Ons het besluit om Saterdag die hash te doen. Vir die oningeligte mense onder julle: dis iets wat jy hardloop. Nie iets wat jy rook en dan allerhande pers pikkewyne en weird kak sien nie. Dis soos ‘n funrun sonder die fun deel, want dis meer ‘n cross-country tipe vibe waar jy op berge en in dale hardloop.
Die driving force agter hierdie besluit sluit die volgende paar redes in:
a) Ons het dit nog nooit gedoen in die 3 jaar wat ons hier is nie (in fact ek het dit nog nooit gedoen in my lewe nie – ek het ‘n goue reel as dit by oefening kom: as die destination enigsins verder as 300 meter is, gebruik ek my kar.)
b) Dis ‘n maklike manier om nuwe en interesting mense te ontmoet
c) Onder hierdie nuwe en interesting mense is daar nice chicks
d) Vir ‘n entrance fee van R100 is daar ‘n nice ete na die tyd en al die bier watjy in jou lyf kan stop is ingesluit by die prys. Ek is seker hulle sal die bier deal stop nadat ons so paar keer bygwoon het.
Na so paar SMS confirmations oor waar en wanneer en wat ons moet saamvat, mission ons na die Hilton Hotel se parking lot toe – die meeting point. Vul registrasieforms in en hang bal tot almal opdaag. Twee van die Franse dudes wat saam met my werk daag ook op en die een lyk ‘n bietjie af soos brood. Dis confirm deur sy groetvorm: “I have ze fukckink headache”. Die roete is vinnig verduidelik en toe dit lyk of ons moet wegspring, klim almal in hulle karre en ry. Soos poepols staan ek en Hellboy in die parking lot. Ons het gedog ons hardloop van hier af, nou ry almal vir ons weg. Gelukkig gee ‘n chick van Argentina ons ‘n lift. Blykbaar ry almal eers na die quarry toe en ons moet van daar af wegspring. Die karre ry soos ‘n begrafnis stoet en die simpel Amerikaner in sy moerse gas guzzler wat veronderstel is om almal na die regte spot toe te lead, verdwaal. Nou is daar 40 karre wat agter hierdie poepol aan verdwaal en dit lyk soos daai Snake game op een van daai kak Nokia 5110’s.
Eventually kom ons by die spot aan en die organiser skree dat ons moet gou maak, want hulle blast oor ‘n halfuur in die quarry. So paar mense lag vir sy kak attempt tot ‘n joke. En toe begin ons hardloop. Jirre wat ‘n fokken straf. Die eerste 100 meter het goed gegaan toe dit nog op ‘n grondpad is, toe begin ons teen die koppie uithardloop en dis fokken steap. Eventually gee ek op en begin loop, want die koppie verander in ‘n berg. Die feit dat ‘n klein 8 jarige meisie my weghardloop het my ook nie laat skaam kry nie.
Ek was vodde toe ek bo-op die koppie kom. Daar het ek ‘n Nigerian vrou gesien wat gelyk het of sy ‘n 1000 jaar oud is. Sy het 50kg hout op haar skouers gedra. Ten minste het ek geweet dat ek nie sal vrek nie. As hierie fossiel met hout op haar skouers kon loop, was ek seker dat ek die laaste 1km tot by die bierstop kon doen. Die village bo-op die koppie/berg het fokken baie hout gehad. Maybe was hout-aandra maar ‘n hobbie. Daar was genoeg hout om ‘n ark mee te bou. Maybe was dit hulle mission. Ek weet net nie waar hulle twee van elke dier sou opspoor nie, want die mense in Spuitieland het alles wat leef (gecko’s en die odd heyena uitgesluit) klaar opgevreet.
Nogge funny ding wat Hellboy opgemerk het was dat die village se honde vir ons geblaf het. Imagine hierie setting – ‘n swart village. Witmense hardloop verby. Honde blaf vir die witmense. Ek het dit nogal snaaks gevind. Anyway, ons kom toe by die bierstop aan ek ek down ‘n Gulder (750ml bottel local bier) en begin sommer ‘n tweede een na dit ook te down en kom halfpad. Met die bier – nie in my broek nie. Ek het nie eers gemind toe dit begin reën het nie en begin die laaste stretch aan te durf. Halfpad teen die afdraende af is daar een moerse oorverdowende ontploffing. So die ou het toe al die tyd nie nie kak gepraat nie. Dis die eerste keer in my lewe dat ek sien hoe ‘n koppie moertoe geblaas word en dit was fokken awesome! Dit (awesome) is my nuwe favourite woord, maar jy spreek hom met so Amerikaanse aksent uit dat dit so lekker kak klink soos die Afrikaanse woord, asem. “Hoe was kerk vang, Gert? Nee, dit was fokken asem, thanks!”. Ook mainly omdat ons twee cool Amerikaanse chicks ontmoet het. Hulle het twee nuwe woorde by my geleer: “plakkies” en “tekkies” en hulle smaak dit stukkend. “So I see you’re wearing your plakkies? Your tekkies must be in your bag. Awesome!” Sien? Dit klink lekker kak. Partykeer is dit lekker om net kak te wees.
Na die hash het ons by die Amerikaners se lifecamp ‘n soort van ‘n braai gehou, geswem en baie verniet bier gedrink. Ek het toevallig ‘n anti-Bush t-shirt aangehad. Een van daai “Good bush | Bad Bush” t-shirts. Vir die wat dit nog nie gesien het nie: die “good Bush” deel is ‘n prentjie van ‘n chick wat haar jean aftrek en koekhare wys en die “bad Bush” deel het obvjously net ‘n prentjie van ou George. Helfte van die Amerikaners het nie van my t-shirt gehou nie, maar een van die chicks het so baie daarvan gehou dat sy sommer 3 wil hê om vir haar tjommies te gee. Ek dink ek moet maar 20 gaan koop in Camden as ek hierie vrydag Bomden toe gaan. Maybe kan ek dit vir ekstra zak kom smous hieso in Spuitieland.
Dit sal nogal asem wees.
Watkykjy staan op 3,084,021 post views in totaal sedert 1 November, 2019.