Superdeluxe3000
Man ek wil nou net vir julle skryf van die beste, amazingste Afrikaanse album waarop ek nou die dag afgekom het. Die CD se naam is Soen,Soen en dis deur niemand anders as Gerrit Badenhorst, die driemalige wenner van die World Powerlifting Championship kompetisie nie. Gerrit is nie net poes groot nie, maar hy sing ook nogals amazing.
Ek wil sover gaan om te sê dat hy ‘n sanger eerste is, en spiere tweede. Om die persvrystelling te quote “From now on Gerrit will be known as a full time entertainer and singer. All you have to do is buy his CD, enjoy his style and voice which is acceptable to all.”
Die liedjies is great en ek moet sê my gunsteling op die album is die titel-track, “Soen, soen” wat afskop met ‘n vet nice techno-rige beat en het ‘n chorus wat Roxette sal laat snak na hulle asems.
Gerrit hou ook die wêreld powerlifting rekords in die squat (450kg), die deadlift (402.5kg) en die totaal (1102.5kg). Ek wil dit graag baie duidelik maak dat Gerrit se CD, Soen Soen (beskikbaar by alle goeie CD winkels naby jou) nie onder dieselfde kamp geskeer kan word as Chopper Charlie se vorige snotstorie “Afrikaanse musiek is poeskak, klaar.” nie.
Jy moet versekker Gerrit se website uitheck, naas Wat Kyk Jy? is hierdie een ‘n wenner.
Watkykjy staan op 3,084,428 post views in totaal sedert 1 November, 2019.