Dis weird hieso wat werk aanbetref. Die kakste dae is gewoonlik Vrydae en Maande, in terme van dinge wat kan verkeerd loop.
Helfte van ons servers het Vrydag uitgebom en ek het met die goed gesukkel vandat ek ingeloop het tot dit tjailatyd was. Hellboy het die probleme oorgeneem en met dit gesit tot omtrent half nege die aand. Ons het besluit om maar te gaan party vir so 2 ure en die probleme na so paar biere te probeer uitfigure. Actually het ek by die party gebly en Hellboy is terug werk toe vir so uur waarna hy ons weer ge-join het.
Ek like nie moerse van dress-up parties nie, veral nie as mens in Spuitieland is waar dit moelik is om sulke tiep van klere in die hande te kry nie. Ek het nevertheless by die mal buurman van België ‘n draai gaan gooi en hy kon ons met stuff uitsort. Ek het ‘n hekshoed gedeps met een of ander fokken lelike swart overthrow en Hellboy het ‘n Zorro outfit gekry. Come to think of it, het hy meer soos Zorro the Hispanic Car Thief gelyk, so hy het maar die bandanna en masker laat vaar.
Die party was toe ook nei so moerse great soos ons verwag het nie en almal het vroeg gewaai. Ons het maar in iemand anders se apartment gaan kappe maak tot ons eventually 2am weggejaag is. Vandaar af het ons die strate van Abuja ingevaar en eindlik by die Sheraton se nightclub, The Aquarium opgeëindig. Dis te vestane dan Zorro en ‘n dronk heks (teen hierdie tyd het ek ‘n moerse fokken plastic axe ook saamgesleep) nie vir entry sal betaal nie. R100 elk 2.30 in die oggend is net te fokken duur.
Na ‘n moerse gestryery is ons by die club in en het daar ook so paar biere geklap terwyl ek elke nou en dan soos ‘n besetene op die dansvloer rondhardloop met my dronk, axe-weilding ass.
Op een of ander stadium het ‘n russiese dude my hartlik uitgenooi na ‘n vuisgeeg in die straat. Ek kan nie onthou of dit nou voor of na die Aquarium was nie, maar dit was in die Sheraton se lobby bar. Ek dink dis omdat ek vir hom op ‘n stadium gemention het dat ek van Transylvania af kom. Nadat hy my met ander mense hoor praat het en agtergekom het dat ek van SA af is het hy op my begin skreeu: “You lie to me. You tell me you are from Europe, but know you are from South Africa! Come, we fight in the street now!” Ek weet nie hoekom ons nie in die straat opgeëindig het met fisticuffs nie. Moet seker wees omdat ek myself pap gelag het en nie kon loop het nie. Mens kry fokken snaaksies daar buite. Maybe is dit al daai fermented aartappelsap in die russian se brein.
Vir een of ander rede het ons die Sheraton se premises te voet verlaat en n die reen rondgestrompel in die strate van Abuja. Nog steetds axe-weilding and all-and-all. Teen hierdie tyd moes dit seker al na 3 die oggend gewees het. Ons het kos by dudes in die straat gekoop en het saam met iemand in sy kar geklim en hom gevra om ons huis toe te vat. Ek kan nie onthou watse kar hy gery het nie, maar op hierdie stadium het dit weer begin gereen. Wat ek wel weet is dat die bestuurder twee keer dronker as ons was en ons het dit eers die volgende oggend besef toe ons nie vorige aand se puzzle pieces bymekaar sit. Ons het ook uitge-figure dat die ou omnrent 80km/h in die reen ge-clock het. Dis redelik vinnig as jy in ag neem dat die kar about uitmekaar uit bliksem en fokol ligte het.
Pikdonker, fokol ligte, kak kar, dronk bestuurder:
Saterdag was ‘n meer suksesvolle party gewees. Dit was 20m van ons huis af by die Russian buurgirlie (not at all releated to Vrotski die Rus wat my wou PK by die Sheraton nie). Ons (en so paar ander mense van ons hood) is uitgenooi vir aandete by hulle huis. Baie cool gewees. Niks pretentious nie. Basic slaai en braai tipe vibe gevolg deur so paar biere, bottels rooiwyn dans en lawaai. Jou top tipe basic Saterdag kak.
Watkykjy staan op 3,103,999 post views in totaal sedert 1 November, 2019.