Elke mens het (of behoort) een of ander tiep van hobby te hê. Soos Borat van Kazakhstan tune: "Some people collect the stamp. Some people collect the gem. Here in London people like to shoot the furry animal with big shotgun." Hier in RRrrtgerië is daar ongelukkig nie meer furry animals oor om met big shotgun te skiet nie (en hier is nogal groot shotgun innie wille weste), so ons resort maar tot ander entertainment soos funky taxi rides, harde kuier sessions en meer onlangs en gereeld: dobbel. Nie met ons lewens nie jou skobo, met geld. (Alhoewel 'n paar meals ook partykeer 'n gamble opsigself is. Rrrrrrt!)
Dit werk ook glad nie soos Monte Casino, Sun City of daai poker tafels in oom Jaap se garage in Groenkloof nie. Dit werk actually baie beter. Solank jy dobbel by die Hilton se casino, is jou sigarette, drank en eventually jou kos verniet. Jy kan 'n goeie aand hê as jou basic Wiskunde jou nie in die steek laat nie. Kom ons veronderstel jy is van plan om 'n 1000 skille op te offer (ek praat maar in Rande, want die geld system hierie kant is bietjie faktap om te verduidelik). Jy moet bereid wees om daardie 1000 skille in liquid vorm in te neem (onthou: drank is verniet). Ek bestel gewoonlik onmiddellik 'n dubbel whatever-duur-is en 'n pakkie Marlie's sodra ek by die roulette tafel sit, klap dit stukkend en bestel nogge drink. Gewoonlik is ek half gekletter as ek by die casino aankom, so ek tune die Leb met die gevoude arms en die brilletjies wat toesig hou oor sy tafels: "I'm just here for the free booze and smokes. Oh, and I will also walk out with the money I came with and maybe some of yours." Lekker fokken blaaint. Ek sê myself elke keer om dit nie te doen nie, maar ek leer mos nie.
Dit gebeur ook elke keer dat ek vergeet om fokken geld saam te vat, so ek leen elke keer so halwe kilogram geld by een van my buddies en belowe om hulle binne drie ure terug te betaal, of die volgende oggend as ek alles verloor.
Om die chips op die tafel te pak is 'n fokken groot gemors. My mission is om net 'n derde van die tafel te cover en 'n hoek van vier nommers. Die Naaigies se mission is om die hele bliksemse tafel vol te pak. Dan skuif hulle die goed rond terwyl die roulette draai, poes ander mense se chip torinkies om, pak dit reg ens ens. "No more bets!" tune die ou wat die ding spin. Dink julle maats by die huis dat die mense luister? Not 'n fok. Hulle hou aan pak. "Ball is dropping!" tune die spinmaster weer. "My balls are dropping!" skree ek. Die balletjie land. Almal se chips word weggehark, behalwe een lucky poes s'n wat 'n bergie gemaak het op een nommer. O ja, en natuurlik my chips. Ek kry heeltyd chips. My wen chips gaan op die wenhopie en my ander gamble chips bly op my gamble hopie. Tyd om weer te spin, maar nou is daar confusion, want terwyl die bra uitbetaal het, het die china's sommer klaar hulle chips begin uitpak. Fokken gemors. "Nogge double gin en tonic asseblief, meisie. Hierie gaan 'n fokken laaaang aand wees…"
Hier teen die sesde ronde lyk my wenhopie heel fokken gerieflik, so ek bliksem al die chips in my t-shirt en gooi dit in my tjommie se hande (kom ons noem hom sommer Frik Voorvel). "Hieso Frik, hier is al die zak wat ek by jou geleen het netnou. Gaan ruil dit gou vir skille." En dan aan die Leb opsigter-omie met die brille wat nie gelukkig lyk nie sommer in Afrikaans: "Lekker! Lekker vat ek julle geld! Lekker blaaint! Ek het jou mos gesê!". Teen hierie tyd het 'n Amerikaner my aan die linkerkant gejoin en 'n ou Lebanese omie in 'n groen suit aan my regterkant. Die tafel is nou ons s'n. Die omie het drie witwarm girlies by hom. Ons spekuleer of dit sy dogters of sy chicks is. "Jirre meisie maar jy ruik verskriklik fokken lekker" sê ek, en dan met 'n moerse skaap smile aan die omie: "Jy sal nie omgee as ek hulle al drie brand nie nê? Ek hoop nie dis jou chicks nie, want dit sal net verkeerd wees". Hy smile net goediglik en knik sy kop. Ek skiem as hy verstaan het wat ek gesê het, het hy my toggos afgeruk en pepper soup daarmee gemaak. Jirre maar hulle het lekker geruik…
Die Amerikaner sien hoeveel pret ons het, so hy begin saam met my die mense te tune. Amerikaners is mos so bietjie deur die kak. Hulle kan so net Amerikaans praat en niks ander goed verstaan nie. Dan rip hy so die mense in Engels af dan word hulle so kwaad vir hom. Help ek hom toe maar reg: "I think if you change your accent to something else, like maybe broken Armenian English, some people might actually like you, Captain America." Haha, lekker fokken Captain America. Hy probeer nog iets terughap maar ek is hom een voor: "Sharrap, my balls are dropping!" Lekker verloor hy toe ook. Op die ou end is dit net ek en die vriendelike mister Green en die lekker-ruik cherries wat saamspeel. Dis moeilik om bets te plaas as mens geswaai is en as girlies so lekker ruik, so ek move net die onderste hoop chips heen en weer en los sommer die een wat die vier nommers cover. En die wenhopie groei en die verniet drank vloei en my ore beginte fokken gloei.
Evantually slinger ons by die plek uit. Lekker getrek soos Vaal Japies met gebuigde rims. Ek word die volgende oggend wakker met 'n hoofpyn wat torture in Irak na 'n beter option laat lyk. Eers skrik ek myself faktap, want ek is in 'n hotelkamer en nie by die huis nie en daar is verskriklik baie geld in my broeksak en op die vloer langs die bed. Toe sien ek my buddie op die ander bed uitgepass. Skielik dink ek dink aan daai hoërskool jokes waar jy wakker word met 50 sent in jou hand en 'n seer hol. Gelukkig kom die aand vaagweg terug na my toe en ek onthou die gambling, die kwaai mense, 'n paar tequila's, ons wat probeer klavier speel in die piano lounge na said tequila's en eventually toe een of ander ou se chick my konfronteer oor 'n hoed wat ek gesteel het in die nightclub toe ek soos 'n fokken marionet met Parkinson's gedans het. Ek kan natuurlik fokol van die club onthou nie, maar ek onthou daai duikrol wat ek by die lift in gedoen het net voor ek gaan uitpass het. Lekker knop op die kop. Fokken wil mos simpel wees.
Ek dink partykeer ek is nie lekker nie.
Ten minste het ek genoeg zak gescore om DVD's uit te neem vir die res van die week, drinks te koop en fokken lekker te eet by 'n Italiaanse restaurant die Sondag. Daar is so mooi Italian girlie wat die plek run. Baie interessante hobbels wat sy daar voor op haar t-shirt dra. Regtig baie interessant…
Watkykjy staan op 3,083,274 post views in totaal sedert 1 November, 2019.