Dis Satragaand en ek en Ali Baba is op soek na Diaz Tavern. Ons stop langs so Coloured bra met dreads oorkant die Kasteel, obviously uit ons bracket uit verdwaal. "Sorry bra, weet jy waar…" begin Ali. "Ja, dis die plek," reken die ou. Sien, die dude reken ons soek obviously vir Corné en Twakkie wat by Distri-X speel. Oh well…
Ons pull in. Moerse stage en ligte en als. Hier gaan obviously iets fokken serious gebeur. Na 'n geronddraaiery kry ons eindelik sitplek somewhere in die rotstuin bo die stage. Ja, daar's 'n rotstuin wat op die stage uitkyk. Moerse weird. Ek bedoel, dis oorkant die fokken Kasteel bra.
Anyway, die beat trek los en twee blare in wit suits met sweatbands en serious fokken smitties betrek die stage. Corné and Twakkie have arrived pappa. Die bra met die donker hare is klaarblyklik Corné en die klein Asterix lookalike wat soos 'n fool rondhop is Twakkie.
Welkom by The Most Amazing Show.
Welkom in Welkom.
Na die eerste tune maak The Style of Love hulle verskyning. The Style of what? The Style of Love guy. 'n Band of sorts gedress in knee pads, onderbroeke, breërand kriekethoede, donkerbrille en liplapas. Yo! Maar die ouens kap dit uit, fokken eersteklas tunes vir die mense.
Met die begeleiding van The Style of Love entertain die twee zefgatte ons met 'n winding, loosely bound narrative oor die rise van C&T – hoe hulle ontmoet het, Icarus Guy, en dies meer. Fokken weird en freaky maar nogal cool. 'n Hoogtepunt is die arrival van die stage girls wat in bikini's oprock en proceed om Clover boksiemelk oor hulle semi-naakte lywe uit te gooi. Grrrr! Hiervan hou mens mos.
Part Cheech en Chong, part Raj & Raj 2 (Corsa Lite) en hoogs zef, maak hierdie nogal vir 'n entertaining aand. Die hele ding is song-driven en tussenin hap die ouens mekaar kak, of haal die advertising types in die audience uit. Hulle het ook 'n punt daarvan gemaak om so groot tannie in 'n geblomde rok te tune wat hulle met haar boobs wil doen, en die token swart ou bedank (hy was actually Indian) dat hy gekom het.
Volgens hulle site (www.tmas.co.za) is hulle al lank aan die go, met planne vir 'n TV show reeds aan die rol. Check ook die video clips op die sait vir 'n voorsmakie (dis onder "Tunes and movies"). Maak dan 'n kraak en gaan sien hulle. "Laugh or we moer you" tune die poster. So ons het maar gelag, alhoewel ek seker was ek kon daai Corné ou vat. Oor Twakkie is ek nie seker nie…
Watkykjy staan op 3,084,297 post views in totaal sedert 1 November, 2019.