Die eerste keer wat ek van die Weskus gehoor het was in Arriesklas met Port Nolloth. Daarna was dit David Kramer se "Weskusklong". Daarna was dit op TV, met wyle Pieter Pieterse se kak kookshow waar hy so simpel praat en sulke lobster braai langs sy caravan. Dan is natuurlik grifF en briek se Weskusavonture…
When all is said and done, at the end of the game Chester is dit 'n ander jol daai. Eish. Visits daar het die tendency om heellemal hand uit te ruk, en tot vandag nog kan ek steeds nie die plek lekker place nie. Dat dit fokken wild is, is verseker. Veel meer weet ek nie.
Baie is al geskryf oor die ongereptheid en die wit sand en die koue water en die rotse en die idilliese vissersdorpies en die sout-van-die-aarde mense. Dit als is daar as mens uitkyk daarvoor. Vat om hemelsnaam net darkies (dis nou sunnies of
donkerbrille) saam as jy soontoe skiet. Nie net is die sand moerse wit nie, maar al die huisies ook so dit fokken skyn nogal. Veral die volgende oggend.
Dan's daar natuurlik die fokken confusing paaie soos die N7 (wat soos die N2 nie 'n regte highway is nie), die R399, die R302 en R304 wat vir 'n ent dieselfde pad is en 'n whole host of kak gruispaaie, sinkplaat-grondpaaie en klippe waaraan jou kar se onderstel vashaak naby Kaap Agulhas.
"Go west, young man!" Aldus die stemme in my brein. In die geval om te loop DJ by 'n troue op Jacobsbaai. Pragtige plek, tog te mooi. Jol baie lekker, almal dans en die paartie gaan af soos 'n lesbian op Julia Roberts. So skuins voor vier gooi ons handdoek in. Dis nou nadat die een CD player al gebreek het en intussen reggemaak is (deur die barman), al my CDs aanmekaar vassit van bier en die mixer halfvol alkohol is maar moedig voortmix (soos die dop in my maag).
Als word sorgvuldig opgepak. Of so dink ek. Na die een en 'n half bottel rooiwyn (komplimentêr) en lot biere wat almal aangedra het mis ek 'n speaker stand (asook vision, power of speech, en logika). Sou ek natuurlik die volgende oggend eers agterkom van die verpoestelike stand. Die fok weet.
Anyway, ek's in die kar met al die equipment. "Hoekom ry CHopper?" wil jy seker weet. Fokken goeie vraag. Omdat ek nie fokken luister nie, dis hoekom. Fokken blompotte vir ore, al van kleins af. Check, die troue se onthaal was in Jacobsbaai maar ek book toe mos 'n kamer in Paternoster. Seker so 40km van die jol af. Min as jy nugter is. Fokken ver as dit vieruur in die oggend is en jy lê en slinger amper al. Laaang pad tjomma.
Maar ek stry moedig voort en is daar vort, Paternoster toe. Vang so grondpad my mos lekker uit. Briek-briek-skuif-skuif. Gggggssssrrrrr! Stop. Grondpad 1: Palio 0. Ek sit langs die doringdraad en wonder hoe de fok ek die pad byster geraak het – moerse letterlik.
Niks skade nie, darem is ek so paranoid dat ek about 20km/h gery het. Just as good. Terug op die pad and the hits just keep on coming. Moerse alert spot ek dat Velddrif (of Vellerif soos hulle hom roep hier) naderkom. Nooit, skiem ek, dis verkeerde kant toe. Gooi ankers. Swaai daai neus om en skiet anderkant toe. Vir so 10 minute. Begin dink Vellerif (eeu!) is dalk die regte rigting. Gooi 'n UT. Annerkant toe. Repeat. And again…
Kyk nou begin 'n man te stres. Jy wil nie fokken allenig, half gesuip (OK heellemal poeskas toe), verdwaal wees op 'n Weskuspad nie. Nie vieruur die oggend nie. Hier gaan fokkol aan en dit gebeur die heeltyd. Nee man, have a heart man. 'n Man is dronk ek sê.
(Presies soos die begin van 'n bad horror movie waarin die meisie met die wit tank top so gejaag word en al haar vriende gaan dood en sy word net al vuiler en natter en kick die baddy se ass. Dan word hy so wakker en kom weer in die nog-kakker sequel vir haar. Check?)
Op die einde doen ek wat enige regdenkende man in my posisie sou doen. Die enigste ding wat moontlik is. Die besluit der besluite. Die tour de force. Ek bel my chick. Wat slaap. In Kaapstad. Vieruur die oggend. Lekker met gespatte boyfriend deal. Lekker blaaint. Befokte girl wat sy is, sort sy vinnig die problem uit. "Hou net in een rigting aan ry," stel sy voor. "Jy gaan erens uitkom. Slaap daar. Bel my more." Net so sê sy.
En dis toe wat ek doen. Halfvyf die oggend slide 'n vuil Palio in die slaperige kusdorpie genaamd Paternoster in. Ek val in my overpriced bed in en slaap die slaap van die dooies.
More moet ek nog die fokken speaker stand loop haal. Maar dis 'n anner dag se worries…
Watkykjy staan op 3,090,335 post views in totaal sedert 1 November, 2019.