Deur Meisie
Die laaaaang aanloop
Verlede jaar het die airie ons Thailand toe gevat, die keer was die Egipte se beurt. Maar obviously nie sonder fokops nie. Raak gemaklik, steek ‘n zaan aan, hier kom die storie.
Kyk hier nê, ek love dit om te sê ek is ‘n Suid-Afrikaner. Na vier jaar in Londen het ek doelbewus nog nie my aksent verloor nie, sodra hy wil begin twang slat, gooi ek meer Capie Afrikaans en go back to my roots, ek sê. Hoekom die lang relaas wonder jy. Ek ook. Nee, hier gaan dit oor die paspoort wat ongelukkig saam met die aksent kom. En dit is seker nie die paspoort se skuld nie, maar die verlede, maar daarop gaan ons nie ingaan nie.
Anyway, ons het mos basies ‘n visa nodig om kakhuis toe te gaan. So toe ons besluit om Egipte aan te durf, doen ek die non-European ding en bel die ambassade. “Sir, do I need a visa to go to Egypt as I have a Souf Efrican passport.” Heel bedees antwoord die dude my, “Ma’m, you can pick it up at the airport in Egypt.” Smart. Hoekom nou nog ‘n dag uit die office uit vat van die klaar skaars-soos-hoendertande vakansiedae.
NEWSFLASH: Jy kan nie die idiote in die ambassade glo nie, o nee, hulle kan ook nie hulle werk doen nie. Of hulle is ‘n klomp suur poese wat dit like om ander mense se lewens te versuur. Argh! Anyway, moenie hulle bel nie. Bel die president of die UN. Wie weet, miskien weet jou ouma of tannie, maar asseblief, moenie die fokken Egiptiese ambassade in London glo nie. Hulle is ‘n klomp shit-for-brain dickheads wat fokol van fokol weet nie. Sjoe, voel beter.
So ons skiet af Gatwick toe, score ‘n lift in ‘n Uno wat sy beste dae so vyf jaar gelede gehad het. Maar ons luister All American Rejects en alles is piele. Kom by check-in aan en die fokker agter die fokken counter sê fokken vir my dat ek nie op die fokken vlug mag klim nie want hulle kan ge-fokken-fine word. Fok jou, fok die lugdiens, fok die ambassade, fok Egipte en fok jou weer. Dwars. Jissis, ek het rooi gesien, maar daar was fokol wat ek kon doen. Dit is voor nege op ‘n Sondagoggend, wat beteken dat jy fokken niemand in die hande kan kry nie en glo my, daai airport fokkers is meer useless as enige diens in Suid-Afrika. Ek laat my nie anders vertel nie. Fokkers. Fok.
So nou cruise ons huis toe. Skiet pub toe en raak dronk tot net so voor dronk verdriet en duskant uitpass.
Daarna het ek myself vir twee dae weggesluit van die samelewing, want ek het geglo die universe is teen my. Innerste karma fucked up. Die ergste van alles is dat Ditzy ‘n Brit is en nog op vakansie kon gegaan het, maar obviously nie op haar eie wou gaan nie, so ek het haar vakansie ook opgefok As Suid-Afrikaner het ek al baie kak opgetel, maar dit is verseker die heel beste en grootste kak wat ek nog getref het. Fokkers.
Anyway, so toe besluit ons fok dit, ons gaan nogsteeds gaan. Book toe maar nog ‘n holiday en ek gaan haal my visa (wat nog verniet is ook, hoekom de fok) wat net ‘n dag vat. Voordat ek weer afgaan, kon ons fast forward tot dat ons actually ingecheck is en ‘n Bloody Mary op die vliegtuig drink op pad Egipte toe.
Nou ek was in die Asiatiese deel van Egipte. Hier kom ‘n Chappie wrapper oomblik, is jy reg daarvoor? Did you know that: Sharm el Sheikh en daai deel van Egipte is in Asië en die res van Egipte (Kaïro en daai deel) is in Afrika. Aardrykskunde bo!Whoo hoo!!
