Soos baie van julle teen hierdie tyd al weet word ek amper elke dag met ‘n smile wakker. Hierdie smile verander gewoonlik in ‘n frons teen die tyd dat ek moet werk toe gaan. Dis nie die werk self nie, dis die transport werk toe. Die fight met taxi’s vir die regte prys. Gewoonlik flag ons groen 19-Jesus Toyota Stanza’s af wat met snot, pounded yams en skietgebedjies aanmekaar gesit is. Dan die fight virrie fare. Ek gee die adres gevolg deur die prys wat ek dink billik is, ‘n argument volg, ek wen en ons ry. My nuwe tegniek is actually baie beter. Deesdae gee ek die adres en wag dat die bra sy prys maak. Dis altyd te hoog (meeste van die tyd dubbel die going rate). Ek baklei nie meer nie. Ek volg die mechanic-jou-kar-is-fucked-fluit metode. Jy weet, soos wanneer ‘n mechanic ‘n Nissan 1400 se bonnet opmaak en een van daai mechanic fluite gee en so oor sy ken met sy hand vryf. Die taxi driver kom bietjie af met sy prys, ek fluit weer en herhaal proses tot verlangde level of understanding bereik is. Done deal.
Die fluit, however, los nie ander probleme op soos kak bestuurders, polisie en road congestion nie. Halfpad oppad werk toe kom ons op ‘n so paar roadsigns af wat lees “No road, Prayer in Progress”. Hierie is ‘n besige pad. Jy kan maar sê dis die equivalent van daai nuwe pad tussen Pretoria en Midrand. Die verskil is egter dat hulle nie daai pad toemaak sodat honderde mense in die straat gaan staat met hulle magic carpets om te bid nie. Dis amper soos mass yoga. Net met fokken baie background noise en karre wat divert word. Langs die pad is daar baie plek. Daar is even ‘n leë auditoruim (concrete slab met moerse sinkdak) wat hulle kan gebruik.
Maybe verstaan ek net nie mooi nie. Miskien is dit gesonder om in die son op jou matjie te hurk saam met 300 mede kerkgangers en in die middel van die pad te bid. Ek hoop hulle het onthou om vir reën te bid, want die jirre weet dit is poeswarm vandag.
Watkykjy staan op 3,056,647 post views in totaal sedert 1 November, 2019.