Plekke soos V'town in die Vuildriehoek het 'n hele lot urban legends en kakstories, meestal as gevolg van die extreme boredom verbonde aan small-town living. Baie daarvan was skoolgrondpraatjies soos dat jy sal uitpass as jy bordkryt onder jou tong sit, wat natuurlik loutere kak is. Daar was ook iets weird aan Coke en 'n Disprin drink, maar ek kon nie onthou of dit lei tot 'n trip of net dat jy braak nie. Verder was daar die legendariese 6,000cc motorfiets, Bruce Lee wat 'n duisend skoppe in die kant van 'n trok kan sit as dié teen 100 km/h verby hom ry, en dan my persoonlike favourite – die Iron Maiden poster storie.
Moontlik geïnspireer deur Rodney Seale se invloed, het die storie gelui dat "êrens in Amerika" dit gebeur het dat heavy metal band Iron Maiden se posters (met die creepy Eddie-mascot) evil powers het. Meer spesifiek, Eddie word lewendig twaalfuur in die aand. Nou grifFin het van daai kief Iron Maiden vlae in sy kamer gehad toe ons kids was (standard fare vir suburban laaties in V'town). Ek dink nog een was die omstrede "Trooper" met Eddie as soldaat met (hyg!) "666" op sy epilet aangewerk. Na aanleiding van die legend wou 'n ander pel (en kamtige metalhead) nie in grifF se buitekamer slaap nie uit vrees vir Eddie. Swak dude.
(Dieselfde ou het ontsteld gereken dat “metal sy lewe verwoes het” nadat ons almal se name geskrap is van die lys van kinders wat prefekte sou kon word.)
Legendes wat meer algemeen bekend was in en oor die area het ingesluit die Daleside spook en die Vaaldam monster. Die Daleside spook is redelik standaard. 'n Laatie het vroeër jare op 'n verlate pad in Daleside met 'n bike verongeluk. Nou, as jy in die aand op 'n spesifieke plek hang check jy 'n enkele lig wat uit die donker na jou toe aankom en dan weer verdwyn. Obviously dan die ducktail se spook oppie fiets het die ou swepe gereken, ander het geskiem dis net 'n weerkaatsing van lig. Hoe dit ook al sy, baie mense het soontoe gemission om dit uit te check of sommer net in die pad te suip of in die bosse te naai. Either way was dit altyd fun gewees.
Die Vaaldam monster is meer van 'n visvangstorie wat hand uitgeruk het. Een of ander hengelaar (heel moontlik snotters) het beweer dat hy 'n massive vis gecheck het in die dam terwyl hy babers gevang het. Die ding was about drie of vier meter lank, donker van kleur, en het ook – wait for it – die kop van 'n ander dier gehad. Wat die dier was weet nugter. Heelwat mense het later sightings geclaim, net soos ek seker is mense Bles Bridges sightings in Vosloopark gaan claim oor 'n paar jaar.
Van Meyerton en Riversdale se kant af weer vertel die sneeudiere van ou John Hare – so vuil bra van mixed heritage wat nooit gebad het of sy hare gesny het nie. Die man het putte gegrawe vir 'n lewe en op sy laaste dag uitgeclock in een van said putte. En op die spot in Riversdale, laataand as die weerlig slaan moet jy nie verbaas wees as jy opkyk en so vuil bliksem met dreads en groot geel tande agter jou sien nie. Hy's blykbaar harmless though, al wat hy doen is om kliphard met sy voorvadergeeste te baklei – blykbaar oor sy lot as baster.
'n Persoonlike gunsteling van my is die storietjie van die girl met moerse streng ouers. Soos stories loop was sy verlief op 'n ou en sy het altyd uitgeslip om saam met hom te "kuier". Een aand kom sy nooit terug nie, en na 'n lang soektog vind hulle haar toe begrawe in 'n vlak graf – onthoof nogal. Die laaste persoon wat haar gesien het, het gemerk dat sy besig was om aan 'n appel te smul terwyl sy in die maanlig gestap het. Dit maak dan sin dat 'n sekere veldjie in Riversdale bekend is vir sightings van die afkop meisie, met die appel in haar bek.
‘n Ander spookstorie vertel weer van ‘n driffie waar wille spoke geboer het. So is ‘n latenight lover een aand op sy fiets op pad terug na sy possie toe aan die ander kant van die driffie. Soos luck dit wil hê het die man tot laataand gevry en nou’s hy hoogs ontsenu oor die gevaarlike trippie.
Na aan die driffie kom die dude agter sy fiets trap nou maar fokken moeilik. Hy stres so bietjie maar trap maar harder om dit agter die rug te kry. Maar dit help nie. Die word al moeiliker en moeiliker om te trap en om dinge te vererger bly iets hom op die skouer ook nog klop. Dit gaan naderand so dat die arme drommel op sy pedale staan – papnat gesweet en heeltemal uitgefreak.
Eindelik gee hy toe. Hy kan nie meer. Met geweldige inspanning draai hy stadig om sodat hy sy lot in die oë kan kyk. Dis toe dat die dom poes check die fiets se agterwiel is pap en die tube het losgekom. Dis hoekom hy so fokken swaar trap en dis die losgerekte tube wat hom so op die skouer bliksem.
En dan 'n laaste enetjie uit Heilbron se vlaktes waar mense vertel van Jaina Nortjé wat glo 'n vreeslike maer vrou was. So val Jaina eendag in 'n diep gat af, maar oorleef danksy 'n spyker wat haar rok gevang het. Sien, sy was so maer dat die rok nie eers geskeur het nie.
Noujatoe, dis genoeg kakpraat vir een dag. Maar hey, more is daar nog…
Watkykjy staan op 3,091,382 post views in totaal sedert 1 November, 2019.