Okay, so ons land in Egipte en die hitte bliksem jou deur die snoet as jy van die vliegtuig af klim. Alles is reg, behalwe toe ons ons luggage gaan soek, is dit nie ‘n conveyor belt wat dit aanstuur nie, nee dit is ‘n conveyor hoop. Jy moet jou tas soek in ‘n hoop sakke, cause is broken, sorrie, is broken. Fine, whatever, gelukkig is die skywe erg cheap en jy kan orals rook. Ons hotel en alles is piele en ons het ‘n vroeë nagrus.
Watkykjy – nie die piramides nie (karbom in Kaïro, lughawe is toe – fok)
Wel, wat kan ek van Egipte sê? Dit is fokken warm. En ons was daar in hulle dis-heerlike-lente. Jy kan ‘n befokte tan kry. Ek lyk Indies ewe skielik en smaak dit stukkend. Die onderwater wereld van Neptunus en Nemo is erg mooi. Ons het net gesnorkel en die dele wat ons gesien het se coral was dood, maar daar was ongelooflik baie visse. Ons het gaan camel trekking doen en ‘n sunset in die woestyn gekyk wat mens mooi drome laat droom.
Die kos is lekker, maar vermy enige iets wat in aanraking met die water was, want anders sit my met Pharoah’s Revenge. Wat is dit, wonder jy. Wel dit, my goeie vriend, is wanneer jy kots en kak en dehidreer van die fokken maagvirus. Jy is pap, het fokol energie en kan niks doen nie. Rrrrttt! Daai een wat jy het net ‘n heavy aand is fokol in comparison. So vermy dit. As jy ys in jou drink drink, check dat daar ‘n gat in die ys is, want dan is dit ysmasjiene en die kan jy so veel aan suig soos jy wil. Sonder ‘n gat en jy sien jou gat. Capice?
Cool joints in Sharm el Sheikh
Camel bar in Naama Bay is ‘n befokte joint. Binne is kak, net nog ‘n oorgeneemde pommie pub, morsig met peanut skille orals op die grond, maar wel ‘n Suid-Afrikaanse vlag, kep en noot agter die bar. Well represented. Bo is befok. Chill out couches, hout bankies, shisha pype (flavoured wacky tabaccy wat jy rook deur so pyp ding – ag Google dit…) en reasonably priced drinks. Daar is ‘n Pacha, maar Pacha se poes. Hulle wou £19 charge om in te gaan op ‘n Russian night (note to self, onthou om van die Russians te vertel). Ek meen, dit is goedkoper om in London in Pacha in te kom. Considering dat ons gaan camel trek met dinner included vir £17 en ‘n dag snorkeling op ‘n boot gedoen het vir £18 – glo my dit is ‘n kakhuis vol geld. Dan is daar Little Buddha en Hard Rock ook, wat apparently nie kak is nie, maar ons het van Camel bar gesmaak en ook moer baie mense ontmoet.
To haggled or be hassled – that is the question
Dan die markets. Nou Ditzy en Meisie is albei blond en mos op vakansie alleen. So ons is gehassle ou. En ek is orraait daarmee en kan dit handle, maar so iets het ek nog nooit in my lewe gesien nie. Heeltyd “England, England – where you from?” Nee, pappa, gryp vir jou ‘n kaart en skiet suid. Afrikaans het baie handig ingekom, maar wat ek nie gesmaak het nie, was die feit dat hulle dan sal skree “Lesbians” as ons nie met hulle wil praat nie. Watdefok? Jy’s fokken lelik, jy’t ‘n stink asem en jy’t seker vyftien vrouens by die huis, fokof.
