Jaar: 1990
Met: Emilio Estevez, Kiefer Sutherland, Lou Diamond Phillips, Christian Slater, Viggo Mortensen(?), et al.
Westerns is nou maar eenmaal piscool. Dis lekker om flieks te check waar al die bra's sulke vuil bruin klere dra en six-shooters en die girls sulke moerse rokke wat mens net kan oplig as dit sulke tyd is. Ja-nee, dis die land, die land, die wereld vir my…
Met die dat ek so paar aande terug traai om Young Guns uit te neem. Let wel "Young Guns" en nie die opvolg wat ek hier review nie. Ongelukkig maak 'n ramspoedige sameloop van gevolge dat ek die donnerse sequel kry, wat nie juis die titel "Western" waardig is nie.
Die eerste Young Guns was piele, met 'n kickass storie en genoeg aksie en intrige om mense hooked te hou. Die tweede outjie, not so much. Wat wel befok was van die tweede paaiement was die soundtrack. "Young Guns II: Blaze of Glory" deur Jon Bon Jovi was nou maar eenmaal 'n fokken treffer. Hier het ons vir bra Jon, nog steeds met sy lang slierte in 'n leerbroek en boots met sy twelve-string wat sing: "Lord I never drew first but I drew first blood / I'm no-one's son, call me young gun…" Met daai cool riff. Jaaaa!
Al die laaities like daai song want hulle skiem so hulle is taai en sal laaik om "shot down in a blaze of glory" te wees. Al die girls dig dit want Bon Jovi is so "rebel" met sy kitaar en sy boots. Enkeling… vreemdeling… Verstoteling…
Net soos die held van die fliek, Billy the Kid. (Wow, het julle daai link terug na die storie gesien? Unbelievable.) Nou as jy die eerste fliek gesien het (soos ek graag wou) sou jy geweet het dat Billy (of dan nou Emilio Estevez) die hoof is van die gang (Die Regulators) wat lekker kak maak en altyd in die kak is. Outlaws jy check? Fokken outies.
Hierdie movie begin egter met Billy wat soos honderd en twintig jaar oud is en homself opgee. Dan vertel hy so die hele verhaal en dis nou die fliek. Soos 'n storie in 'n storie. Moerse mind games en als, try maar byhou. Ek's nie seker of Emilio Estevez die ou dude ook speel nie, want hy's so lank laas in 'n movie gecheck dat niemand meer weet hoe hy lyk nie.
Anyway, aan die begin van die storie het die gang opgesplit en hulle separate ways gegaan. Maar hulle stuur vir Aragorn / Hidalgo (ou Viggo Mortensen) om Billy te vang en hy besluit weer om te "ride" – een finale keer. Hierdie keer is dit straight border toe pappa. Billy gaan border toe.
Natuurlik tel hy weer die ou gang op. Daar's Doc (Kiefer Sutherland) en Chavez (Lou Diamond Phillips) wat so die token-Indiaan in die storie is. Soos te verwagte rap hy die hele tyd sulke Indiaan-wisdom oor die aarde en dooie voorsate. Gaap.
Christian Slater jol Arkansas Dave, so wannabe outlaw wat nie in die original gang was nie, en ook nie so bekend is as wat hy wil wees nie. Hy en Chavez stamp bietjie koppe, basically omdat Arkansas Dave 'n poes is en Chavez 'n fokken drip. Die gang is baie kakker as die eerste fliek. Baie. Vast.
Raait, en so gaan dit dan maar aan. Hulle word verneuk deur een van hulle eie team (die ondergang van alle goeie gangs) en vasgekeer. Soos 'n cowboy fliek betaam "they have to shoot their way out". Met drastiese gevolge d.w.s. hulle vrek op strepe.
Ag en so karring dit aan. Op die einde maak Billy dit tot in Mexico, maar hy verloor als wat vir hom saakmaak. Such an empty victory, such is life… Dit eindig dan waar hy sy storie afsluit vir die State Trooper. Dis about hier waar jy begin dink die fliek is 'n halfuur te lank en 'n onnodige incash op die original se sukses.
Hoogtepunte
- Chavez: Ou Richie Valens van La Bamba is lekker snaaks (unintentionally) as die token-Rooihuid in die storie. Lekker Lightfoot. Die onderonsies tussen hom en Krisjan Slater sorg vir bietjie lighartige vermaak in die movie. Ten spyte van die dieper rassekonflik wat dit aanraak natuurlik. Of so iets.
- Quotes: "I guess you don't know the true meaning of the word PALS!" (ril) en dan die alombekende "Yoo hoo….I'll make you famous." is die twee gems. Ander sluit in "Never stole a horse from someone I don't like", "You sent a 15-year old boy to his grave and the rest of us straight to HELL!", "Yes, Your Honour. You can go to hell, hell, hell." en "White Oaks, you can kiss my ass."
- Soundtrack: Met Jon Bon Jovi kan jy nie verkeerd gaan nie pappa. "Blaze of Glory" is destyds vir 'n Oscar benoem. Paar lekker tunes op die res van die album ook. "Billy Get Your Guns" byvoorbeeld.
Miskien is dit net dat ek dissapointed was van die begin af omdat die clueless, liegbek video shop assistent doelbewus vir my die verkeerde fokken fliek gegee het. Miskien het ek te lank laas 'n Western gekyk om weer gewoond te raak aan die pace. Wat wel lekker was is om weer al daai ou lame actors bymekaar te check. Jy weet, daai Brat Pack / Breakfast Club-erige assholes wat die laat eighties en vroeë nineties gedomineer het.
Uiteindelik moes Billy the Kid se screen legend dalk sy gat gesien het na die eerste instalment. Niemand wil vir Billy the Kid as 'n sneeudier sien nie…
Watkykjy staan op 3,084,128 post views in totaal sedert 1 November, 2019.