Het julle al mooi gaan sit en dink hoe fokken duur die kostes rondom selfone mens uitwerk? grifF het besluit om julle gou ‘n rundown te gee aangesien ek myself ag as ‘n moerse expert op die gebied van geld in die water bliksem, especially as dit by selfone kom en alles wat daarmee gepaardgaan.
Ek kan nie onthou wanneer ek my eerste selfoon gekoop het nie, maar ek kan onthou hoe die fokken monstrocity gelyk het – dit was een van daan Ericsson GH198’s gewees. Daai baksteen outjie met die pap arm arial wat gelyk het asof jy vir back-up kan roep in die Bosoorlog. Dit was in die sewe maer jare en ek het een van daai Vodacom maak-soos-jy-smaak kaarte gelaai. Lekker R30 vir 10 minute. Wat ‘n total rip-off was. Ek kan nie onthou wat met daai Ericsson outjie gebeur het nie, maar ek vermoed hy word nou saam met drie van sy maatjies gebruik om karre op blokke te sit as die tekkies geskaai word in Danville.
So het dit aangekarring oor die jare en ek ek het al alles gehad van no-name-don’t-care-brands tot amper elke Nokia wat bestaan wat in vodka beland by Oppikoppi, saam my in die swembad bliksem in paradyse soos Nigeria, op my karre se dak vergeet word meer as een keer, teen ‘n muur stukkend gepoes word, of ek wat wat stukkend gepoes word deur ouens met messe wat regtig nodig het om oproepe op my account te maak en dan sommer die foon te hou. Nommer 39 is verelde week uit my jeanpant se sak gesteel – terwyl ek die jeanpant gedra het. Meer oor hom in ‘n ander storie. Nou sit ek met nommer 40. ‘n Mooi ronde getal. Kyk hoe kyk hy vir my! Vyftig randjies vir daai dame, komplimente van ABSA!
Julle check? Dis ‘n kakhuis vol zak vir fokol.
Behalwe dat mens selfone “verloor” moet mens tog seker die blinking goed gebruik ook. Nou kom ons by die regte expenses. Service providers is oor die algemeen maar faktap. Sign op vir twee jaar teen R240 per maand en dan kry jy hierie Nokia en keuses van of DVD players, kar radio’s, chicks wat jou toggos masseer, drie maande se verniet crack en die fok weet wat nog. Kan ek nie net die fokken foon vat en dan trek julle die ander kak af en ek betaal wat ek regtig moet nie? Lekker vir ou hidden expenses een van daai plastic brille met die snorre aantrek. Ons sien hom nie, hoor. Regtig, hoor. Fokken ape.
“Versekering vir u foon meneer?” Versekering. Sug. “Nee dankie, meisie, ek poes gemiddeld elke drie maande ‘n foon weg. Dis erg genoeg om die sim-swop te kom doen. Ek probeer so min tyd as moontlik in julle kanariegeel shop spandeer wanneer ek hier is in die hoop om my kanse van ‘n stroke te minimise. Ek koop liewer ‘n nuwe een by ‘n ander plek.”
Nou het ons nog steeds nie die foon gebruik nie. Kom ons gebruik hom gou. Ons vat sommer die vakansie scenario. Jy en paar van jou tjommies ry see toe in drie verskillende karre. Na al die gekookte eiers en toebroodjies, skelm poepe, Black Labels en tolgeld lyk dit of jy eerste in Margate gaan aankom. Jy bel jou tjommie om te hoor watse drank om te koop. Hy antwoord, maar die oproep hou drie sekondes omdat hy “deur ‘n tonnel ry” of iets. Meantime is hy besig om die kopkou van sy lewe by sy wip te kry agter die stuur en dis moeilik om nie allerhande lawwe goed kwyt te raak in ‘n high-pithced stem nie. Jy stuur hom ‘n SMS: “Jou poes man!”
So 15 minute later try hy jou terug bel, maar jy moet die rooi knoppie druk omdat jy besig is om eersteklas bruinbere uit te druk by die Shell wat daai simpel curio’s smokkel. Jy kry gevolglik ‘n SMS terug: “JOU poes man!” Eventually rock almal op by dieselfde plek, gaan saam drankwinkel toe en koop in elk geval ‘n klomp drank wat nie vooraf bespreek is nie. Hierie simpelgeid het julle omtrent R10 ekstra gekos. Hoeveel dae van die week is mens simpel? So ongeveer ses en ‘n derde as mens tyd aftrek vir hangovers.
Later die aand word almal dronker as Robert Downey Jr en die oproepe klap left, right en centre. Al die ander maatjies moet mos ook gebel word. Vier uur die oggend. Jy kry die standaard 30% wie se fone op voice mail is, maar jy kan nie mooi hoor nie, want aan jou kant raas dit soos ‘n Pirates/Chiefs sokker game, so jy bel weer en weer. Die mense na wie jy toe wel deurkom is half aan die slaap en half die poes in vir jou, want dis nie nodig om fokken goor te wees vieruur die oggend nie. Jy belowe jy is jammer en belowe om hulle vir brekfis te stick. Sulke oproepe met brekfis ingelsuit kan jou tot en met R200 kos, afhangende hoeveel blerrie merries gedrink word. Die ander dronkgatte wat however op daardie tyd wakker is gesels lekker dronk saam. As jy weer sien is dit vyfuur.
Lekker om fokken geld te mors.
Bogenoemde geld natuurlik vir roaming ook. Die cool ding van roaming is dat jy vir alles betaal. As jou tjommies jou bel, betaal jy vir die international deel daarvan. As jy jou tjommies bel, betaal jy vir die hele gemors. Dis fine. Dit is die punt van roaming. Jy kies self om dit te activate en jy moet pa staan vir hom. Wat nie lekker is van roaming nie is daai konte wat jou selfoonnommer iewers in die hande kry en jou bel oor lewensversekering, funeral planne, kar versekering, geloofsversekering, diereversekering en allerhande onderduimse kak. “Goeie more meneer (spreek naam en van verkeerd uit)”. Dis hier waar ek politely “Fokof!” skree, neersit en dan die company e-mail en weer vra om asseblief vir ewig en altyd te fokof, amen.
Gaan sit nou mooi iewers in ‘n stil plekkie met genoeg lig en drank, sleep jou selfoon rekening nader en kyk bietjie wat jy aanvang met jou geld elke maand. Daar is itemised billing waarvoor jy betaal elke maand om die takie te verlig. Check bietjie watter tye jy vir wie bel of lastig val en vir hoe lank jou oproepe duur. Ek is seker jy kan bietjie costs cut iewers. Maybe sal jy sommer ook ophou kak en kerm oor trivial shit soos om 15c vir ‘n plastieksak te betaal by Checkers. En charge om gods naam jou foon. Jy kos ander mense geld.
Volg my raad. Moenie ‘n fool wees nie. Los dit vir grifF. Ek volg nie eers my eie raad at best of times nie.
Watkykjy staan op 3,124,691 post views in totaal sedert 1 November, 2019.