Deur Meisie
Voorwoord: Hier volg die geskiedenis van André Stander. As jy nog nie die fliek gesien het nie en dit wil kyk, stel ek voor jy lees dit nie. Die fliek is ‘n biografie, so ek gee die hele plot weg.
‘n Eerbare kaptein in die Johannesburg Polisiemag of een van Suid-Afrika se mees berugte bankrowers? ‘n Lojale man of ‘n dislojale rebel? ‘n Hero of ‘n zero? ‘n Bul of ‘n nul?
Ek het nog altyd van die underdog gelike en die movie celebrate ‘n tipiese underdog, fuck the system storie in Suid-Afrika in die 70’s. ‘n Ou wat die verkeerde dinge vir die regte redes doen of die regte dinge doen vir die verkeerde redes – besluit maar self. Die reviews laat die movie klink soos ‘n definitiewe DVD purchase, behalwe die verkragting van ons aksent. Hulle het mos weer ‘n Amerikaner ‘n Suid-Afrikaner laat speel. Apparently het Hollywood nog nie geleer dat ons so effe anders as hulle klink nie. Wie kan vergeet van die verskriklike aborsie wat hulle daarvan gemaak het in Lethal Weapon 2?
Maar toe wonder ek, wie was André Stander?
En snaaks genoeg is daar nie moerse baie info op die Web nie. Hier is wat ons verseker weet.
Dis laat seventies, Apartheid seëvier. André Stander, seun van ‘n Afrikaanse generaal en jongste kaptein in die Johannesburg Polisiemag, geniet die lewe van ‘n middelklas getroude man. Stander is op die riot force en skiet ‘n ongewapende man dood in die Tembisa student protests. Hy verloor sy cool en bliksem twee van sy medespan dudes toe hulle hom vra of hulle “overtime” gaan score daarvoor. Hy besef ‘n witman kan enige iets doen op daardie oomblik en wegkom daarmee. En hy doen wat elke ander persoon in sy posisie sou doen, misbruik sy kennis van die inner workings van die polisie en raak ‘n bankrower. Sien jy die connection? Connect jy die dots? Maak jy uit?
So terwyl al die ander polisiemanne Just Donuts raid tydens middagetes, raid hy banke en kry dit dan nog reg om as hoof inspekteur op sy eie crime scene op te eindig. Terwyl hy op die all-white (amper soos die All Blacks maar met minder balvaardigheid) Polisiemag serve en protect, beroof hy 26 banke, soms sommer ‘n paar in dieselfde uur. Hy word deur die werkersklas gesien as die ultimate anti-hero, ‘n tipe Robin Hood figuur wat ‘n pit druk vir ‘n government en samelewing wat lank terug enige vorm van humanity en menseregte vergeet het.
Ongelukkig vir ou Stander kom alles wat jy doen terug na jou toe. Want dit is hoeka sy pel en mede-polisie kaptein, Kaptein van Deventer wat toe sy planne in die wiele ry en hom tjoekie toe pos. Maar Stander se storie eindig nie hier nie…
In die tronk ontmoet hy Allan Heyl (kar diefstal en bankrower, onlangs vrygelaat) en Lee McCall (kar diefstal en bedrog). Na ‘n legendary prison break uit Zonderwater tronk in Oktober 1983, gaan hulle voort met sy manewalesen die robberies raak al meer daring – soos byvoorbeeld om dieselfde bank twee keer te beroof. Die media gee hulle die naam die “Stander Gang” en hulle raak moerse popular in al die nuus regoor die land.
‘n Quote deur crime author Rob Marsh: “They were in all the newspapers. I mean it was big news and they were doing things that, in one sense, some of us like to think that we’d like to do – in other words, get one over on authority.”
As ring leader, floreer Stander in die beplanning van die bankrowery, maar begin sy vrou mis en mag glad nie meer kontak met sy ou man hê nie, wat vir hom nogals blaaint is. Fame het ongelukkig altyd een of ander emosionele gat waarin meeste mense val. Syne was alle kontak met vriende en familie afsny. Heavy sad.
Tussen Augustus 1983 en Januarie 1984 het die Stander Gang te kere gegaan en amok gemaak onder al wat bank is in en om Jo’burg. Anti-heroes vir die nasie, maar die voormalige polisiekaptein-turned-bad was ‘n moerse embarrassment vir die regering, en so het dit gekom dat hulle heel bo aan op die Most Wanted lysie was. En toe run hulle luck uit.
Op 28 Januarie 1984 kom Patrick McCall short gedurende ‘n shootout met die polisie in Houghton, Johannesburg. Stander vlug Fort Lauderdale in Florida, USA toe met die gebruik van ‘n vervalsde paspoort. Daar aangekom, word hy ook dood geskiet deur die polisie daai kant toe hy traai om ‘n kar te skaai. Hectic.
Intussen skiet Heyl uit na die UK toe waar hy sy career in crime voortsit, maar word gevang in 1985 en weer in die tjoekie gegooi vir nege jaar vir die crimes committed in die UK. In 1991 word hy gedeporteer SA toe waar hy in die hof moet verskyn en die blaam vir sy deel in die Stander gang offences moet dra. Hy pleit skuldig vir 18 bankrowerye, 17 vir die onwettige possession van gewere en ammunisie, vyf vir kar diefstal en een vir ontsnapping uit die tronk. Hy kry 33 jaar en is nou die dag eers vrygelaat na meer as 20 jaar agter die tralies. Hy claim hy’s heeltemal gerehabiliteer en gaan begin nice wees met mense.Volgens berigte gaan hy een of ander infomercial-type produk verkoop. Wys jou…
Nog ‘n ding wat ons van Stander moet onthou en wat hom miskien uit die accounts van Volkshelde gehou het, is dat hy nie baie van sy geld terug gegee het vir die community nie. Nee pappa, hy het alles vir homself gehou. Porsches gekoop, girls ge-entertain en huise gekoop.
Apparently het die man ook daarvan gesmaak om kaal rond te hang. Dit is seker waar “Wat maak jy? Nee, ek hang bal.” vandaan kom. Thanks André. Thanks a lot.
André Stander was basicall ‘n man disgusted met die land en sy kak. Sy reaksie, however, is great en bring ons een van die mees interessantste stories vanuit die Apartheidsera. ‘n Puik polisiekaptein wat sy beroep doodluiters wegmoer en net so die most wanted man in Suid-Afrika geword het. Niemand kan for sure sê wat in sy kop aangegaan het nie en dit los ons met vrae of sy crime spree enige goed meegebring het en of dit alles die moeite werd was.
Well, at least maak dit vir ‘n helluva storie. For real.
Watkykjy staan op 3,090,360 post views in totaal sedert 1 November, 2019.