Ek het lanklaas ‘n blou Maandag gehad, in fact, ek kan nie onthou wanneer laas ek een gehad het nie. Maybe het vandag s’n opgemaak vir al die ander waarop ek uitgemis het.
Die spesifike Maandag en Dinsdag in question was in die eerste plek veronderstel om ‘n fokken public holiday te wees, maar die dudes hier het besluit dat ons ‘n halfdag se production kan insqueeze. Raait, so die langwaeek is in sy fuck you in. Om alles te top moes ek Maandag 6:30 by die werk wees om te check dat alles smooth run vir die ouens wat 7uur begin graft. Daar is gewoonlik iemand anders om dit te doen daai belaglike tyd van die ogeend, maar hierie blaar het besluit om op hoilday te gaan virre week. Lagos van alle fokken plekke. Bid jou aan.
Aangekom by die werk, kon ek nie inkom by die deur nie. Ons het van daai simpel kak wat jou fingerprints lees en die deur oopmaak vir jou. Baie fokken cool. Behalwe as daar nie elekrisiteit is nie. Dan is dit minder cool. Dan werk dit basically net so goed soos ‘n aartappel in ‘n volla se kazospyp, m.a.w fokol. Na 15 minute se gespook kom ek toe wel by die deur in. Ek weet nie hoe nie, want ek was nog half aan die slaap, what with die vroeg opstaan op ‘n Maandag na ons weereens ‘n farewell party gehou het die hele blerrie naweek lank en soos Motley Crue van ouds ge-party het.
Sharp, nou moet ek net weer vinnig 8 PC’s restart. Dit is egter nie so maklik nie. Dis te easy. Kom bring hom. Bring nog kak. Aaaah dankie. Jy sê wat? 24 PC’s in die ander gebou werk nie? Kwaai. Een van ons 24 port switches het sy gat gesien. Nou maak ons maar soos mense in Bangladesh en oorlaai waar ons kan. Eventually is daar 4 rekenaars wat glad nie kan werk nie want daar is nie ports vir hulle nie, so ek los maar een van daai “Koop nog lekker duur kak van Frankryk af” notes vir die baas. In die meantime wil my port ook blaas van die naweek se gefuif. Rrrrrt!
Afgesien van die gewone PC’s het 30 servers ook besluit dat hulle moeg is. Nog vier ure se fokken werk. En dan kan ek eers met my gewone daylie tasks begin. Hier teen lunchtyd het het ek gatvol geraak en besluit om iets te gaan tand iewers om net uit die kantoor uit te kom. Almal het mekaar by die British Rooftop gekry (so bar affêre bo-op die British Consulate se dak). Gewoonlik ‘n kief spot met ‘n nice view oor Spuitieland.
Ek was nie lus vir iets comlicated nie en het ‘n ham & cheese baguette bestel. Lyk my dis fokken moeilik om dit in Nigeria te maak, want myne het aangekom sonder kaas. Ek het die vir ou probeer verduidelik dat ek fokken ham EN cheese bestel het. “Hamcheese?” is al wat wat sy response is. Ek het hem weggejaag van die tafel af en my ou kak ou broodjie gevreet. En toe onthou ek dat ek al op ‘n vorige keer gesweer het dat ek nooit weer daar sou eet nie. Die vorige keer het ek ‘n hotdog bestel wat soos uitgedroogde Rotweiler piele gelyk het. Dom move, veral as jy alreeds wonder oor al die drek wat ‘n vienna opmaak.
Na die failure vir ‘n middagete het ek weer terug werk toe gemission. So halwe kilomter van die werk af trek die cops my af. Blykbaar het ek ‘n rooi traffic light geskip. Ek si so gewoond daaraan dat fokol werk in hierdie land dat ek net gery het. Blykbaar het iemand dit goed gedink om so paar traffic lights aan te skakel op hierdie particular not-so-public holiday.
Cops hieso werk bietjie anderster as by die huis. Hieso klim hulle in jou kar. Ruk sommer die fokken deur oop en klim in. Altwee cops. Fok die res van die motoriste. Ek is hulle target omdat ek wit is en zak het. Gewoonlik fight ek vir ‘n vale, maar hierdie dag was ek drained.
Eers wend ek ‘n halfhartige poging aan om oor die padreëls in hierdie fenominale land te stry. ‘n Goeie mix van Zulu en Afrikaanse vloekwoorde doen gewoonlik die trick. Vandag was ek gat. Toe moet ek my lisensie present. Die een wat ek nie het. Jip, daai een.
Raaaait.
Volgende stap: ek moet met hulle in my kar na die copshop toe ry om my fine te gaan betaal. Hulle beduie die pad en so halfpad tune hulle my om in ‘n stil straat af te trek sodat ons kan gesels. Stevie Wonder se blinde hond kon hierie een op ‘n myl sien kom. Die vraag is net hoeveel geld en waar drop ek hulle. Ek was fokol in ‘n mood vir nog kak so ek het die ouens ongeveer R350 betaal om ongerief te verhoed en hulle langs die pad afgelaai. Poeste.
My license word hierdie week uitgesort, so ek fokken hoop dit gebeur weer. Veral as my kant skoon is want dan gaan daar kak wees. Mens raak redelik gatvol vir dronk AK47-toting poesneuse in die aande wat probeer geld extort. Hierie is die eerste dat ek ‘n bribe betaal en ver-fokken-seker die laaste keer. Next time sal ek langs die pad stop, hoor hoeveel bribe hulle soek, foto’s neem van die konte en hulle gerus by die copshop gaan drop.
Nadat my hele lunch totally opgefok was en ek ‘n ekstra 40 minute op kak spandeer het, het ek eventually by die werk uitgekom net sodat die krag uitfok en nog so paar PC’s en servers ombliksem. Ek gaan nie nou in die boring details delve nie want ek is besig om so bietjie in my mond op te gooi terwyl ek hier sit en tik.
Eventually het ek dit huistoe gemaak na ‘n kak Maandag. By die huis het die krag ook natuurlik uitgefok waarna ek besluit het om myself aan bier oor te gee. Goddank vir drank, want reality is is ‘n cructh vir mense wat nie drank kan handle nie.
As ek kon, sou ek dagga ook rook en die duiwel aanbid. Rodney Seale tune mos mens aanbid die duiwel as mens dagga rook. Sies.
Watkykjy staan op 3,055,935 post views in totaal sedert 1 November, 2019.