Manfred von Richthofen (ook beter bekend as die Rooi Baron) was 'n fokken main rammetjie-uitnek Taurian wat so stuk of wat oor die 100 jaar terug gebore is. Hy het nie moerse lank gelewe nie en het op 25 jarige ouderdom die roomyslepel deur die ceiling gedruk. Wat anders kan mens verwag van 'n Nazi wat te groot vir sy Dr Martens was?
Kom sit nou mooi stil in die Geskiedenisklas lat meester grifF julle meer vertel. En moenie liniale onder die gooses se rokke druk of mekaar met passers steek as ek my rug draai om oppie swart bord te skryf nie.
Manfred se pa het hom eendag vang skuim pis en het besluit sy laitie is nou groot genoeg vir grootmenslewe. Hy word ingeskryf by die Wahlstatt militêre skool waarna hy sy move maak na die Royal Military Academy in Lichterfelde. Blykbaar was Manfred 'n baie beter atleet as wat hy 'n brainiac was, amper soos wat daai blare in hoërskool was wat nou spietkops of versekeringsmakelaars is – hulle kon hard bliksem agter die pawwies, but they got knocked the fuck out as dit kom by conversational skills of laergraad Algebra.
Manfred kon darem perdry en as gevolg hiervan word hy 'n cavalry officer en 'n jaar later 'n luitenant. Ongelukkig vir hom het oorlogtye nie lekker uitgemaak van dudes op perde nie en die masjiengeweer is boonop uitgevind. Gevolglik moes die laities van veilige afstande af die kak uit mekaar skiet vanuit die trenches wat hulle moes grawe.
Oorlog breek uit soos riots oppie Cape Flats op 14 Augustus in 1914 en bra Richthofen belsuit om perde 'n skip te gee en liewer aeries uit te try. Hy join toe die Fliegertruppe in 1915 as 'n waarnemer omdat die opleiding korter is en hom vinniger op die battlefield sal kry (dis soos daai ouens wat matriek oordoen sodat hulle weer eerstespan rugby kan speel). Na slegs 24 uur se flight training kap hy solo flight vir die eerste keer in 1915 en crash ook sommer sy aerie toe hy traai land. Stevie Wonder kon daai een sien kom. Nevertheless oorleef hy. Julle moet die datums watch. Ek vrae vrae na die tyd en dan kak julle!
In September later daardie jaar raak hy betrokke in sy tweede air-to-air combat en skiet 'n Franse vliegtuig poeskas toe. Dit het blykbaar nie getel nie, want die Frenchies het nix geskree omdat die vliegtuig in Franse territory ge-crash het. In April in 1916 drop hy nogge Franse vliegtuig en dit val weer in wynland. Weer tune hulle hom grief en dit tel nie.
In September in 1916 score hy sy eerste erkende air victory. So skiet en down die ou aerie na aerie totdat hy in November 'n stiff upperlip Britse majoor Lanoe Hawker sy elfde slagoffer maak. In 1917 net na die nuwe jaar se hangovers gesak het, down hy sy 16de vliegtuig wat hom hecticste lewendige Duitse Ace maak. Hulle gee hom ook die Blue Max medalje wat blykbaar nogal 'n mean stukkie yster is om op jou kerkbaadjie se sak vas te steek. Hy besluit toe om dele van sy vliegtuig rooi te verf sodat sy chommies op die grond nie sy stertvere moet uitskiet nie.
Toe raak dit 'n fokken gemors. Almal in sy squad begin toe hulle vliegtuie op plekke rooi sprayjobs te gee. Vir een of ander rede dink ek nou aan Pokemon en peer pressure. O nee wag, peer pressure is waneer die skool se nurse jou knaters gryp en tune om te hoes. Jirre, sy het koue hande. Kug-kug…
Die Britte het respond deur hulle vliegtuie se neuse rooi te verf met die idee van "ons sal jou uitruik en jou fokken afskiet". Die Britte het ook warm flat flat bier uitgevind. Way to go, ouens. Way to go. Later in Januarie breek die onderste deel van Manfred se Albatros DIII vlerk af terwyl hy lug-broadies kap. Dit was blykbaar 'n algemene probleem. Hy kry dit tog reg om te land en dit lyk of 24 uur training tog vrugte dra. In Maart word hy afgeskiet maar hy vlieg sommer weer later dieselfde dag. Stupidity has no boundaries.
In April word Richthoven promote tot Rittmeister, wat basically beteken dat hy kaptein van die eerste span is en kan kringetjie maak voor hulle vlieg en skiet en in halftyd die lemoene mag uitdeel. Eendag net na Bybelstudie, breek die onderste vlerk van een van sy buddies se Albatros DIII af in vlug. Richthofen was die poes in en het met die bietjie lees- en skryfkennis wat hy het 'n lelike briefie Berlyn toe gestuur. Die ontwerper van die vliegtuig, Anthony Fokker (die fokker), het toe self in die trenches gaan lê om die vliegtuie dop te hou. Hy het nogal die Britte se Sopwith 3-vlerk gelike, hulle idees gesteel en die Fokker DRI Dreidecker ontwerp.
Die Rooi Baron het meeste van sy slagoffers in hulle fuck-you's ingestuur vanuit hierie monstrocity. In Julie word Manfred Von Richthofen Moeder aarde toe geskiet deur Kaptein Douglas Cunnel en 3de luitenant Albert Woodbridge. Hy land veilig, maar ongelukkig vir hom het hy 'n bullet in die kop gekry. Lekker Rage Against The Machine! Hy fokken oorleef dit wragtig, maar sou aan die kakste hoofpyne ly tot die einde van sy kort goor ethnic-cleansing lewe.
Die Duitse grootkoppe het bietjie begin stress omdat die propoganda value nogal groot is. As een van hulle ysters begin short kom, dan gaan die vyande se press hom vir brekfis eet. Die commanders probeer toe die Baron bietjie druk om pakket te vat en meer pampierwerk te doen. Dit het nie lank gehou nie. Hulle het agterkom dat hy beter in die lug as op die grond is en Manfred the man is weer battlefield toe…
Watkykjy staan op 3,091,018 post views in totaal sedert 1 November, 2019.