Meeste van julle gabbas het al iewers heen gevlieg, hetsy Kaap toe virre vakansie, London toe vir jou twee jaar diensplig na skool as jy simpel is, of sommer net in jou moer in as jou girlfriend of pelle jou bietjie kaarte skiet.
Daar is so paar goeters wat jy maar standaard kan kan bygooi in die mix as dit kom by die overweight busse met die vlerke. Ek gaan so paar van die goed cover. Maybe het jyself al van die goed experience. Hier is 'n lys in honour of my my love Cindy. O nee wag, dis iets wat so ander fokken fool voor in sy Norton Poetry boek geskryf het. Kan jy dit fokken glo? "In honor of my love Cindy". Jissis. En dis in fokken universiteit gewees. Blerrie haas.
Nee wat, kom ons sê liewer dankie vir die Wright brothers en daai Dunlop ou wat tyres en padongelukke uitgevind het. Hier is die lys in any case…
Babas: Op elke liewe vlug is daar ALTYD een of meer baba’s wat fokken skree. Hulle is gewoonlik tussen een en vyf rye van jou eie seat af. En hulle skree nie as hulle wakker word midway deur die vlug nie. Nee pappie. Hulle fokken skrou nog voor die aerie se deur toe is en hulle hou eers op skree as whatever familielid hulle oorvat na almal hulle tasse gekry het 2800 myl later. Ek het eenkeer iemand hoor sê dat baba’s kots en kak ook op vlugte. Gelukkig het ek dit nooit beleef nie, maar ek kan net dink dat dit ‘n fokken gemors kan afgee. Ek het wel al ‘n chick die papiersakkie sien miskots. Dit was fokken snaaks. Dit het so reguit by haar mond uit gespuit so teen die seat voor haar en stuff. Dan ruik die aerie so nie lekker nie.
Die safety video: Check bietjie die mense om jou as die safety video begin speel as die vliegtuig taxi op die runway. Party mense lees koerant of magazine en kyk nie na die screens of die crewmembers nie. Dis die china's wat vir die eerste keer in hulle lewens vlieg en wil hê dat ander mense moet skiem dat hulle al genoeg safety video’s gecheck het en al baie gevlieg het. Watch so rukkie na die safety video klaar is. Dan kyk die poes rond of iemand hom nie dalk sien nie en haal daai laminated safety brosure uit die seat voor hom se rugsakkie. Dan lees hy die safety instructions moerse noukeurig en sit dit ewe nonchalant terug.
Die safety instructions: Die air hostesses of koffiemoffies lyk soos robotte as hulle operette hou saam met die video in die background. Het hulle like a choreographer of iets? “Uit met die boude Sarah! Johan, moenie smile nie! Nee Zodwa! Nie spietkop arms nie! Air hostess arms!” Kulula s’n is natuurlik so fokken snaaks dat ek so rol in die gangetjie en lag en my nuwe fake Levi’s natpis. “Put your head between your knees and kiss your ass goodbye.” Nog nooit gehoor nie. Ooit. Blerrie narre. Actually is hulle nie ver van die waarheid af nie. Wat anders kan jy doen as die aerie in vlamme uitbars en almal brand soos die Marshmallow Man van Ghostbusters? Dis reg ja, jy gaan die laaste bietjie energie gebruik en jou brandende boude met jou gesmelte lippe soen. Persoonlik dink ek jy gaan aan flarde geruk word en dit wat oorbly gaan min of meer lyk soos 1956 se wegkruipertjie wenner. Gelukkig double sommige vliegtuie se seats as flotation devices, so jy kan op jou seat sit en terug roei land toe met iemand se arms, sou julle in die see neerstort. Net nie by Vishoek omroei nie. Daar is blykbaar 'n spul honger tunas in daai waters. Nice images.
Die instructions of safety video in Afrika: Op local flights het hulle nie screens nie, maar ‘n tape of ‘n 8-track wat in die agtergrond speel. Die air hostesses staan met al die suurstof apparate in hulle hande en lifejackets om hulle nekke en wag vir hulle cue. Lyk soos fokken ‘Who’s Line is it Anyway?’. Dan begin die tape speel en die arms en koppe flap saam: “In case of no oxygen, this thing comes out. You pull like this, you blow like this. You sit like this. Exit is here, exit is there. Thank you. Travel safe.” Fokken blaaint. Dan klink die recording nog soos fokken Mickey Mouse se Steamboat Willy fliek uit die 1930’s. Poop-poop! So lekker in jou broek poop-poop, ja.
