Hoekom download mense musiek? Is dit omdat dit so te sê verniet is? Is dit omdat mense dink dat CD's te duur is? Of is dit dalk omdat musiek oor die algemeen besig is om kakker en kakker te raak?
Kom ons wees nou sommer eerlik van die begin af. Almal met computers, iPods, laptops, CD players, strykysters, vriende, karre, TV's en wat nog met USB ports het iewers 'n stash MP3's waarna hulle gereeld luister. CD-wallets vol van die goed in die kar, hard drives waarvan die skommies folders gewoonlik plek maak vir nog musiek, servers by werk. Die lys gaan aan en aan. Mense luister na pirated musiek in bars en clubs ook sonder dat hulle dit eers agterkom of regtig omgee, so klim maar van jou velvet mighty high chair af en druk daai klip terug in jou broeksak. Jy gaan jou glaskasteeltjie se muur breek as jy daai klip try slinger ou maat.
Ek claim nie om die ins en outs van die music industry te ken nie, maar met common sense kan mens partykeer ver kom. Almal weet dat sommige artists (as dit nie die meerderheid is nie) genaai word deur honger record labels. Ek weet nie hoeveel persentasie van kunstenaars se record sales actually na hulle sakke toe gaan nie, maar dit kan nie te moerbaie wees nie. Let wel ek praat persentasiegewys. 'n Kilogram lood en 'n kilogram vere weeg presies dieselfde. So nou word artists genaai deur dodgy record labels en mense wat hulle musiek download. Nou huil almal.
Partykeer voel ek ook lus om te huil. As niemand my Morse kode optel nie. As die tikmasjien se lint breek. As my telegram verlore raak. As ek vir die poskoets moet wag. As die duiwe nie my briewe terugbring nie. As sentrale my deursit na die verkeerde nommer toe. My punt? Adapt of verdwyn soos 'n sagte poep. Die tegnologie is daar – embrace die fokken ding. As die lewe jou kak gee, maak kaksop. As mense jou kaarte skiet, bou 'n bruggie met die fokken kaarte. CD's sal nooit verdwyn nie en met nooit bedoel ek, nie in ons leefyd nie. LP's is klaar weer besig om 'n comeback te maak vir die hardcore LP fans.
Die volgende groot ding is digital music en dis klaar besig met 'n moerse impak te maak op verskillende levels. Musicians gebruik dit self om hulle musiek te promote op 'n goedkoper manier. Downloads is beskikbaar vir demo's en snippets, vol songs en en wat nog. Dis basically dieselfde as wat jy in 'n CD winkel gaan staan en na 'n paar tracks kan luister voor jy besluit om 'n album koop met die verskil dat jy nie die vorige ou se poep hoef te ruik of taxi te speel vir sy kopluise nie. Regte music fans wil egter nog iets konkreet kan vashou waarvoor hy skille uitgeruk het as hy dink dis die zak werd. Die coin het twee kante. Daar is poesbaie musiek in die wêreld en dis lekker om soveel as moontlik daarvan te wil luister. Mense soek musiek. Musikante moet dit maak. Niemand moet in die proses genaai word nie.
Om musiek te maak is 'n job soos enige ander job. Dis harde werk en ek neem aan lang ure, snot en trane. Obviously moet kunstenaars betaal word vir hulle hard werk. Soos dit met enige ander job werk, gaan jy ge-fire word as jy kak werk doen. Knoeiwerk en varkore bring nie geld in nie. R120 vir 'n CD is fokol. Daar is mense wat dubbel soveel uitdrink voor die 7uur nuus op etv wys op 'n Vrydag. Maar R120 vir iets met fokol op, is fokken duur.
