Raait, ons is amper klaar met die dubbel periode Geskiedenis. As die bidklok lui moet die leerlinge aan weerskante van die klas asseblief die vensters toemaak. Die klaskaptein moet die borduitveers uitslaan en die snippermandjie skoonmaak. Oudstes en enigstes, steek julle kloue op. Ek moet hierdie fokken omsendbriewe uitdeel.
Nouma goed, ons gaan aan waar ons die vorige periode opgehou het met ons les oor Manfred Von Richthoven, meer bekend of berug sou ek sê as die Rooi Baron. Agterste man, let asseblief op en los daai warm meisie se brastrap uit voor ek vir jou bliksem lat jy in saal 1, 2, 3, en vier lê! Jy tender!
In Augustus 1917 het vliegtuig designer Fokker sy eerste paar drievlerk aeries laat aflewer by Jagdgeschwader 1, Von Richhoven se hang-out. Almal was verskriklik happy, want om 'n vliegtuig met drie vlerke te hê is baie dieselfde as om 'n Ford RRRrrtina met twee kazospype af te jaag in Voortrekkerstraat. Von Richthoven het natuurlik vir homself ook enetjie gedeps. In April die volgende jaar skiet Richthofen twee pilots moertoe met sy nuwe drievlerk kragmasjien.
Alhoewel Manfred dubbelvlerk vliegtuie ge-pilot het vir omtrent sy hele loopbaan lank, was dit die Dreidecker wat hierie china die naam van Rooi Baron besorg het. Hy het hierie vliegtuig Ferarri rooi geverf van sy gatkant tot by sy neus. Dit is ook in hierdie vliegtuig wat die windgat Nazi gevrek het op 21 April 1918. Richthofen het die Sopwith Camel van 'n Brit, Wilfred May gevolg tot in Britste territory. Wilfred May? Jirre, wat 'n kak naam. Klink soos 'n butler of iets. "Hey, Wilfred, twee Marmite broodjies en koffie asseblief. Opskud, moenie roer nie!" Anycase, Richthoven was op hierdie ou se tail soos kak op 'n wolkombers.
Die thrill van so paar jaar terug was nie meer daar nie, want meeste van sy tjommies is vrek geskiet en sy eie wonde het ook aan hom begin knaag. Hy het sy een van sy eie reëls gebreek: "Jy vlieg nie net op een ou se gat en probeer hom fucked skiet soos 'n BMW bestuurder van Jo-burg nie, jy move van een dude na 'n ander dude en dun hulle een vir een uit. Hy het die Brit heeltemal te ver en heeltemal te laag oor die grond gevolg.
Wilfred May het later erken dat hy sy hele cockpit toegekak het toe die Duitser op hom begin skiet het. Hy het ook gesê dat dit te danke is aan sy kak pilot training en hopelose vliegkennis dat hy so moerse erratic gevlieg het en die bullets ge-dodge het. 'n Kanadees, Arthur Roy Brown het vir May kom uithelp en van agteraf op Manfred the man beginte losbrand met 'n machine gun wat op sy aerie se neus gemount is. Tot vandag toe nog glo meeste mense dat die single shot wat die Rooi Baron hel toe gestuur het deur Brown geskiet is. Dit loutere kak. Die Rooi Baron is deur 'n onbekende Australiaanse voetsoldaat afgeskiet. Manfred het in 'n klein veldjie so ent van 'n kerk af gecrash. Hy was nog lewendig vir so rukkie, maar die Grim Reaper het nie op hom laat wag nie en Manfred Von Richthoven se horlosie, beursie, skoene en laaste asem gevat. Sy siellose liggaam is deur Britse troepe ontdek en hy is met military honours begrawe.
Die Rooi Baron se broer, Lothar (klink soos een van daai fokken Ogres van Warcraft3) was besig om kos deur strooitjies te eet in die hospitaal toe sy broer die emmer geskop het. Nadat hy recover het, het hy die tradisie van die Richthovens voortgesit. Hy het weer Jagdgeschwader gejoin en in sy kalenderpes-rooi Dreidcker 40 kills gekry voordat hy op 13 Augustus 1918 afgeskiet is en geforseer is om pakket te vat.
Pak weg julle boeke, julle kan die res van die periode afkry, solank julle net nie rook of zaber agter in die stoortjie nie.
Watkykjy staan op 3,118,563 post views in totaal sedert 1 November, 2019.