Deur Meisie
Hierdie naweek het net weereens my opinie oor die Britte hervestig. Hulle is fokken onnosel en psychotic.
Ek mag effe meer mislik oor die land en sy mense klink as gewoonlik, want ek het nou net van ‘n moerse lekker vakansie in SA afgekom en glo my, dit is nie maklik om tevrede te wees met jou surroundings as jy ‘n ruk terug was nie. So jammer as ek semi-vol kak klink. Deels is ook die son se skuld. Tot Saterdag 21 Januarie toe het London net agt ure sonskyn gehad die hele jaar. Clifton is weer suinig met die son. Wil nie deel nie. En nou suffer ons hier. Suck it up Cape Town!
Julle het seker gehoor van die bottlenose whale wat sy kompas en koers verloor het en in die Thames geland het (lees hier. Die short version is dat ‘n Northern Bottlenose Whale koers verloor het en in the Teemsrivier opgeëindig het.
Nou ek gee dit vir hulle, so iets gebeur nie elke dag nie. En dat die walvis vir ‘n aand oorleef het in die muf Thames water is nothing short of miraculous. Amper soos Job wat ook uitgeval het êrens. Nou dit sou cool gewees het – as iemand iets ingesmokkel het in die walvis, soos Smarties. Of as dit iets soos WMD was wat ingesmokkel was via walvis en explode het en dan het almal sushi vir aandete gehad. Of seep. Wat is die going rate? (Ek apologise byvoorbaat aan al die diereliefhebbers.)
Maar wat aan my knaag is hoe niksgewoond die bleek fokkers hier is. Is dit rerig nodig dat al drie miljoen mense in Londen op die rivierbank, brûe en paaie moet gaan staan om te sien wat en fokken cheer sodra die arme walvis durf beweeg? Of voor karre in te hardloop om aan die ander kant van die brug te kom om te sien hoe hulle die walvis transport?
Niksgewoond, untravelled Britte. Vir die van julle wat ooit oorkom na die koue donker land toe, maak vriende met Britte wat al getravel het. Ek praat nie van Marbella of Majorka of Ibiza of enige ander Spaanse stuk grond nie, ek praat van ‘n sogenaamde “Gap Year” persoon. Iemand wat ‘n jaar tussen / na swot / werk gevat het om die wereld te sien. Al was dit net Australië wat amper nie tel nie, want dit is na Spanje waar jy die meeste Britse expats gaan kry. Want die ander is net useless. Hulle is amper amper so arrogant soos Amerikaners. Hulle is die wat vir jou vra hoekom hulle enige ander taal moet praat as Engels – dit met ‘n smile op die gesig terwyl Europa op hulle doorstep sit. Ai.
Anyway, terug by die walvis. Die media surrounding die hele besigheid was lagwekkend. Want die twee groot nuus channels het heeldag net live footage van die walvis gewys. Vanuit ‘n helikopter met verslaggewers wat moan oor die geraas wat die mense op die rivierbanke maak. Hmm, kettle, you’re black! Dan was daar natuurlik die agt of meer bote wat met hul engins konstant rondom die rescue operation gecruise het. Ek meen my fok, is jy STUPID!
Die walvis storie het coverage gekry bo karbomme in Irak, ‘n myn of iets wat in Amerika ingeval het en bo die MTM Africa Soccer ding wat in Egipte aangaan. Nie dat ek sokker kyk nie, maar wat as ek wou?
Dat mense so bewoë kan raak oor ‘n fokken vis. Ek skiem hy het aspris opgeswem om te kom peg. Just for the fuck of it. Fok julle ander walvisse in my familie, ek swem nou al lank genoeg in julle slip stream, ek gaan nou my eie see kry en my eie potjie krap. Sien kinders, dit is wat gebeur as jy rebelleer. Jy peg. Six love. Dood. Klaar.
Die kersie op die koek wat die mense wat ingebel het om die sogenaamde experts op die show vrae te vra.
“How do you think the whale is feeling at this point?”
Hmm, ek weet nie. Ek dink nie eers die walvis weet nie. Weet jy? Vra jou ma.
“Do you think the whale knows it is being helped?”
Hmm, ek weet dit ook nie. Hulle kon niemand kry wat ‘n expert is op walvisse nie, en toe gryp hulle vir my. Ek maak gewoonlik net tee hier. Wil jy tee hê?
“My mother didn’t hug me so…” of nee, dit was toe ek oorgeskakel het Trisha toe, want dit was al wat ek anders op TV kon gekry het.
No wonder die ding het gepeg nie. Ek haal my hoed af vir die mense wat die walvis gaan help het. Rerig. Hulle het hul bes gedoen. Ek dink nie vir een oomblik dat hulle enige malicious of secret ambisies gehad het om byvoorbeeld net op TV te wees nie.
Ag en soos saying gaan, the only thing in life is death and taxes – toe peg die walvis. Fluit fluit my storie is uit.
Watkykjy staan op 3,084,110 post views in totaal sedert 1 November, 2019.