Afrikaanse musiek is innie kak china's. Dit kan jy maar glo. Hulle hou van partytjies en dan maak hulle… nie lekker nie. Ons almal ken daai CD's wat hulle flog op TV met die kak ads wat lyk of dit by troues op 'n camcorder geskiet is. Mos lekker. Fokken mos. Maar kyk bietjie daar op kykNET na Afrikaanse musiekvideo's. Nee, kyk daar. KYK! Jy wil mos Afrikaans wees…
"Ons is gyselaars in een groot kultuurfeestent, word vermaak deur mense met meer selfvertroue as talent." So sing KOBUS!, about die enigste decent band wat oor is in Afrikaans. En jy moet die man gelyk gee. Dinge lyk maar oes. Soos nou die dag is ek lekker vroeg wakker for a change. Ek skuif voor die satelliet in en sit terug. Tune daai remote.
Yona we! Wat is dit wat my TV screen ontsier? Dis Afrikaanse musiek op kykNET en dit suig dikkes. Net sulke dikkes pel. Unbelievable. Maar nie in die cool manier nie. O nee…
Om fair te wees review ek ses agtereenvolgende video's. Ek het nie spesifiek ses gekies nie, dis die ses wat gespeel het voor ek die rugby chat kon kyk. Hier is hoe hulle na mekaar gespeel het. Hoop jy's reg hiervoor. Lekker diep asem…
Quintin
Fluister weer in my oor
Aknee! Nee maar rerig. Bra Quintin is so skoollaaitie met so oulike tartan shirt, kniediep in puberteit. In die hoogs voorspelbare, dog entertaining produksie cavort hy en sy girl in 'n park op 'n piekniekkombers. Sy het sulke gedye-de rooi hare met sulke blonde streaks in. Hoogs zef. Die chorus het sulke metal kitare waarop Quintin die titel uitbelt in sy pasgebroke stem.
Georgia
Jy's als vir my
Georgia is al lank in die land, al van Tekkies se dae af toe Visser nog 'n interview gedoen het met hulle. Twee broers blykbaar. Whatever. Die video is erens op 'n heuwel geskiet bo 'n dam. Hulle altwee smile die hele tyd iets verskriklik terwyl hulle sing van "'n lig in die na-ag" en something wat "wa-ag" en presies hoe "jy" als vir "my" is. Die kitaar het sulke miljoen FX op. Hulle is baie bly.
Juanita
Pateo
Nou kom die big guns. Check Juanita vat hom alliepad hoor. Alliepad deur en agter uit. Once. Lekker middeljarige tannie met so stywe denim wat so kak dance op verskillende plekke. Party footage lyk soos live shows in die mall, terwyl daar ook shots is van haar wat in 'n Dros-tipe jol skoffel. Die clincher, however, is die lyrics: "Kom ons gaan weer pateo, hê pateo, pateo, bingwalladingd… en ander opgemaakte woorde. Natuurlik is daar ook: "Bokkie, ek willie vir jou jokkkie. Uh-uh-UH! My hart die klop soos 'n toktokkie. Uh-uh-UH!" Hierdie is moontlik die template vir zef tunes.
Marga
Spinnerak
Fokken weird. So neo-goth chick in swart wat in 'n Karin Hougaard voice (net erger en meer over-pronounced) kerm oor die "Spinnerak! Spinnerak!" Dan staan daar sulke losers rond in biker jackets en kyk hoe sy rondwriemel en probeer wegkom van die sogenaamde "spinnerak". Die hele video is in 'n slightly blou fokus geskiet. Ja… Wat die spinnerak is weet ek nie, behalwe dat goths miskien van spinnekoppe hou (evil?). Seker die spinnerak van die liefde of iets. Moerse dramaties. Moerse kak.
Helene Besters
Mansmens van my
Wat 'n titel! Wat 'n pot kak! Lekker old skool, klink soos Edit Piaf vibes. Moerse arty en goed, jy check? Amper soos die olywe en wyn van Afrikaanse musiekvids. Die hele video lê die girl op haar bed rond, streel oor die wrought iron, wees introspektief en kyk by die venster uit, verby die silky white drapes. Later sit sy in die vensterbank in 'n jean en staar so verlore die verte in. Ai, daai fokken mansmens van haar darem. Blerrie doos.
Tobie Jooste
Sprei jou vlerke
Kind met 'n kite. Cut na sy gesig. Cut na Blue Crane restaurant. Cut na Fonteine Dal. Klapperkop. Son van agter en Tobie in 'n wit wapperende hemp. Tussenin hug hy kinders en gooi klippe in die water. Daar's blare met sy naam op, hy staan op stompe. Dan hardloop 'n seun en 'n meisie lekker in die Fountains rond. Sorgeloos.
Daar het jy dit. Dis nou wat gebeur as jy vroegoggend opstaan. Selfs met 'n skottel is jou options limited. Tussen Middle East Business Report, nog 'n toets tussen Indië en Pakistan en reruns van Party of Five was kykNET die mees entertaining sesuur die oggend.
Mens moet egter worried wees oor die state van "musiek" en "videoproduksie" in "Afrikaans". Sorry, ek bedoel Afrikaans. Of mens moet net nie 'n fok omgee nie. Jou kop heen en weer skud om te wys jy verstaan. Soos ek maar doen van nou af. Die jirre weet…
Watkykjy staan op 3,084,454 post views in totaal sedert 1 November, 2019.