Ek is nie iemand wat moerse like van PC of Playstation games nie. Ek is meer jou top tipe mind-games ou. Jy het honderde lewens, hoef niks te save en en fok alles six love op.
Plug ek toe mos noudiedag die PS2 in en beginte hom so bietjie speel. Kom ek deel maar…
Hierie is my games review vir al die PS2 games wat ek *kug* gekoop het en gespeel het. Ek sal hier en daar ook bietjie verwys na PC games, want ek is PC, maar net ‘n bietjie PC.
JAK3. Uitgegee deur Naughty Dog – Dit lyk nogal cool. Daar is so mannetjie met sulke poesgroot ore op die cover met so masker. Die rating is “teen” en ek het dit nog nie oopgemaak nie. Sal seker nog, want een van my tjomme by die huis wil weet of dit die moeite werk is om 500 skille uit te ruk virrie game.
Collin McRae Rally 2005 deur Codemasters. Obviously is dit ‘n rally game, maar ek het hom ook nog nie oopgemaak nie. Die vorige een was heel cool, so ek neem aan dat game development (andersins as chicks) beter raak met tyd.
Grand Theft Auto – San Andreas deur Rockstar – Jirrejissisgod. Jy kan fokken alles in hierie game doen. Mense stukkend poes, pool speel, drugs verkoop, cops bliksem, aeries vlieg en karre, bote, treine en die fok weet wat nog alles ry. Koop dit onmiddellik. Maar moenie fokken simpel wees nie, koop eers ‘n PS2, want hierie game gaan nie in jou hi-fi speel nie.
Leisure Suit Larry Magna Cum Laude deur Sierra. Hierie game was oraait gewees tot die stupitte ass chick my nie wil zaber nie omdat my karakter ‘n voorvel het. Toe raak ek huilerig soos baie mense wat goed op watkykjy.co.za ernstig opvat, want sien, in regte lewe het ek ‘n voorvel. “Too much information!” hoor ek julle hardop dink.
Anyway, toe sit ek MotoGP3 in, haal dit onmiddellik uit en bliksem dit in die asblik. Ek weet nie wie hierie game gemaak het nie, want ek het die kassie ook weggebliksem. En toe gooi ek die asblik uit en toe kom haal hulle die groot asblik.
Ek moet weer Battlefield Vietnam op my laptop install. Ek kan ongelukkig nie vir julle sê wie hierie game gemaak het nie, want die fake cover is regtig moerse kak geprint, maar dis ‘n lekker game om uit te freak en te maak of jy in Nam is. As jy jou sound fokken hard sit is dit nog cooler, want dis ‘n fokken groot geraas. Behalwe as jy soos ek hier in Rrrtgerië sit. Dan kom check die hekwag met die AK of alles oraait is.
Smackdown vs RAW, deur THQ. ‘n Stoei game in die ware sin van die woord. Jy stoei meestal met al die faktap controls op die PS2. As jy weer sien is dit six-love-six-love en jy het ‘n nuwe coaster vir jou bier. Jy weet nooit wanneer jy regtig speel en of jy teen jou tjommie speel nie. Lekker deurie kak.
Looney Tunes, Back in Action deur Org Arts. Crock of shit. Behalwe as jy 3 of ouer is. Ek het gedog ek was ouer as 3. Toe nie. Toe was ek net dronk. Ek kon net sowel met die controls in my hand gesit het en Cartoon Network gekyk het. O fok, wag so bietjie…
The URBZ. Nog nie oopgemaak nie, maar dit lyk soos een van daai fokken SIM games. Ek dink ek gaan dit in elk geval weggooi. Hierie SIM games raak al hoe meer belaglik. SIM Copter, SIM dit, SIM fokken dat.
Laat mens onwillekeurig dink aan daai hele reeks kak Afrikaanse CD’s wat uitgekom het. Sien toevallig nouiedag een op TV terwyl ek ruggas kyk. Iets in die lyn van “Naai voor die Huwelik Treffers 1” of iets.
Need For Speed Underground 1 en 2 deur EA Games – Ek groepeer altwee saam, want ek het NFS1 op PC en Playstation klaar gemaak. NFS2 lyk cool, maar ongelukkig is GTA San Andreas besig om my tyd op te vreet. Sal dit later moet uitcheck want dit lyk fokken cool.
In aanvulling tot NFS sal ek Test Drive, Eve of Destruction aanbeveel deur Atari. Dis poescool en mens kan dit lank speel en bier drink en sulke fokken zef karre ry. Ek dink die Datsun Y320 is ook daar, kompleet sonder vensters.
Daarna moet jy Burnout3 Takedown opsit (EA Games). Fokken lekker. Crash in alles vas en hoe meer goed jy opfok, hoe meer karre kry jy om goed mee op te fok. Iets moet julle die idee gee dat ek kar games fokken erg smaak. Ek doen. Veral omdat ek self ses maande laas agter die stuur was. Hulle vat mos deesdae jou kar weg as jy geklits raak.
OK, hierie fokken storie raak nou te langdradig en ek sien ek het net die games op die tafel gevat, so ek sal gou deur hulle hardloop. Die ander twee flip-files is nog nie eers uitgehaal nie.
Hieso is al die onoopgemaakte games wat regtig kak lyk:
SoulCaliburII – Asof die naam nie kak genoeg is nie, dwing hulle jou om uit te hardloop en in die straat te kots met die kak cover design.
GoldenEye Rogue Agent: Die cover lyk kak maar ek sien dis deur EA uitgebring. EA is cool. EA maak lekker games. En daai ou Hatfield verkoop lekker Swazi. En kos in Rrrtgerië maak lekker spuitkak. En bier is ook cool. En chicks. Met kort rokke. Uuhhm, waar’s ek nou weer?
FIFA 2005 – jirre jy moet regtig fokken Supersport 3 moerse like, self sokker speel of Portugees of Engels wees om hierie (of enige sokker game) te like.
Spyro en SpyroII – Sulke never-ending-storie tipe drake wat rondhop en vuurspoeg en shit.
En as hulle weer sien is hulle so in die asblik saam met Finding Nemo, Call of Duty en Killzone. Call of Duty omdat mens nie rondfok met PC games op PS nie (probeer jy bietjie rondhardloop, skiet, omdraai, herlaai, gee lyn! en al daai kak as die Satan Nazi’s op jou skiet van alle angles af). Nie so lekker nie. Killzone se cover lyk net faktap. Maar dit lyk mooi in die asblik.
Hoop julle kon van die useless info gebruik maak en sorry as jy dalk een van die kak games gekoop het. Die goed is fokken duur. Besluit mooi voor jy iets koop, try dit in die winkel speel en vra rond vir advice. Moet my net nie vra advice nie.
Ek maak net uit van mind games.
Watkykjy staan op 3,083,273 post views in totaal sedert 1 November, 2019.