Deur Slyper
Amerika is groot. Ek weet dit na drie dae se ry deur California, Arizona, New Mexico en die grooste deel van 'n moederfokker groot staat met die naam Texas. Net soos die poese wat almal uit Londen skryf, is ek een van daai sad konte wat sy heil in 'n ander plek gaan soek en uitvind die moederland se melk proe nie so sleg nie. Behalwe vir die feit dat in ZA daar nie werk is nie en ADT meer geld maak as die mees korrupte politician, en dis baie.
Gewoonlik vlieg ek waarheen ek ookal moet wees in die States, maar hierdie keer besluit ek, ag, wat de fok, kom ons ry sommer soontoe. "Hoe ver kan dit nou wees?" dink ek terwyl ek in 'n bar in San Jose sit en dronkword op Miller en Jose C. Met die aerie vat dit net vier ure of so en ek wil al lankal sien hoe lyk hierdie land waaroor ek die heeltyd vlieg, redeneer ek.
Soos my Afrikaanse onderwyser altyd gesê het: Laat die pret begin. Dit het gewoonlik beteken ek moet buk en maak of ek 'n man is, deesdae moet ek 'n girl daar in ooste van San Francisco betaal om dit te doen. Ai, hoe draai die wiel.
Anyways, genoeg trips deur die verlede, ek's hier om oor 'n trip te skryf wat nou net klaar is. Die rental agency bevestig ek kan die stuk kak Chevy wat hulle aan my afgesmeer het uit California vat sonder dat die FBI op my gaan neerdaal. Een minder ding om oor te worry.
Ek begin my padtrap net suid van San Francisco op 'n bitter warm Vrydagmiddag en vat onmiddelik die verkeerde pad. In plaas van die I5 South vat ek die 101 South en eindig op in die rush hour van Santa Barbara. Ek kan met authority sê dat dit net 'n bietjie minder pynlik as om deur die sepie te sit, al is die scenery nie te sleg nie.
Na sewe pynlike ure eindig ek op in 'n scummy hotel net noord van Universal Studios se lot in LA. Die hotel is die soort plek waar ou porn akteurs opeindig nadat die syphillis begin inset het. Met 'n moerse gesukkel kry ek 'n smoking room (dis half onwettig om te rook in California) en natuurlik is dit die kamer sonder vensters en 'n aircon wat laas gewerk het toe McGyver my hero was. Die fokken plek stink so erg ek begin dit oorweeg om op te hou rook. Hulle maak dit nie vir mens maklik in die stad van die engele nie.
'n Heilsame McDonalds ontbyt en 'n koppie piskleurige koffie later begin ek dink dat hierdie trip nie so 'n goeie plan is nie. Die lug begin klaar swem van die hitte en my hemp plak vas aan my rug.
'n Honderd kilo's uit LA begin die woestyn ernstig raak en die Chev se termometer vertel my dat dit sopas oor die 45 grade geklim het. Ek steek my hand by die venster uit en reken as ek 'n steak gehad het kon ek gebraai het terwyl ek ry. Dis nou ironie, vir julle graad agts daar buite: Net wanneer jy 'n steak kan braai sonder 'n vuur is die laaste ding in jou besit 'n lekker stukkie rump. In plaas van 'n groot bloubul steak koop ek beef jerky en 'n Mountain Dew by die volgende truck stop. Dit maak my meer dors.
Met Phoenix agter my besluit ek dis veilig om 'n papegaaiblaar sigaret te rol aangesien die traffic begin uitdun het. Ek sukkel om die Zig-Zag gelek te kry omdat my mond so droog is van die hitte en iewers in my agterkop is daar 'n stemmetjie wat sê: "Hierdie begin soos 'n slegte plan lyk."
Na 'n rukkie begin tyd stadig verbygaan en al waaraan ek kan dink is die volgende petrol stasie en iets om te drink. In nog een van God se cruel jokes was dit op daardie oomblik dat ek die stretch pad in die States geslaan het wat devoid is van mense en petrol stasies.
Die enigste radiostasies wat ek kry is een of ander country stasie en 'n Spaanse een wat aanhoudend Shakira speel. Ek kies die country stasie: enigiets is beter as daardie blonde slet se wenerige geteem. Ek was verkeerd. As ons ooit nodig het om tyd te laat stilstaan vir die hele wêreld, is al wat ons nodig het 'n moerse klomp dagga en 'n paar groot speakers wat net country music speel.
Na seker die langste uur en 'n half van my lewe sien ek 'n bordjie wat my vertel daar's 'n Indian reservation store op die volgende afrit.
Die winkel verkoop allerhande kak wat my paranoid maak en ek besluit om te fokus op goed om te eet en drink. $60 later stap ek met 'n sak vol swiets, liters koeldrank en 'n dream catcher uit die winkel uit.
Met genoeg proviand om my te voed vir 'n maand ry ek tot in El Paso. Op pad El Paso toe ry ek deur New Mexico en hoor radio uit Roswell, maar sien niks aliens nie. Overall disappointing, ek wonder al lankal oor die anal probes.
El Paso is soos Boksburg op steroids. Die steroids, however, was heeltemal te sterk en het El Paso met moerse zits en premature balding geseën. Die hele plek is oortrek met strip joints, burger & beer dives en girls met kort rokkies op straathoeke.
In die interest of science besluit ek om die strip joint langs my hotel te ondersoek. Ek gaan nie eers begin om my hotel te beskryf nie, maar as dit langs 'n stripjoint is moet jy maar jou verbeelding gebruik. Daar's nie 'n cover charge by die stripshow nie, maar dis $5 'n bier en ek probeer hard om die girls op die stage mooi te drink.
Ses biere later gee dit ek op as 'n useless cause en gaan slaap, geteister deur nagmerries gevul met lelike Meksikaanse girls en pale waaraan hulle rondswaai.
Texas groet my met 'm moerse traffic jam: Die hele pad is toegemaak en ek moet 'n moerse ompad ry. Een of ander fokop waar slimstes besluit het om te kyk of sy kar sterker is as 'n trok. Net na die ongeluk stop ek by 'n truck stop en begin met 'n traffice chat. Ek vra hom oor die ongeluk en hoekom hulle die pad moes toemaak.
Sy oë word groot en hy lyk effe geskok: "People died awt there, son, we ain't had that happenin' round here for yewrs," drawl hy in my rigting.
"Jy moet liewer nie by die roof en moord squad in Jo'burg kom werk nie, pappie," dink ek.
Nog baie country music later en 'n paar versies uit die Bybel soos gelees deur onse goeie Baptists later, kom ek in Corpus Christi aan. Dis nou Liggaam van Christus vir julle wat vergeet het om Latyn te vat op skool.
Weereens is ek taamlik teleurgesteld, Liewe Jesus se liggaam is vol oliefabrieke en die water in die Gulf of Mexico is taamlik vuil. Ek dink ook nie Jesus hou van al die seedy hotelle op die waterfront nie. Ek dink Jesus kort 'n bad en 'n skeer, maar dis net my opinie.
En so bereik ek die einde van my padtrap, van die Weskus tot die Ooskus. In die Liggaam van Christus tel ek vir die eerste keer 'n rock station op: Marilyn Manson, Personal Jesus. Ai, die ironie.
Watkykjy staan op 3,074,322 post views in totaal sedert 1 November, 2019.