Nadat ons so bietjie gespat geraak het by die Amerikaners, is ons na die British village toe. Soos wat Britte maar is, is die plek ook heavy uptight. Jy moet deur ‘n member van die club uitgenooi word om in te kom en even as dit gebeur word jy in elk geval ge-interogate by die hek deur die security dudes met hulle AK’s. Ouens met chips op hulle skouers. Gelukkig was daar min kak om in te kom hierdie keer en ons het reguit bar toe gekiet en ‘n dop gedrink saam met ‘n depressed Zimbabwean in die hoek en toe saam met die Amerikaners wat ons gevolg het.
Daar was ‘n weird vent van Finland af ook. Hy was al by ‘n vorige partytjie ook waar hy heel normaal voorgekom het, maar hierdie aand was hy bietjie geklits en het begin aanlê by ons vriendin van die UK af. Dit het ook voorgekom of sy aksent omtrent 40% gayer geklink het as die vorige keer toe ons die dude gesien het, maar ons het maar geskiem dis hoe mense van Finland af klink as hulle gespat raak. Totdat hy by my ook begin aanlê het. Dit was nou vir jou fokken creepy gewees! Ek tune die dude half beleef, half ge-irriteerd dat hy my maar moet uitlos, maar hy begin toe aan my arm te trek en skree “Come with me! These people want to hurt you!” Jirre, jissis, god dit was fokken embarrasing! Niemand het geweet waaroor die ou so tekere gaan nie. En die dude hou nie fokken op nie, totdat ek die manager vra om hom asseblief te verwyder voordat ek homself bliksem en uitgegooi en verban word vir disturbing the peace. Fokken Jerry Springer shit hierie!
Met meneer Nokia eventually uit die bar verwyder en verban kon ek rustig verder kuier saam met die USA girlies en het lekker punte gescore met voet massages.
Toe ek die volgende dag wakker word met ‘m moerse hangover onthou ek dat ons almal ‘n moerse 80’s partie by ons huis belowe het hier teen einde Junie. Fok. Gelukkig het ons about ‘n maand om die hele storie te organise, so ons sal maar die cocktail-pool-80’s partie van die jaar moet gooi in Spuitieland…
Vir julle ouens in Spuitieland wat wil kom: Dis Saterdag die 24ste Junie. Bel of mail vir verdere instructions en details.
Watkykjy staan op 2,931,836 post views in totaal sedert 1 November, 2019.