Dit, of hulle wil hulle kinders vir jou gee. Nee dankie, ek het genoeg probleme. Don’t get me started – be wise, condomise. En om heeltemal eerlik te wees (no disrespect) daar is nie baie goed om te koop nie – alles is fokken kitsch. Behalwe die cheap sigarette. En jy haggle. Halfeer alles en loop as hulle nee sê. They always come back. Jy moet tot in apteke haggle. Ek het verkoue gekry en toe rip die apteek my af. So haggle orals.
Bitches was kicking and screaming (of beach – nie veel anders gesien nie…)
Anyway, ons het so befokte beach gevind. Terrizina beach (dink ek ). Cruise soontoe. Daar is sulke thatch roof umbrellas en kleurvolle matte met rooi en beige leer matrasse op die grond en tafeltjies. Hulle bring tot vir jou ‘n handoek. Daar is ‘n restaurant langsaan, so jy lê en tan en word geserve hand and foot. Jy hoef net op te staan as jy wil swem, stort of piepie. En toe begin hulle musiek speel. Nou mens kuier mos net liggies langs die see, maar toe daai beat begin skop, skoffel ons lekker op die beach. Ditzy was al baie in Ibiza gewees en sy reken dit was soos Café Del Mar op ‘n stil dag. Met ander woorde as good as it gets in Egypt. Ons het Vrydag ook gegaan en ek reken dit was die afterparty van Pacha want daar was ‘n paar goed fucked mense op die beach.
Pommies wat verbrand
‘nuff said
Daar is mos hoeka ‘n fokker wat met sy jeans, England football shirt, bril en white trainers langs die swembad kom sit. En voor jy kon sê “sonbrandolie”, olie die son hom rooi. Pyp. Oh oh oh, en gepraat van pommies, daar was so een ou wat so drie tande links in sy mond gemis het en sommer duidelik scum is. Apparently het hy nie die vlug terug gemaak nie, wat hy is gearresteer vir being drunk and disorderly.
Die Russians
Wie sou nou kon raai dat Motha Russia Egypt so smaak? Wie sou nou ooit geraai het dat elke een van hulle nog glo dat 80’s in die mode is? Ek meen, as jy ses verskillende kleure aan het, weet jy daar is ten minste twee wat nie pas nie. En as ek sê nie pas nie, praat ek nog nie eers van hoe skin tight daai broeke nou rerig is nie. Aangespray china.
Ons het gesit en in verbasing gestaar na die mees unfashionableste nasie in die hele wereld. Sweer. Spekulasie het dit dat die chicks oorkom vir ‘n week en maak “geld” en “werk” die Italianers en gaan dan terug Russia toe. Daar was ‘n paar mooi chicks, maar my goeie fok, Jennifer Rush en Cher is obviously hulle almal se idols. Nooit.
Ned Kelly Band
Ons laaste aand het die hotel se rooftop bar oopgemaak en hulle het ‘n cover band oorgevlieg. Nou die ouens lyk soos Boksburg mechanics. Tight sweetpak broeke, bandana in die skouerlengte grys hare, sonbril op in die nag, polo t-shirt wat oor die pens moet stretch – unbelievable. Hulle kon die kitaar tokkel en ek was dronk genoeg om voor te gaan holswaai het (just give me a beat…). Van bands gepraat – hier kom nog ‘n Chappie wrapper oomblik: Did you know that die lead singer van Iron Maiden (Bruce Dickinson) is ‘n first office op die airline wat ek gevlieg het? Pacemaker se moer, actually fit as a fiddle.
Executive summary
Basies, dit was ‘n moerse vakansie. Dit is reasonable as jy nie vir twee vakansies moet betaal nie. Vir die week was dit so om en by £400 – alles nou ingesluit (van kuier tot excursion tot persente, maar minus die ander vakansie wat die fokker in die ambassade my laat verloor het). Fokkers!
O ja, en J Lo is fokken vol van haarself.
Watkykjy staan op 3,091,348 post views in totaal sedert 1 November, 2019.