is min of meer een en ‘n halwe meal. Koop ‘n Coke by die laaste stalletjie vir 80p.
Dis hoe min ‘n ete jou kan kos in Camden. Ons het dors geraak vir bier maar moes eers gou by Cyberdog ‘n draai gaan gooi – dis so hectic rave shop wat allerhande weird kak verkoop soos t-shirts met flashing screens en snaakse kontak lense. Die sound wat deur die speakers pomp in die winkel is so fokken hard en van sulke goeie gehalte dat mens amper oorweeg om van rave musiek te hou vir ‘n halwe minuut. Iets wat elke keer my aandag trek in die shop is die freaky kontak-lense.
Elke jaar sê ek vir myself ek moet dit koop, maar elke jaar besluit ek dit is te duur en elke jaar wil ek my eie gat skop as ek weer by die huis is omdat ek dit nie gekoop het nie. Hierdie jaar het ek maar besluit om 25 pond uit te ruk en die kat-oë kontaklense aan te skaf. Na dit move ons oor na die Cuban bar toe om so paar skuimkoppies deur die nek te jaag. Dis hieso waar ek ook sommer die nuwe slang/kat oë probeer insit het. Vir iemand wat nog nooit brille, let alone kontaklense gedra het nie kan jy seker dink watter gemors dit was om die goed in te kry. En om “Is hy in!? Is hy in?!” te skree in ‘n bar help ook nie die cause nie. So leer uit my fout uit en moenie duur novelty kontaklense koop nie, tensy jy van brand-oë like. ‘n Hele paar biere later besluit ons om die tube terug Battersea toe te klap. * En hieso skip ek die uurlange tube trip waar ek amper (well, basically) in my broek gepis het. Tip: die toilets by Clapham Common is nie toilets nie – dis ‘n ondergrondse opgefokte stink kamer waar boemies slaap en kak *
‘n Pel hier in Spuitieland het vir haar sussie ‘n handsak gekoop by die mark en my gevra om die ding saam UK toe te vat en vir haar te gee. Pragtige leerproduk. Regtig duursaam. En baie gay as ek met die fokken ding in my hand op die vliegtuig moet klim omdat daar die plek in my tas is nie. Maar dit nou maar daar gelos. Ons het Vrydagaand opgehook en White House toe gegaan. So half larney nightclub in SW4. Ek sê half larney want ek kom vars uit Rrrtgerië uit en hieso kan mens seker maar die Hilton as decent beskou. Daar was ‘n paar verskriklike mooi chicks in die club wat hulle asses op die dansvloer geswaai het en die 20 pond ‘n rondte vir 4 drinks het ook nie sleg afgegaan nie. Die prys het net bietjie ‘n bitter smaak in die bek gelos.
Over all enjoyable, net jammer vir afwesigheid van fashion sense onder paar van die girls. Ek wil glad nie maak of ek enige iets van fashion af weet nie, maar ek kan ten minste onderskei tussen iets wat sexy is en iets wat lyk of die persoon oppad is om in die tuin te gaan werk of pas pas van die biblioteek afkom. Of ‘n kombinasie van die twee. What the fuck is up met die koertbroek craze? As ek sê kortbroek meen ek nie hotpants nie. Ek meen kortbroek. Soos wat ‘n boer in die Vrystaat sou dra. En daai staatsdepartemnet skoene? Nee fok man. Ek weet julle het nou ‘n patetiese verkoning vir somer vir so paar weke, maar for the love of god, as jy jou lyf wil wys, doen dit in iets cool. Ek wil nie voel of ek by ‘n beesveiling in Orighstad is nie.
Fok.
Na so paar rondtes bier en whiskey wat Alice op haar koek uitgegooi het (haar eie woorde) is ons uit by die club. *Skip so paar miute vorentoe. Ons het niks in die straat gerook nie* Soos dinge maar loop met my, het ek vir ons ‘n Nigerian taxi driver raakgefluit in die oggendure wat ons huistoe gevat het. Hy het aanvanlik gesê dat hy van Polland af is (ek kan ure se comment omrent hierdie leuen verskaf) totdat ek vir hom vertel het wat is wat. Basically in sy eie taal. Overall ‘n nice dude gewees. By my tjommies se huis aangekom was dit nog nie ogies toe nie.
Ek en juffrou Stenie het gou-gou eers ‘n bottel wyn pakslae gegee. Dit mag dalk twee gewees het. En toe begin ek in my dronkenksap weer shares koop in MTN. Ek is particularly bekommered oor die 40 minute oproep na my pa toe en wonder of of MTN bereid sal wees om een van my werkende niere as betaling te vat.
Ek belowe ek is mooi ge-detox na die vakansie, MTN. Ek fokken sweer.
Watkykjy staan op 3,073,931 post views in totaal sedert 1 November, 2019.