Kom ons veronderstel dat iemand wat actually iets weet van musiek af 'n server begin run waar enige muso sy musiek op kan oplaai sodat mense dit kan download. Hierie bra werk al die administrative kostes uit. Traffic, server space, yada-yada-yada. Al daai kak. Vir arguments onthalwe werk dit uit op R6000 per maand. Right, kostes is gecover. Kom ons sê hierie persoon onderneem om die hele storie te run. Vir 'n salaris, en nie 'n cut of persentasie nie. Want dit is sy werk. Elke artist betaal 'n maadelikse fooi en almal betaal dieselfde bedrag om die bra se salaris en admin te cover. Kom ons sê die ou se salaris is R10k 'n maand. Nou het jy een artist. Hierie artist se maandelikse fooi om sy musiek op die server te laat run, is R16000. Gelukkig join nog 'n artist. Nou is dit darem al R8000 per maand elk? Get the picture? Hoe meer join, hoe minder die fee hy raak. 250 artists? R64 per maand. En so drop die fee soos almal deelneem.
But let's go on. With the veronderstellings, that is. grifF besluit om R200 op musiek te spandeer. Kom ons veronderstel die album Maagseks Treffers vol 2 is te koop teen R4 per track. Daar is so paar selected tracks met 20 sekondes previews om na te luister. grifF ignoreer dit en besluit om te gaan vir Mkhuku Funkshen van Skwatta Kamp. Ek het nie tyd om previews te luister nie en download sommer al 18 tracks en die album kos my R72. So karring ek aan met songs hier en songs daar tot ek R200 spandeer het. Skwatta Kamp kry einde van die maand al die geld vir al hulle downloads en betaal whatever bakkoste hulle moet en die zak word in hulle rekening betaal. grifF besluit later die album is actually so fokken cool dat hy die CD graag in sy rak sal wil sit langs sy He-Man mannetjies en koop dit vir R100 waarvan maybe R30 na die artist toe gaan. Op die einde kos die album my R172, maar ek het R300 spandeer op musiek wat my langer as 'n week gaan neem om te luister. Nou wil 'n tjommie die CD my copy. Ek tune hom: "Fok jou, ek het R172 vir hierie outjie betaal. Daar is net 500 CD's geprint omdat hulle online sales goed is. Hierie outjie is 'n collector's item. Jy kan die tracks wat jy like download vir R4 per track."
Mense kan dan die stats uitcheck. Wat verkoop? Wat verkoop nie? Artists sal maybe twee keer dink voor hulle drie goeie tracks op 'n CD sit en verder net 'n lot kak uitkots om die ding vol te kry. Madonna het almal lekker gevang met daai 'Hung Up' Abba liedjie van haar. Wat is op die res van haar album? Julle weet nie nê? O, ek sien. Julle het net daai een track ge-download. OK, nee piele. Die mense wat die CD gekoop het weet ook nie. Huh? Hoekom nie. O ja, want hulle click shuffle op die hi-fi se remote sodra die song klaar is.
Natuurlik kan die hele piracy issue nie gestop word nie. Dis fokken onmoontlik. Is dit illegal om tweedehandse CD's te verkoop? Is dit nie maar ook replication nie? Ek het 'n bier nodig en verkoop my sussie se Kurt Darren CD by Cash Converters vir R10. Hulle stry my af na R5 toe. Ek gee hulle R20 om die ding te vat. Na wie toe gaan daai geld? Hier is vir jou nog 'n fucked up view: Sony het turntables en hi-hi's gemaak. Sony het tape decks gemaak. Sony het CD player, DVD players, VCR's en DVD recorders gemaak. Jy kan enige poep of kleur afneem onder die water of op die maan. Ek is seker Paris Hilton se manbotter manewales is ook met 'n Sony gedoen. Sony het muso's ge-sign met record deals. "Koop al hierdie kak warmee jy lekker kan record en dupicate!" skree Sony aan die een kant. "Dit het even ingeboude timers en kak! Moet net nie ons artist se musiek copy en versprei nie! Ons fokken sleep julle tronk toe! Record die TV se static! DIT is legal!" skree hulle aan die ander kant. Backhand, forehand, backhand. Juice.
Watkykjy staan op 3,085,567 post views in totaal sedert 1 November, 2019.