Een van die coolste aspekte van buite SA werk, is dat jy gereeld ‘n klomp nuwe mense ontmoet van verskillende lande en nuwe vriende maak. Hierdie afgelope naweek was nog ‘n bewys daarvan. Gewoonlik sal ons op Vrydae te lui wees om vir onsself kos te maak en dis gerieflik om net in ons lifecamp (weet nog steeds nie hoekom dit ‘n lifecamp genoem word nie) se clubhouse vir jouself kos te bestel en ‘n bier te drink terwyl jy vir jou order wag. Daar is gewoonlik so een of twee dudes daar wat dieselfde doen. Of so paar mense wat klaar geëet het en net lus is vir ‘n bier.
Partykeer is dit beter om die plek te vermy want sommige van die mense insist om vir jou bier te koop en voor jy mooi weet wat aangaan word daar sommer partytjies ge-organise of die partytjies gebeur net spontaan. Ek en twee van my buddies het besluit om Saterdagoggend ‘n champagne breakfast te hou nadat ons so bietjie tennis gespeel het, maar Vrydagaand het so woes uitgedraai dat die hele naweek se wiele afgeval het. Dit alles net omdat ons belsuit het om ‘n I-pod by die bar se hi-fi in te plug. Ons het wel tennis gespeel en ons het wel die breakfast gehad, maar dit was na ‘n deurnag kuier session. Ons vriende van België en Madagaskar het ons vir die tennis ge-join Saterdagoggend. Ons het die middag (nog steeds na fokol slaap) gou gaan inloer vir ‘n vinnige bier. Dit het verander in ‘n vinnige drie biere by hulle spot en ‘n bottel wyn later by die swembad.
Hulle het ons uitgenooi vir ‘n ligte aandete wat op die ou end nie so lig was nie. Die 1liter Jagermeister wat ons wou spaar vir ‘n volgende party het ‘n vinnige pynlose dood gesterf. Dis toe dat ons host besluit het om ‘n sak pruike iewers uit te krap sodat ons sy Franse buurman se partytjie kan gaan gate-crash. Die buurman het actually beplan om ‘n rustige dinner-party te hou vir so paar van sy vriende. Ons het sy sitkamer behoorlik in ‘n club verander. Op ‘n stadium was ek so ver weg gewees dat ek gedog het dat ek regtig by een of ander club was. Die probleem was dat ek nie geweet het watter een nie. Ek het vir sommige van die gaste gevra of hulle my dalk ‘n lift kan terug gee na ons camp toe. Niemand kon verstaan hoekom ek ‘n lift terug wou hê na ons eie plek toe nie, siende dat dit omtrent 20 meter van die ‘club’ af was. Ek het my fout agtergekom toe ek bietjie vars lug gaan skep het buite. Ek het toe ook sommer huistoe geloop om myself verdere embarrasment te spaar en my roes af te slaap.
Meeste van die foto’s van Saterdagaand laat mens cringe. Hier is so paar van die “beter” kiekies van die gedoente …
Watkykjy staan op 3,124,701 post views in totaal sedert 1 November, 2019.