Seating arrangements: Vra maar altyd virre window seat as jy incheck. Die tannies is altyd hulpvaardig. Jy kan selfs vir jou eie ry vra as jy wil slaap oppie aerie. Hulle doen dit vir jou as die flight nie te vol is nie. 'n Ander manier om jy eie ry seats te kry is om te poep. Daai silent chokers. Trek jou hemp oor jou neus en maak of dit die ou langs jou se skuld is. Skud jou kop in disbelief. As hy move het jy 'n ekstra kombers en kussinkie. Ek het ook eenkeer ‘n boek gekoop getiteld “In the name of Satan”. Dan lees jy aandagtig en maak seker dat die passasier langs jou die cover met die bloed en die pentagram sien. Turns out dat die boek toe op die ou end nie so fokken bad was nie. Dis so ware lewensverhaal oor kinders wat ‘n hele town op horings neem en moorde pleeg. Alles natuurlik heavy metal se skuld. Researchers, darem.
Kos en snacks: Jy het in meeste gevalle twee opsies op die lang vlugte: Beef of chicken. Dis nie so bad nie. Eet net die blerrie goed. Dis nie asof jy 'n week in die lug gaan wees nie. Wat wel nie baie cool is nie, is dat almal presies 20 minute na ete moet gaan kak. Why? Ek sal like as iemand daai een vir my kan verduidelik. Kak by die huis voor jy vlieg en gedra jouself. Hou die poepe liewer in vir seating arrangements. Die snacks is 'n ander storie. Op die kort vlugte in SA kan jy Nic Naks en Brutal Shooters koop. In Wes-Afrika werk dit anders. Jy kry 'n halwe glasie flat Coke saam met 'n tipe van 'n rosyntjie bun. Ek eet liewer pikkewyn steaks. Op 'n ander onlangse vlug was ek gelukkig. Warm Fanta Orange en 'n pakkie peanuts van Ghana. Jirre maar warm Fanta Orange is fokken lekker. Veral in 'n plek met twee seisoene: warm en poeswarm.
Tussen die Griekse Eilande freak hulle jou uit. Die vliegtuig met die groot propellers is skaars in die lug, dan begin die tannie met die snor die snack trollie teen die opdraende uit te stoot en mense se bedien. Teen die tyd dat sy by die voorste passasiers kom het die vliegtuig uitgelevel en dan briek-briek sy met die afdraende om die empties te collect want jy land al amper. Teen die tyd dat die vliegtuig weer taxi met die landing is sy klaar. Dan strap sy haarself in haar seat vir die landing so terwyl die mense verby haar loop om af te klim. Sy en haar snor. Mooi in ge-strap vir landing. Te kostelik.
Drank: Die grootste gemors op 'n vliegtuig. Dat mens kan geswaai raak op 'n vlug is 'n feit soos 'n koei met malsiekte. Wat wou met double shot vodka's en whiskey's wat in vingerhoedjies bedien word? Met ys nogal. Op ons trip terug SA toe in Desember het my pel so geswaai geraak lat die enigste deel van sy lyf wat op sy seat was, sy kop was. Ook nie vir lank nie, toe bliksem die ook af en hy verkeer vertikaal gestremd in op die vloer in die aisle. Vir so rukkie het die cabin crew om hom gestaan en gewonder wat om te doen. Hulle het hom eventually so paar keer aan sy pap arms gepluk en deur die gesig geklap. Toe hulle afbuk en virre pols in sy nek voel spat die Bloody Mary in een straal by my mond uit soos ek uitbars van die lag. Ek het hom toe maar opgehelp op sy seat. Toe hy tot sy sinne kom 'n wyle later skree hy vir my (ek het reg langs hom gesit): "Did you see that? I slept on the fucking floor!". Drie keer.
Hierie goed gebeur maar elke dag. Soos Suid-Afrikaanse passasiers wat hande klap as die vliegtuig land in Joburg na hulle Europese vakansie. What the fuck is up with that?
Watkykjy staan op 3,085,567 post views in totaal sedert 1 November, 2019.