Bouery in Rrrrtgerië is ‘n gemors. Gevolglik is instandhouding direk eweredig aan bouery. Mens sou verwag dat die twee verwant is en mekaar komplimenteer, soos kaas en crackers by ‘n wynproe aand. Dit doen nie. Die regering hier hou daarvan om drie of vier keer vir dieselfde projek te betaal en dit is evident aan al die geboue rondom my oppad na enige destination hier. Dit is ook confirm deur ‘n Duitser wat al vir die afgelope 25 jaar hier bly en vir een van die groot Duitse construcion companies werk.
Die dudes sal begin bou sonder enige beplanning. Sowat 75% deur die konstruksie proses kom hulle agter dat die geld opgeraak het. O fok, wat nou? Dis maklik, los die gebou net soos hy is vir omtrent 5 jaar tot hy vanself uitmekaar begin val en herhaal die bouproses elders. Nice. Imagine ‘n retro gebombde Irak. You get the picture.
Iets het my begin pla sowat ‘n week terug, maar ek kon dit nie pinpoint nie. Dis seker omdat ek al te lank hier is en min of meer aan alles gewoond is of raak. Toe strike dit my vandag. Dis die sypaadjie. Hulle is besig om ‘n sypaadjie in ons straat aan te lê. Nie met sement of konkryt blokke nie. Paving stene soos wat jy langs ‘n swembad kry. Aan altwee kante van die straat vir 2km lank. Dit lyk pragtig. As jy nie opkyk nie. Imagine Constantia Kloof gemeng met Delmas en so dash Sharpville. ‘n Groot flashy mansion, dan ‘n houthut met tyres rondom (“for any cloths dying”), gevolg deur ‘n bouval (mansion size) en ‘n sort-of running, rundown hotel.
Dan draai jy op in die main straat. Wat het ons hieso? ‘n Nuwe Sypaadjie! Twee meter wyd, beide kante van die pad, kompleet met 4 Cat bulldozers, stoomrollers en legio werkers wat natuarally die traffic opfok sodat almal gebruik van whatever deel van die twee one-ways hulle please whatever tyd van die dag. Bike ongelukke? No problem, daar is mos baie slote, donga’s en natuurlik die nuwe sypaadjie om op neer te bliksem.
Maybe post ek ‘n foto of twee van hierdie revolutionary bouwerk binnekort.
Watkykjy staan op 3,084,438 post views in totaal sedert 1 November, 2019.