OK, hierie gaan bietjie langerig wees, maar ek moet bietjie explain. Ek sal probeer om nie technical te raak nie.
By die werk het ons ‘n optical jukebox. Dis amper soos ‘n jukebox wat jy in ‘n bar sal kry, behalwe dat dit nie met coins werk nie en effens duurder is. met “efffens” bedoel ek natuurlik “fokken baie”. Dit werk met optical disks wat elk ‘n capacity van ongeveer 9 gig het. Fisies is ‘n optical disk omtrent dieselfde grootte as ‘n DVD jewel case. Die jukebox werk met so robot arm en lazers en allerhande kak om disks uit die rakke te haal en in disk drives te prop sodat data gelees en gestoor kan word. Ons outjie kan 164 disks dra. Dis fokken baie data. Aan die binnekant is daar sulke rakkies wat basically soos ‘n CD-rack lyk. Ons het uit spasie begin hardloop en gelukkig afgekom op ‘n opsie om die ding te upgrade sodat hy 238 disks kan dra. Problem solved. Enigste probleem is dat mens dit nie in Spuitieland kan koop nie.
Wel, mens kan. Soortvan. Die accredited Nigerian dealers waarna die UK company my verwys het was nie van moerse hulp nie. Die eerste dealer se foon en e-mail was buite werking. Ek het die tweede dealer in Lagos gebel en vir ‘n dringende kwotasie gevra. Hy sou dit dadelik e-mail. Drie dae, 4 foonoproepe en fokol mail response later het ons maar besluit om die upgrade kit van Frankryk af te bestel en te DHL Spuitieland toe.
Nou met upgrade kit het ek aangeneem dat alles in ‘n moerse box verpak word saam met metal racks, skroewe, interactive CD-ROMS od DVD’s, handleidings en so paar monsterkabels om alles te connect. Alles natuurlik mooi in bubble-wrap met ‘n dankie-kaartjie. Die upgrade kit kos immers 12000 Euro (R109000).
Maar kom ek sit nou alles eers mooi in perspektief voor ek die bom drop: Die masjien wat ons huidiglik gebruik kos $40000 (R284000) en die die model net bokant hom kos $51000. So dit maak sin om te upgrade vir 12000 Euro eerder as om $51000 (R362000) te gaan blaas op ‘n ekstra masjien.
OK, so toe kry ons die box met ons kit. Ons R109000 kit. Dit weeg minder as ‘n kilogram. Wat erger maak is dat die DHL koste R5000 beloop het. Ek vertaan nou half hoekom mense coke in hulle holle opdruk. DHL is te fokken duur.
Maar kom ons eindig die storie af. Kyk na die foto hieronder. Dit is waarvoor ons betaal het. 18 klein stukkies plastic wat lyk soos ‘n CD-rack waarvan die kante gesteel is, 1 skroef (jip, een skroef) en ‘n klein kak stukkie draad wat lyk soos iets wat agter by ‘n PC se CD-ROM drive ingedruk moet word. O ja, en die bubble wrap. Dit wat julle in hierdie foto sien, het fokken R109000 gekos. Se dit stadig vir jouself. Dink daaroor, kyk na die foto en se dit weer hardop. R109000.
Ons het die boks geskud. Niks anders het uitgeval nie. Nie eers ‘n pampiertjie met ‘n prentjie wat jou vertel waar om die simpel draadjie in te plug nie. Fokol. Toe kyk ons rond en wag vir ‘n clown met ‘n videokamera om uit te spring. Ook fokol.
Ek het bietjie somme gedoen. Kom ons veronderstel hulle het vir ons die skroef en die belaglike kabeltjie as ‘n freebie gegee, dan het elke klein stukkie plastic ons R6055 gekos.
Ek het onmiddelik die support dudes in die UK gemail en gevra of dit ‘n joke is. Ek het ook ‘n foto vir hom gestuur. Volgens hom is dit sharp. Dis hoe die upgrade kit lyk. Nogge mail na hom toe: Umh, ons het nie ‘n manual gekry nie. Die masjien is redelik robotic. Hoe sit ons alles inmekaar?
Sy reply: Die plastic click aan die kante in en die draadjie vertel die jukebox dat daar ekstra rakkies is.
Om eerlik te wees – ek het geen probleem om elektroniese goeters in te plug en te trial en error nie, want ek kan dit altyd op iemand/iets anders blameer as dit uitfok. Maar as ek stukkies plastic moet in-click teen R6055 ‘n pop en daar is ‘n moonltikheid dat ek dit kan raak is daar nie ‘n fokken manier nie. So ons het die boks met die content in die kluis toegesluit. Wat ek wel sal doen is om vir die baas te vra om dit sy verantwoordelikheid te maak om die plastic stukkies kak in te sit. Wat ek dan sal doen is om die draadjie voor die jukebox neer te sit en hom te tune: “OK draadjie, vertel vir ons R284000 masjien dat hy nuwe rakkies het. Die ou in Londen het my vertel dat dit jou werk is.”
Kom ons som gou alles op in wiksunde wat almal sal vertaan: Wat ons basically gaan doen is om ‘n 2004 Mercedes Benz SLK 200 Kompressor te vat en ‘n 2003 Toyota RunX 1.4 in sy hol op te druk.
Dis fokken belgalik.
Kyk hieso, en vertel my dis nie fokken belaglik nie:
Watkykjy staan op 3,083,858 post views in totaal sedert 1 November, 2019.