Pikkewyne dink heeltemal te veel van hulleself en probeer soos mense loop en praat. Net omdat hulle daai fokken simpel suits aanhet. Hulle het nie eers hande nie. Freaks!
Jagluiperds en volstruise. Nou dis fokken cool diere daai. Daar is nie juis groot verskille tussen mense, volstruise en jagluiperds nie, behalwe miskien dat mense hulle eie bier kan opmaak en die channels op die TV kan verander en in omtrent 900 verskillende posisies en style kan naai en karre kan bestuur en… uhhmm… Man, julle weet wat ek bedoel. Nie juis groot verskille nie.
Imagine mense was volstruise en jagluiperds? Dit sou nogals fokken cool gewees het. Hier is so paar onsamehangende idees wat nie regtig vreeslik deurdink is nie…
SA se ekonomie maak nogal uit van die goudprys (net jammer van die tolstruise en die magluiperds wat almal se zak vat. Die blerrie dose). Sonder skagluiperds sou daai goud nooit gemyn word nie. Goud is so lelik en blink, maar is baie werd, hoor ek. In die ou dae is die erts sommer met die hand uit die myne gedra deur die vragluiperds.
Vandag is alles anders. Dink maar aan alledaagse kak wat mense doen – oppad graft toe laai hulle die kinders af by die dagluiperd. Dan sit hulle in traffic virre uur op die N1 en almal bestuur soos drolstruise.
Come Friday, kan jy nie wag om by die werk weg te kom nie, want as daai derde skuimkoppie deur die nek gejaag is by jou local drinkgat verander almal in jolstruise en dis net een fokken party regdeur. Miskien score jy dalk ook nog met 'n pragluiperd of twee. Lek-ker! Passop net vir die trolstruise. Bier het mos daai manier om mense mooier te laat lyk as wat hulle is. Watch ook net lat jy nie te veel pubcrawling doen in jou faktap state nie. Netnou wals jy by die verkeerde plek in (soos die Kaap) dan corner die holstruise en die sagluiperds jou. RRRRrrrt! "Nee dankie bra, hier gaan fokol by hierie kazospyp in nie, net uit." RRrrrrttt! "Sien? Sit liewer daai pap gewriggie op jou maatjie se toggos."
Saterdae gaan soek jy 'n spot om 'n lekker cholsterol bom te vreet met 'n blerrie merrie om daai 40kg hangover 'n les te leer. Hatfield Square in Snor city is die ideale plek. Zef, dog stylvol. Ek was so maand terug daar. Lyk my die Naaigies doen goeie besigheid. Moet net nie jou kar te ver stop nie. Dis nie lekker om agtien keer in tweehonderd meter dwelms aangebied te word nie. Jy voel fokol soos 'n lagluiperd en nou traai hierie fokken zolstruis Swazi en Malawi aan jou verkoop. Hoekom op aarde sal jy dit NOU wil rook. Jy kan skaars normale besoedelde lug inasem. Blerrie fool! Hoop die wagluiperds sit sy ass agter tralies.
Olierige brekfis klaar gevreet en jy voel sommer 'n halwe keer beter. Nog so bietjie edgy maar minder van 'n klagluiperd as 'n uur tevore. Tot jy by jou kar kom en die vuil gagluiperd jou vir 'n geldjie vra vir jou kar wat hy so mooi opgepas het. Die kar wat jy in elk geval dopgehou het met jou padkaart valkogies terwyl jy jouself in 'n bolstruis verander het met bacon, worsies en al die kak wat jy nie kan onthou jy bestel het nie. By the way, gagluiperds verkoop ook koeksusters daar by Menlyn. Dis half beter. Jy kry 'n ten minste 'n tiep van produk vir jou skille. Nie 'n baie mooi of gesonde produk nie, maar 'n produk nonetheless. Amper soos bra Nicky se "Iets vir iets" Saterdagoggende op daai radiostasie met die horrible skaap advertensies.
Ek like dit nogal om my punt te verloor. Waar was ons? O ja, jy onthou jy sal moet begin spoed optel nou, want jy het die vorige aand al jou tjommies getune om by jou huis te kom braai en die raggas te kyk. 'n Paar Bloubul steaks van die local slagluiperd en 'n vinnige stop by die drankstoor sal die middag mooi afrond. Halfpad op jou mission jaag een of ander molstruis oor die rooi lig en stuur jou amper in jou moer in. Die middelvinger is natuurlik jou eerste dierlike instink wat inskop, tot jy sien dat die bestuurder ietwat van 'n kragluiperd is en sonder effort jou kop van jou lyf af sal poes. Katrol maar daai middelvinger in. Daarsy. Jaag weg soos 'n dolstruis. Skip so paar ligte.
Later die middag daag jou tjommies op en die partytjie begin van voor af. Lekker blaaint. Jy het jou tye verkeerd en die rugby is eers heelwat later op. Daar is fokol interessant op TV. Op Supersport is dit die rolstruis olympics en al waaroor hulle op CNN kan praat is daai fokken kinder lolstruis, Michael Jackson. Oh well, drink en braai maar en so gaan die dag aan tot jy in 'n nagluiperd verander en ogies maak vir jou wolstruis. Lekker op en af tot die honne blaf! Onthou net om jou zaber te cover as jy die slippery samba doen. Jy is nog te jonk om 'n dragluiperd op jou case te he. Niemand like dit om 'n suur knolstruis te wees nie.
Ek hoop die vlagluiperds wat so oor die vorige issue se Voortrekkers storie gebitch besef dat hierie nie 'n ware verhaal is nie. Maar dit kan wees. Just let yourself go man, just let yourself go…
Watkykjy staan op 3,103,985 post views in totaal sedert 1 November, 2019.