Ek wed jou 'n fokken duisend Rand jy kry gereeld newsletters vol stront wat jy nie wil lees nie. Jy is subscribed aan hierie newsletter, want jy soek info. Nie fokken data nie, info pappie. Jy wil ook nie heeltemal unsubscribe van die faktap lys nie, want dan moet jy heeltyd self gaan soek vir die happenings en die what-nots. Gelukkig is die Watkykjy newsletter fokken cool en vol inligting. Amper meer waardevolle inligting as daai Kennis eniklopedieë van die eighties. Jirre die eighties het ass gesuig…
Hoe sê die ou swepe? If you can't beat them, join them. Volg grifF se resep vir 'n absolute disaster vir newsletters en jy kan binnekort jou eie drivel uitstuur na al jou tjommies toe.
Stap een (Die groet)
Kry vir jou paragraaf wat almal in die algemeen groet op 'n langdradige onduidelike manier. Dit hoef glad nie sin te maak nie (mense lees nie newsletters nie, hulle scroll tot op die einde en check vir datums)
Voorbeeld:
Almal wat gister uitstedig was, welkom terug inlandig.
'n Paar woeste winde het hier gewaai maar die hipertensie is terug om ons tot verhaal te bring… Uit met die nuwes, uit met die oues. Incoming data.
Stap twee (die actual kak wat jy as die body van jou newsletter beskou)
As jy self nie die kak verstaan wat jy geskryf het nie, is jou newsletter A fokken one.
Voorbeeld:
Soos 'n argelose boerewors loop dit vergete teen die skurwe ruggraat van die hosepipe af en kom viervoetig te lande naas my onugtering. Die pyle skiet kranksinnig teen die onberispelike halogeen vas en verdeel onregmatig in nie minder nie as sestien agterkwarte. Met helmets.
Net soos jy dit verwag het, of nie. Meerkatte is ook mos soogdiere met verweefde konnotasies. Gelukkig sal die son nie agter die rusbank sak voordat jou bier ontplof in die woestyn van jou ontwakende hoof of -tanpyn of beide nie. Ons weet mos hoe dit gaan. Een skoen voor die ander dan weer die een skoen voor die ander en dan al die muisneste in Benoni se geute.
You are the wind beneath my chicken wings.
Spaarsamige omies met lekkergoed in rolstoele hardloop rond soos byekorwe nie kan nie en sit weer skouer aan die wiel. Ruil net die nuts om asseblief. Goddank vir plank. Bou 'n skuiling om die reen 'n pit te druk en druk dan 'n Hertzog koekie uit met gebalde vuiste sonder spatare of huiwering. Daar is net sewe oor om te doen. Julle is mos almal tuinwerktuigkuniges en kundige tuinwerkendes wat soek na emmertjies vol krappe op die loodbelaaide strand. Kap hom net afdraende en ons is nou-nou met jou. Kao fela shêba.
Die snortjoppe mag nie brand nie, so draai hulle om voor kabinetslede al die Hummers in Sandton uitkoop en dit weer teruggee voordat iemand agterkom wat gebeur het. Draai toe daai kraan, die Knorr sop loop uit en ons het nog nie gebid of gesidder voor brunch nie. Hierdie gedagte wil self-destruct maar hy moet maar eers aan die linkerkant van my inhibissies rondfladder en dan reg verby skiet teen die pavement vas.
Ons almal loop rond met ons bene. Vra maar jou buurman, hy sal dit ontken terwyl hy al sittend die mosterd en blaarslaai van sy grasperk hark met die onderduimse draaibanktafel.
Tot ons weer sien uit mekaar se oë uit. Reguit aweregs om die draai.
Stap drie (die actual info wat jy in die begin wou deurgee toe jou brein, jou skryfhand en jou toggos so bietjie derumekaar geraak het
Hierdie is die gedeelte wat mense actually lees. Die hoe / wat / waar/ waneer/ hoekom. Nie hanna-hanna poes-poes nie.
Voorbeeld:
=======================================================
Vrystelling: Die nuwe "Naai Voor Die Huwelik Treffers Volume 9" kompak skyf
=======================================================
Datum: Sondag 30 Februarie 2006, so skuins na nagmaal
Waar: Die Fietsloods, Fyndraaistraat 69, Toggosville
Toegangsfooi: Mans – R150, Dames – veriet.
"Happy Hour" begin sodra die dames opdaag.
Kontantkroeg
Vir meer inligting kontak Pikkie by 089-123NAAI
of stuur 'n e-pos na pikkiewilnaai@fietsloods.co.za
=======================================================
En dis hoe fokken maklik dit is om met absolute kak vorendag te kom vir jou informative newsletter. Lekker fokken blaaint!
Watkykjy staan op 3,101,770 post views in totaal sedert 1 November, 2019.