Toe gaan staan en sny die dose my DSTV af. Fok. Nie omdat dit nie betaal is nie. Omdat dit nie betaal is 10 dae voor die einde van die maand nie.
In Spuitieland kan jy nie debietorders of credit card transactions doen nie. Ek het in fact in die afgelope drie jaar my kredietkaart nog net een keer hier gebruik – om ‘n fokken deur oop te maak soos McGyver. Verder is dit fokol werd hieso, tensy jy dobbel op die internet off stuff koop op die internet…
Ek het toe maar ‘n extended lunch gevat en na Multichoice se kantoor toe gegaan hier in Abuja. Dit was initially nie so ‘n groot pyn in die gat soos ek verwag het nie – sover queueing aanbetref. Gewoonlik is alles ‘n pyn in die gat. Veral so 30 minute na lunch of aandete. Rrrrt! Anyway, toe ek voor by die counter kom wou die chick nie my Nokia Face of Africa entry form vat nie. Ek het vir haar verduidelik dat ek aan ten minste 3 vereistes voldoen: Ek is langer as 1.74 meter, ek is in Afrika en ek het ‘n gesig.
Toe ek sien dat sy nie my sense of humor kop nie, het maar die entry opgefrommel en dit was back to the business at hand. Ek het besluit om sommer 3 maande se subscription vooruit te betaal sodat ek nie weer virre poes gevang word oor ‘n naweek as TV nogal ‘n top tipe prioriteit is nie.
O ja, en toe vra ek sommer ook of ek dalk eendag my Dish magazine gaan kry as dit hulle behaag siende dat ek vir die afgelope drie maande fokol ontvang het. Sy het begin rondskree op ander mense om haar om ‘n magaznine te bring. Hulle het toe in elk geval niks nie. Ek tune haar toe dat die issue at hand nie is om nou met ‘n magazine weg te loop nie, maar om seker te maak dat hulle my regte adres het sodat ek die magzine in die toekoms kan kry. Sy check toe die adres en alles is cool op die system.
“So why have I not received anything in the last three months?” vra ek haar. “We don’t send the magazine to people’s adresses over here. We only do it in Abuja” antwoord sy terug. “But we are in Abuja” help ek haar reg. “I mean Lagos, sir. You can get the guide on channel 1”. Jirre tog. Tyd om die gevoelige religion kaart te speel: “OK, I will read my magazine on channel 1 if you are willing to read your bible on the internet” en ek fokof toe.
Toe ek buite kom het die taxi wat sou gewag het gefokof. Poepol. Ek moes hom nog betaal.
Watkykjy staan op 3,084,132 post views in totaal sedert 1 November, 2019.